Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
LUISTER: Só kies jy die regte mentor vir jou

Die regte mentor op die regte plek, kan jou loopbaan na die volgende vlak neem. Renaldo Schwarp klop in die laaste aflewering van Werkfiks aan by media-persoonlikheid, Mishka Loesch, vir raad oor mentorskap aan.

Waaroor gaan Werkfiks?

In die eerste podsending-reeks vir Die Student, gesels Renaldo Schwarp oor alles wat studente nog altyd oor werk wou weet.

Die doel? Om werkfiks te word.

Wat is 'n podsending?

’n Podsending is soos ’n radioprogram waarna jy aanlyn kan luister.

Wie is Renaldo Schwarp?

Renaldo is ’n omroeper by Jacaranda FM en veldaanbieder op KLOP!, ’n aktualiteitsprogram op kykNET & Kie. Hy is ook die vervaardiger van die Afrikaanse dokumentêr SKEEF: Die Dokumentêr, wat verlede jaar op kykNET se Silwerskermfees in Kaapstad sy debuut gemaak het. Dit het ook in September 2019 sy Amerikaanse debuut op die Palm Springs LGBTQ Film Festival gemaak. Kyk die reeks ook op Netwerk24.

Lees hier vorige meningstukke wat Renaldo vir Die Student geskryf het:

O gits, boer soek ’n ou? Wat nou?

Boer soek ’n (vr)ou: ‘Aanvaar’ ouers ooit régtig hul gay kind?

Luister na vorige episodes

EPISODE 1: Tyd vir 'n side-hustle?

Hoe kies 'n mens die perfekte side hustle en hoe balanseer 'n mens dit met studies? Dít is die vrae wat Renaldo Schwarp in die eerste episode van Die Student se podsending, Werkfiks, gaan beantwoord. Sy gas? Radio-omroeper en televisie-aanbieder, Zoë Brown.

EPISODE 2: Geld, geld, geld!

Dis soms moeilik om 'n gesonde verhouding met geld te kweek, want as student het jy gewoonlik heeltemal te min daarvan! 
Renaldo Schwarp vra in die tweede episode van Werkfiks vir radio-omroeper, Sherlin Barends, raad oor hoe om met jou eerste salaris uit te kom.

EPISODE 3: Só kan jy vir jouself werk skep...

Dit sit nie in almal se broek om vir hulself werk te skep nie. Renaldo Schwarp vra in die derde episode van Werkfiks vir akteur, Arno Greeff, hoe hy dit regkry.

EPISODE 4: Só berei jy voor vir jou eerste jaar van werk...

Dit kan 'n baie groot aanpassing wees om te begin werk. Veral die eerste jaar as jong werkende kan rof wees. Daarom gesels Renaldo Schwarp in dié aflewering van Werkfiks met model en Boer Soek 'n Vrou-aanbieder, Marciel Hopkins, oor hoe studente hulself vir die eerste jaar van werk kan voorberei.

EPISODE 5: Só kan jou sosiale media vir jou geld maak...

Het jy al na jou eie sosiale media geloer en gedink: Miskien kan ek hieruit geld maak? Renaldo Schwarp klop in dié episode van Werkfiks aan by Lisa met die rooi hare en vra vir haar hoe 'n mens dit regkry.

EPISODE 6: Onthou dít voor jy jou eerste werkskontrak teken

'n Mens kan soms oorhaastig jou eerste werkskontrak teken, sonder om noukeurig deur al die fynskrif te lees. In hierdie aflewering van Werkfiks, gesels Renaldo Schwarp met die nuusleser, Barron Hufkie, oor hoe belangrik dit is om jou nie vas te teken vir 'n werk nie.

Jy gaan nie konflik in die werksplek kan vryspring nie. In hierdie aflewering van Werkfiks, klop Renaldo Schwarp by radio-omroeper, Sue Pyler, aan vir raad oor hoe om dié tameletjies te hanteer.



Meer oor:  Renaldo Schwarp  |  Die Student  |  Studente  |  Mening  |  Werkfiks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.