Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Lag 'n slag!

Laughing

Die Oostenrykse psigiater en konsentrasiekamp-oorlewende Viktor Frankl (1905-1997) skryf in sy boek Man’s Search for Meaning oor hoe om selfs die donkerste van tye te oorleef en betekenis te vind in die teenwoordigheid van oorweldigende weemoed.

Hy skryf: “Alles kan van ’n mens weggeneem word, behalwe een ding: die keuse om jou eie houding teenoor ’n stel gegewe omstandighede te bepaal.”

Maandae op kykNET word die program Die ware naarheid met Schalk Bezuidenhout uitgesaai. Die satiriese en komiese nuusberigte bied ’n platform waar die kyker gekonfronteer word deur tong-in-die-kies humor rakende die tragiese en soms belaglike omstandighede (veral nuus oor die Covid-19-pandemie) van ons huidige omstandighede.

Nastasha van Rensburg
Nastasha van Rensburg

Ek kan nie naastenby verduidelik tot watter mate die program elke week my gemoedsverduistering ophelder nie. Die belangrikheid van humor en komedie in tye van swaarkry moet nie onderskat word nie.

Humanisme en humor is sinonieme van mekaar.

“Lag ’n slag” kry ’n dieper betekenis wanneer ons werklikheid ’n wêreldwye pandemie en ’n drastiese toename in werkloosheid is.

Ek sê nie komedie is die antwoord op ons probleme nie, maar dit help beslis in die verwerking en hantering daarvan. Dis maklik om in ’n siniese gat te verval en daarom moet ons die menslike coping meganisme van komiese verligting inspan.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is ’n satiriese radioprogram It’s That Man Again uitgesaai wat die spot gedryf het met ’n karakter genaamd, Adolf “Hirnschal” en sy “Führer”-kompleks. ’n Stroom dankiebriewe aan die BBC het die belangrikheid van humor tydens haglike omstandighede beklemtoon. Een van die luisteraars skryf: “That you also brought us humour made the unbearable bearable for us.”

Ek het ook humor ingespan om my isolasie ’n bietjie op te kikker en het die mokumentêre reeks Hotel (2016-2020) begin kyk. Ek het nuwe betekenis van humorsin ervaar toe ek dié stukkie wysheid: “Wanneer die lewe vir jou suurlemoene gee, sê nee dankie. Ek wag vir my mango’s.” (dankie Bennie Fourie & Stiaan Smith) vergelyk met die woorde van Viktor Frankl: “Jy het net beheer oor jou houding en hoe jy besluit om te reageer op sekere gegewe situasies”.

Humor en menslikheid is intrinsiek verweef en interafhanklik van mekaar. So, dis orraait om te lag wanneer jou dosent se gesig bly vashaak op die onaansienlikste uitdrukkings op jul Zoom-vergaderings óf wanneer jy al vir die sesde keer in tien minute handreiniger moes aansit net om jou inkopies te voltooi. Humor is nie ’n wonderinenting teen pessimisme nie, maar dit kan beslis die simptome bietjie demp.

  • Nastasha van Rensburg is besig met haar honneursgraad in kunsgeskiedenis aan die Noordwes Universiteit.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.