Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Liewe Marciel, hoe kan ek my angs verminder?
Liewe Marciel

Marciel Hopkins is nie net 'n model en splinternuwe aanbieder van 'Boer soek 'n Vrou' nie. Sy is ook 'n life coach en gaan een keer 'n maand 'n student help met raad.

Het jy iets op die hart waarmee Marciel dalk kan help? E-pos jou vraag na diestudent@netwerk24.com. Dit sal anoniem aan Marciel gestuur word en anoniem gepubliseer word.

Vraag:

Is daar goed wat jy kan doen om jou angs te verminder?

Antwoord:

Beslis! Dit hang af wat spesifiek jou angs veroorsaak, maar ek gaan ’n paar algemene wenke gee wat jou hopelik kan help.

Vir studente spesifiek sou ek sê om minder of geen kafeïen in te neem as jy angstig voel nie. Kafeïen beïnvloed jou hartklop en asemhaling en dit gaan jou angs meer buite beheer laat voel. Studente drink dikwels koffie in eksamentye om hulle wakker te hou weens ’n gebrek aan genoeg slaap. Met angs is dit belangrik om ekstra mooi na jou gesondheid om te sien. Maak seker jy kry genoeg slaap, want min slaap veroorsaak ’n bose kringloop van meer angs wat lei tot minder slaap. As jy in die nag wakker lê met jou angs en regtig nie aan die slaap kan raak nie, kry vir jou iets natuurlik by die apteek wat jou net rustig maak voordat jy gaan slaap.

Oefening is ’n wonderlike manier om angs te verminder. Sluit aan by die gimnasium, kry vir jou ’n draf-buddy of oefen saam met jogavideo’s op YouTube. Oefen help jou brein op ander dinge fokus as wat jou angs veroorsaak en dit stel goedvoel-hormone in jou liggaam vry. ’n Draf- of oefen-buddy is goed, want dit help in die proses ook as sosiale afleiding. Omring jou met opbouende, positiewe mense in tye wanneer jy angstig is. Ek sal jou selfs aanmoedig om jou uitdaging met iemand te deel wat jy vertrou, sodat hulle bewus is daarvan sodat hulle jou beter kan ondersteun.

Oefening is ’n wonderlike manier om angs te verminder.

Minder sosiale media kan ook help as dit ’n euwel is wat bydra tot jou angs. Instagram is ’n vergrootglas van hoe “suksesvol” en “gelukkig” ander mense is, alhoewel dit net hul beste oomblikke is wat met mooi filters uitgekies is. Om jouself met ander te vergelyk dra dikwels by tot angs, so as jy voel Instagram oorweldig jou, delete die app vir ’n tyd van jou foon af en fokus op jou eie emosionele en fisieke welstand.

As take of baie verantwoordelikhede jou oorweldig, onthou om hulle te lys van hoogste tot laagste prioriteit en dan begin jy bo. Om struktuur en ’n prentjie te hê van jou to-do-lys, gaan jou reeds meer in beheer laat voel. My ma sê altyd, eet die olifant happie vir happie. Jy hoef nie alles in een dag gedoen te kry nie.

As jy werklik voel jou angs is buite beheer en niks van die bogenoemde wenke help jou nie, stel ek voor jy gaan sien ’n dokter om iets vir jou voor te skryf.

Groete,

Marciel

  • Marciel Hopkins (25) is 'n model, life coach, motiveringspreker en 'n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het in Franschhoek en die Paarl groot geword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.