Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Liefde is liefde: 'Hou op staar as mans hande vashou'
Niël De Beer
Niël De Beer

’n Mens se uitkyk op die lewe bepaal alle fasette van jou lewe. Daardie uitkyk bepaal hoe jy jou medemens sien en verstaan. Daardie uitkyk is veral belangrik as dit kom by mense en hul verhoudings.

Hoe meer ek met mense te doen kry, hoe meer verstom dit my om te sien hoe baie mense so negatief kan wees.

Kyk, daar is plek vir “glas-half-leeg”, maar ek is onlangs geskok ná ’n gesprek met iemand oor homoseksuele troues en verhoudings.

Die persoon was vreeslik negatief oor homoseksualiteit en hoe dié tipe verhoudings in die media voorgestel word “asof dit normaal” is.

Die persoon was vreeslik negatief oor homoseksualiteit en hoe dié tipe verhoudings in die media voorgestel word 'asof dit normaal' is.

Ná die gesprek het ek een ding besef: Daar is mense daarbuite wat aanvaarding as vanselfsprekend aanvaar. En dan is daar mense wat nie weet hoe dit voel om aanvaar te word nie.

Kom ek verduidelik.

As ek en my toekomstige meisie op kampus loop en hande vashou, is alles normaal. Ons kan loop sonder vooroordeel en mense sal eenvoudig net verby ons loop sonder om te blik of te bloos.

Dan die teenoorgestelde: My vriend en sy kêrel doen dieselfde, maar in hul geval is daar ’n onderlangse gefluister en geskokte kyke.

Hoe verskil hierdie twee scenario’s van mekaar?

Dit gaan oor aanvaarding of die afwesigheid daarvan. Net omdat jy die voorreg van aanvaarding het, beteken nie almal deel daardie voorreg nie.

Dis tog die mens se hart wat tel?

Hierdie gedagte steek in my kop vas, want ek het self daardeur gegaan. In gr. 4 het ek vir my pa gesê ek wil nie rugby speel nie. Hy was ondersteunend oor my besluit en het my aanvaar as die koor- en toneelkind.

My klasmaats was nie so nie, soos kinders maar is. Daar is vir my gesê ek is “skeef” omdat ek van die kunste gehou het.

LEES OOK: 'Hulle het twee pa's, so what?'

Ek is nie deur my klasmaats aanvaar nie en is emosioneel en fisiek geboelie. Dit het aangegaan tot omtrent gr. 9, toe ek besef het ek soek aanvaarding by die verkeerde mense.

Ek het myself begin omring met mense wat soos ek dink en voel. Dit is hoekom ek myself kon uitleef. Ek kyk verby velkleur en geloof, en probeer mense se hart raaksien.

Kyk verby die oppervlak

Om aanvaarding te soek is ’n ewige stryd vir baie mense my ouderdom. Om te behoort, om gemaklik te wees in jou vel tussen vriende wat omgee.

So, ek doen vandag ’n beroep: Wees daardie vriend wat omgee. Gaan gesels met die ou wat eenkant sit in die klas. Gaan gesels met die meisie wat alleen sit en middagete eet in die kantoor. Trek ’n gesig vir die kind wat hartseer lyk in die Spar. Tik daardie boodskap van “Hei, hoe gaan dit vandag?”.

Kom ons kyk na mekaar, maar ook verder. Dis iets wat ek vir almal wens in Suid-Afrika: Kyk verby oppervlakkige goed, kyk verby rykdom, status, geloof en velkleur.

Jou eerste gedagte is hoe die samelewing jou dwing om te dink, jou tweede gedagte is hoe jý dink.

Volgende keer as jy iets sien, en jy kry daardie eerste gedagte, laat vaar dit en soek die tweede een.

’n Vriendin het eenkeer vir my gesê: “Jou eerste gedagte is hoe die samelewing jou dwing om te dink, jou tweede gedagte is hoe jý dink.”

Wees die omgee en aanvaarding waarna iemand soek, en jy sal dit ook terug ontvang. Wees ’n glas-half-vol-mens, en dan sal jou beker begin oorloop.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.