Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ma? Pa... Ek is gay'
Monn-Lee Geduld.
Monn-Lee Geduld.

Altyd as ek vir plattelandse mense vra, of laat ek liewers sê van die gebied waar ek vandaan kom, waarvoor staan LGBTQIA+ sal hulle my aankyk asof ek verander het in ’n wese van die planeet Mars.

Party sê dis daardie “moffie”-goed.

Hoe wil ek as ’n jong mens vir Suid Afrika sien in 20 jaar? Sjoe, wat ’n komplekse vraag, reeds omdat daar so baie goed is wat jong mense kan help, onder meer ten opsigte van werkloosheid, armoede, rassisme en so kan ek aangaan.

Maar daar is een ding wat my nogals baie pla en ek vorm deel van daardie “gemeenskap”. Ek sit die woord in aanhalingstekens omdat dit alreeds ’n onderskeid tref waarvan ek self nie ’n aanhanger is nie. Dis die lesbian, gay, bisexual, transgender, queer, intersex, asexual-plus- gemeenskap.

In die gebied waarvandaan ek kom, as jy “anders” is as die gewone ou seuntjie wat nie die gewone ou “seuntjie”-goed doen nie, word jy dadelik ’n moffie en nog ander baie lelike woorde genoem.

LEES OOK: Seksualiteit: Hou op om mense in kassies te sit

Jy moet van karre hou, hang- jeans dra, name-tekkies dra, oka-pyp rook om geklassifiseer te word as ’n “seun”. Wat dit nog erger maak, jy mag geensins met ’n meisie-groep uithang behalwe as jou meisie in daardie groep is nie.

Hoekom moet óns ‘uitkom’?

Ek het eendag met ’n vriend gesels. Hy is ’n bruin Moslem-seun wat as bisexual identifiseer, maar wil eendag met ’n man trou.

Die gesels gaan toe in die rigting van hoekom hy nog nie sy ouers gesê het van sy seksualiteit nie. Hoekom ons moet “uitkom” as ons deel vorm van die “gemeenskap” gaan my verstand te bowe want dis nie asof heteroseksuele mense moet “uitkom” nie.

Dit is ook teen hul geloof en hulle glo sterk dat ’n man en vrou moet trou en kinders baar.

Maar nietemin, hy kyk my toe geskok aan en vra: “Wil djy hê my pa moet my doodmaak?”

Hy vertel my verder dat altyd as sy pa te diep in die bottel gekyk het sou hy huil en hom vra hoekom sy seun ’n moffie wil wees. My vriend sê daardie teleurstelling elke keer wanneer hierdie episode homself herhaal sal altyd by hom bly en dis hoekom hy nooit “uit sal kom nie”.

Dit is ook teen hul geloof en hulle glo sterk dat ’n man en vrou moet trou en kinders baar.

Taboe-onderwerp in ons huis

Toe ek vier jaar gelede oor WhatsApp teenoor my ouers “uitgekom het”, was daar baie verwyte.

My pa het my met Bybelverse omgeslaan van hoe verkeerd homoseksualiteit in die oë van die Here is.

Baie ouers gebruik hul geloof om homoseksualiteit uit te vee in ons gemeenskappe. Ek kan soveel verse daarvoor gebruik van hoe die Here sê hoe lief ons ons medemens moet hê, maak nie saak wie die persoon is nie. Maar dit is ’n storie vir ’n ander dag.

Tot vandag toe het my ouers nog nooit regtig met my gepraat oor die boodskap en my seksualiteit nie. Dis ’n taboe-onderwerp in ons huis.

Tot vandag toe het my ouers nog nooit regtig met my gepraat oor die boodskap en my seksualiteit nie. Dis ’n taboe-onderwerp in ons huis.

’n Ander vriendin het ’n paar dae gelede ’n foto van hom op Facebook geplaas waar hy agter die orrel sit in die kerk. Hy het ’n blommetjie-kroon gebind om sy braids, ’n paar blok-hakke en ’n rok wat ’n klein bietjie been wys aangehad.

Ek sal nou kan dink dat die mense kommentaar sal lewer oor die kort rokkie wat hy aan het, maar 90% was gekant teen die feit dat hy vroueklere in die kerk dra. Dis nie hoe ’n man moet aantrek nie!

Net burgers van SA

Oor 20 jaar hoop ek van harte dat ons as ’n Suid-Afrikaanse familie die seksualiteit van mense sal respekteer.

Dat dit nie ’n taboe-onderwerp sal wees nie, maar ’n onderwerp waaroor mense gemaklik sal wees om oor te praat. Oor 20 jaar hoop ek dat die akroniem LGBTQIA+ nie as ‘n “gemeenskap” gesien sal word nie, maar as burgers van Suid-Afrika.

Verder hoop en bid ek dat mense vrylik hul seksualiteit sal kan uitleef sonder om enigsins ’n “moffie” of enige ander neerhalende name genoem te word. Dat hulle hul grondwetlike reg prakties sal kan uitleef.

Verder hoop en bid ek dat mense vrylik hul seksualiteit sal kan uitleef sonder om enigsins ’n “moffie” of enige ander neerhalende name genoem te word.

Hier is ’n gedig wat ek geskryf het. Ek hoop van harte dat albei persone in dié gedig oor 20 jaar sal ophou collect.

Díe bêgie wat collect, ek’ie

Die bêgie het vidag:

vie K F sie biene

’n bietjie mash en gravie, nog met’ie rooi liepel by

bietjie giel jive wat nog oegebly’it

’n halwe Stuyvesant entjie

dis plat getrap met fokkol twak in’ie

twie lie pakkies Niek Nêks

da sit dam nog giel ini onneste hoek

twie randte

en twie lie bottels Black label

met nog skuim onne rin

collect.

En ek…

ek het vidag wéé:

moffie

ou-myt

bunny

twie anlê fluite van twie ses’e twintags

gekry.

Soe bêgie

os is’ie different’ie

djy soek en kry ampe nooit

ek soek en vra nooit’ie

tog collect ek altyd.

  • Monn-Lee Geduld (22) studeer BA (Afrikaans, Engels en Media) aan die Universiteit van Kaapstad. Hy kom oorspronklik van Genadendal.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is deel van Die Student se rubriek-kompetisie waar ons vir studente gevra het om te skryf oor die Suid-Afrika wat hulle oor 20 jaar wil sien en hoe die jeug kan help om by dié droom uit te kom. Die kompetisie is in samewerking met die Universiteit Stellenbosch aangebied ter viering van Jeugdag.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Diestudentjeugdag  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.