Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Liewe oom Cyril, is die vroue in oom se lewe veilig?'
Leandri Louw
Leandri Louw

Vandag skryf ek my tweede brief aan oom. Dit kom egter nie net van my af nie.

Vandag praat ek namens Uyinene Mrwetyana, Jesse Hess en haar oupa en Precious Ramabulana. Ek praat namens Karabo Mokoena, Anene Booysen en Leighandre Jegels. Ek praat ook namens die kinders wat 41% van verkragtings uitmaak.

Ek praat namens die name wat die media nie ken nie. Ek praat namens die agt uit nege gevalle van verkragting wat nie aangemeld word nie. Ek praat ook namens die man van Magdalene Titus.

Oom Cyril, ek vertrou oom ken hierdie name en is bewus van dié sonder name. Daar is egter nog name wat oom dalk nie ken nie, en dit is die mense wat bang is om alleen oor die Rooiplein in Stellenbosch te loop na klas.

Met elke berig in die koerante wonder mense of dit veilig is om alleen winkel toe te gaan.

Die waarheid is, oom, dat meeste van ons slagoffers is sonder dat iemand iets teen ons sondig. Met elke berig in die koerante wonder mense of dit veilig is om alleen winkel toe te gaan. Die geweld het ’n invloed op elkeen van ons, al is dit nie fisies nie.

Magteloos

Ons het gesê genoeg is genoeg, oom Cyril. Die swart klere op ’n Donderdag en die optogte met groot plakkate het nie Precious se moordenaar gekeer nie.

Teen dié tyd is ons almal bewus van die geweld in ons Suid-Afrika, maar ons kan niks doen nie. Alle oë is op oom. Om doodeerlik te wees, dink ek nie oom se strenger wetgewing gaan enigsins ’n verskil maak nie. Die tronke gaan voller wees vir langer, maar die slagoffers gaan nie ophou nie.

Wat moet ons nóg doen?

Ek weet nie of daar ’n oplossing is vir geweld nie, oom Cyril, maar ek weet dat swart klere en optogte wat gewelddadig raak (ironies genoeg) nie die oplossing is nie. Sal oom alleen in die aand in die strate loop? Waar niemand oom herken of omgee nie.

LEES OOK: Sal die ware mans opstaan asseblief?

Wat van oom se vrou? Dink oom sy sal veilig wees? Dit is die vrae wat ons nie moet vra nie, maar steeds nodig is. Ek wonder net of Leighandre gewonder het of sy veilig is by haar kêrel voordat hy haar geskiet het.

Ek het nog ’n vraag vir oom. Dink oom 16 dae van aktivisme is genoeg? Is die probleem so klein in ons land dat 4,5% van die jaar toegeken word aan aktivisme om geweld teen te staan?

Dink oom 16 dae van aktivisme is genoeg?

Ek is dankbaar ons het iets soos 16 dae vir aktivisme vir geweld teen vroue en kinders, maar stop ons die aktivisme met Menseregtedag en gaan dan voort met ons lewe? Die geweld hou nie op nie, oom, so hoekom doen ons dit?

Help ons asseblief

Oom Cyril, ek weet oom het ietwat van ’n moeilike werk om almal gelukkig te hou, maar oom, ons het ’n leier nodig om na te kyk. Ons word so verblind deur geweld en die gruwelikheid daarvan dat ons vergeet dat ons die verskil moet wees.

Ek dink nie oom is deel van die probleem nie, maar ek dink oom het ’n keuse om deel te wees van die oplossing. Vandag pleit ons as vroue, kinders en mans om genade.

Ek dink nie oom is deel van die probleem nie, maar ek dink oom het ’n keuse om deel te wees van die oplossing.

Is daar iets wat oom kan doen? Of wag ons maar net tot dit ons beurt is?

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.