Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
‘Los nou daai foon, Ma!’
Elderly 50s woman sitting on couch in living room

Vinnige vraag: Wat is erger as ’n tiener op ’n selfoon? Ouers op hul selfone!

Ek het gisteraand besef dat ek nie naastenby soveel tyd op my selfoon deurbring as my ma nie.

Ek het besluit om ’n bietjie “navorsing” te doen. Ek het dieselfde vraag aan 15 vriende gerig en hulle almal het saamgestem dat hul ouers erger is op hul selfone as enige tiener wat hulle ken, hulself ingesluit.

Ek weet nie van jou nie, maar ek word gewoonlik uitgetrap as ek per ongeluk nie my foon gehoor het toe hulle gebel het nie. Of as ek nie dadelik antwoord op ’n WhatsApp nie. As ek R5 kon kry vir elke keer wat dit ’n probleem in ons huishouding was, het ek lankal my studielenings afbetaal.

Ek het aan twee redes gedink oor hoekom my ouers so baie op hul selfone is: My ouers is verslaafdes of ek is baie slegte geselskap. Dit moet nommer een wees, glo ek, HOOP EK!

Arné Kruger
Arné Kruger

Kom ons draai die situasie om: Jy bel jou ma om vinnig iets uit te vind of iets te bespreek, maar sy is nie beskikbaar nie. As jy by die huis kom, sit sy op haar foon. Durf jy dan iets sê, is die hel los.

Het jy al ooit gehoor “Plaas bel jy my net.” Hallooo, ek het, maar Ma het nie geantwoord nie!

My een vriendin Chanel Lombaard (21) het die volgende gesê: “Ek het dit ook opgemerk. Ek konfronteer hulle altyd daaroor. Ironies genoeg is dit ons generasie wat tech-savvy is, maar hulle is altyd op hul selfone.”

Ek probeer om nooit my ouers te onderbreek as hulle op hul fone is nie, al is hulle besig om deur Takealot te blaai vir die nuutste winskopies. Ek moet sê, dit raak rof, want ek kan nie net sommer gou met my ma ’n geselsie aanknoop nie, omdat “sy besig is”.

Ek het opgehou dinge deel met my ouers weens tegnologie wat ons huishouding oorneem. Op hoërskool was ons drie kinders se selfone elke aand gevat tot ons laaste matriekvraestel.

Tog, nou het die wiel gedraai en ek voel ons as kinders moet begin reëls maak vir ons ouers.

Tydens lockdown het die gebruik van tegnologie in ons huis verdubbel, en ja, dis verstaanbaar, my ouers moet werk op hul skootrekenaars, maar hulle hou nie by hul werksure nie. Hulle oorwerk hulself en die stres bly heeltyd in ons huis.

Ná ’n dag se werk, klim hulle op hul selfone, al sit ons en kyk televisie.

Breek tog weg van die tegnologie en speel ’n bordspeletjie, gaan draf (eerder jy as ek), maar probeer om jou tegnologiese ouers weer te verander in ouers.

Ek moet sê, my ma help my as ek tegnologiese probleme het, maar waar trek jy die streep?

  • Arné Kruger werk tans aan ’n nagraadse diploma in teologie aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.