Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Linkin Park tot RSG: Musiek en jou geheue

Nog ’n vroeë koue oggend, nog iets nuuts om te doen vandag.

Genadiglik nie op pad klas toe nie, maar op pad na die ou Heimatgebou op kampus. Die gebou is tans die huis van die Noordwes-Universiteit Potchefstroom-kampus se kunsdepartement en is ’n erfenisgebou wat voorheen ’n koshuis was.

Ek is op pad om kaartjies te kry vir die sêr wat volgende week op kampus plaasvind en ’n paar manne van Heimat se Jool-komitee het die aand buite gekampeer om kaartjies te kry.

Emile Muller
Emile Muller

So graag soos ek die koue aand saam met hulle wou deurbring, het die akademie ongelukkig sy neus in alles ingedruk en moes ek die aand tot laat vir ’n belastingvraestel voorberei.

Lang storie kort, die manne van ons komitee het my gehelp om kaartjies te kry. Nogal heel voor in die konservatorium. So naby dat ek en Francé sou voel hoe die spoeg van die sangers ons tref!

Soos ek ná my inkopies klas toe stap, dink ek aan wat ’n ervaring dit gaan wees om van die beste sêr-groepe in die land te kan sien, up close and personal.

Ek sê hulle is die beste, want die koshuise sit maklik drie of vier uur in per aand wanneer hulle oefen. Dit is ná al die akademie: huiswerk, toetse en klasvoorbereiding. Dit kweek natuurlik ’n mededingende kultuur tussen die koshuise en dít is goed, glo my.

Dis vir my altyd interessant hoe musiek mense kan laat voel, nie net sêr nie, maar enige musiek. Elke mens het sy eie smaak en sy spesifieke musiek is vir hom kosbaar.

My oom, al vroeg grys, luister steeds Linkin Park uit sy studentedae, my oupa en ouma is steeds mal oor U eie keuse op RSG, my pa het sy Gipsy Kings, my vriendin Danika het haar Afrikaanse musiek en Francé het haar rockmusiek. Ek bly versot op The Midnight, 'n groep uit die tagtigerjare, met hul Synthwave-genre.

So het elkeen van ons ons eie liefde vir musiek en die herinneringe wat daarmee saam kom. Die herinneringe kan dikwels mooier wees as die musiek of die lirieke. Ek besluit byvoorbeeld ek verras die meisie waaroor ek mal was een naweek met ’n uitstappe Parys toe, die een in die Vrystaat, want ek’s nou nie so cashed up nie.

Terwyl ons die oggend van Potch ry en gesels, luister ons Kygo se Kids in Love-album. Ek het gehou van twee of drie van daai album se liedjies, maar een wat vandag nog altyd my bybly is “Sunrise”. Die liedjie is nie vir my ’n meesterstuk nie en mense gaan definitief nie oor 20 jaar daaroor praat nie, maar in my kop sal dit altyd geassosieer word met daai dag se uitstappie. (Ns: Manne, Parys is ’n wenner vir n eerste date, ek sê net.)

Natuurlik het nie elke lied ’n liefdeskonnotasie nie. “Dancing Again” deur TiMO ODV herinner my steeds aan toe ek die atletiekstadion se mikrofoon oorgeneem het vir so tien minute toe ek my lyf platejoggie gehou het.

Dan is daar tranetrekkers soos my oupa Mike se Mike + The Mechanics se “The Living Years”. Dit kan ook baie spesifiek wees, soos toe ek eendag vir hom die moderne, akoestiese weergawe stuur, laat weet hy dat die nuwe weergawes nie vir hom dieselfde betekenis as die oorspronklike het nie.

Dis nie net dat musiek ons herinner aan goed wat ons onthou nie, daar was al gevalle van mense wat weens musiek iets onthou ondanks die feit dat hulle weens ’n hoofbesering aan geheueverlies gely het. Die lank en kort van musiek en jou geheue is dat musiek jou langtermyngeheue verbeter danksy meer aktiwiteit in jou mediale prefrontale korteks.

So, my gevoel is die dosent moet dus eintlik “DJ” terwyl ons toetse skryf, dit sou tog help om my punte te verbeter, of hoe? Wel nee, musiek veroorsaak dat jou onderbewussyn jou herinner aan jou snaaksste herinneringe. Jy het dus min of geen beheer oor watter herinneringe met watter liedjies geassosieer word. Dit gaan dus nie noodwendig die belangrike belastingfeite oproep wat jy dringend nodig het vir die toets nie!

Let wel, die slimkoppe sê klassieke musiek is die beste om hierdie tegniek mee toe te pas, maar daai klink vir my soos “Bad Medicine”.

Uiteindelik maak dit nie saak waarna jy luister nie, solank dit jou ore streel. Nes destyds, soos toe die manne van die Ou Heimatkoshuis na een van die vrouekoshuise geluister het toe dié kom sêr het op hul trappe. Salig.

  • Emile Muller is 'n vierdejaarstudent wat forensiese rekeningkunde en vir 'n geoktrooieerde rekenmeester aan die Noordwes-Universiteit studeer.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Meer oor:  Die Student  |  Suid-Afrika  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.