Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Maak jou hande ook vuil, sosiale-media-aktivis!
Le-Lanie Ludick.
Le-Lanie Ludick.

Suid-Afrika het onlangs die haatlike kant van die mensdom gesien. Die kant wat ander se menswaardigheid afbreek, die land se moreel in die afgrond stuur en diegene wat nie bydra tot die oplossing nie. Ek verwys nie na die verkragters, ontvoerders of gewelddadige betogers nie. Ek verwys na die sosiale-media-aktivis.

Die sosiale media het verseker sy plek in die samelewing. Ek glo dit is grotendeels te danke aan sosiale media dat kleine Amy’Leigh so vinnig aan haar ouers terugbesorg is en dat die nuus oor die vroue-aktiviste in die strate in Kaapstad soos ’n veldbrand versprei het.

Die sosiale media skep bewustheid en is die platform waarop mense hul menings kan lug. Maar soos my filosofie-dosent sê: “Wie is jy met jou opinie”?

Dade is net so belangrik

Elkeen se opinie het hard en duidelik met HOOFLETTERS en uitroeptekens op die internet versprei. Die doel van hierdie opinies is sekerlik om bewustheid te skep en om geregtigheid te laat geskied deur jou stem wat gehoor word. Die opinies moet sekerlik pres. Cyril Ramaphosa se voete onder hom uitslaan en hom laat besef dat die geweld en haat in die land die werklike nasionale krisis is.

Maar dit het nie altyd daardie uitwerking nie. Mense vloek en beledig mekaar so drasties op hierdie platforms dat die kommentaar soos ’n slagveld lyk.

LEES OOK: Wag en dink voor jy knoppie druk

Mans en vroue word teen mekaar opgestook. Die menswaardigheid van die man wat vroue respekteer, word afgebreek sowel as dié van die vrou wat moet terugsit en kyk hoe ’n man in ’n video aborsie gebruik om verkragting te probeer afmaak as minder ernstig.

Die uitwerking wat sosiale-media-aktiviste en hul opinies het, is ver van wat die land nodig het. Ja, ons het stemme nodig om te praat vir dié wie se stemme weggeneem is. Ons het opinies nodig wat die land se fondament skud, en plakkate wat internasionaal versprei word sodat almal die erns van die saak besef.

Maar, ons het ook mense nodig wie se dade net so hard soos hul woorde spreek.

Die uitdaging

Sosiale-media-aktivis, jou woorde is kragtig, maar het jy al in jou gemeenskap gaan kyk waar jy iemand kan bemagtig met hierdie woorde. Ons het mense nodig wat nie alleenlik die onus op pres. Ramaphosa en politici plaas om met beleid teen die onregte van die samelewing te veg nie.

Ons benodig mense wat die gemeenskap invaar en vir ’n seun wat nog nooit ’n vaderfiguur gehad het nie, te wys wat dit is om ’n vrou te respekteer, nie net vir hom te sê om dit te doen nie. Ons benodig mense wat vir ’n meisie wys dat sy liefde en respek waardig is, en haar te bemagtig om dit eerstens vir haarself te gee.

Sosiale-media-aktivis, jou woorde is kragtig, maar het jy al in jou gemeenskap gaan kyk waar jy iemand kan bemagtig met hierdie woorde.

Indien jy dit reeds doen en jou dade weergalm daar waar probleme is, welgedaan, jy dra by tot die oplossing. Maar as jou bydrae begin en eindig op jou sleutelbord moet jy introspeksie doen en jouself afvra: “Wat doen ek werklik om dinge te verbeter?”

Die uitdaging is om die brandende begeerte om dinge te verander te laat voortgaan lank nadat die sosiale media nie meer oorloop van aktiviste se opinies en plakkate nie. Dis die uitdaging vir my (ironiese sosiale-media-aktivis) en jou, Suid-Afrikaner.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.