Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Maak ’n verskil aan huiswerkers se lewe
Emily O’Ryan
Emily O’Ryan

Op die hoofkampus van die Universiteit van Wes-Kaapland is daar ’n standbeeld van ’n huiswerker wat met haar besem dans soos sy haar seun se gradeplegtigheid vier.

Hierdie standbeeld maak ons bewus van die werklikheid dat huiswerkers hulself moet uitput om te werk vir dieselfde geleenthede as waartoe ander vroue in Suid-Afrika toegang het.

Dit is die nalatenskap waarmee ons sit en ons aanvaar dit as normaal. Ongelykheid in Suid-Afrika is die hoogste ter wêreld en in ’n sekere sin is dit glad nie normaal nie. Die nagevolge van hierdie ongelykheid is daagliks sigbaar in die lewe van die huiswerker en haar kinders.

As vroue is ons daartoe in staat om ons medewerkers te ondersteun en die uitkomste van sosiopolitiese en ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika te verander – net soos die vroue in 1956 gedoen het.

Moenie net praat nie, doen

Op 9 Augustus 1956 het meer as 20 000 vroue in Suid-Afrika opgestaan vir die waardigheid van mede-Suid-Afrikaners. Nasionale Vrouedag het sedertien ’n openbare vakansiedag geword wat hierdie vroue, wat die trajek van Suid-Afrika se sosiopolitiek verander het, vier en gedenk. Op dieselfde manier waarop kinders leer deur dit wat jy doen, eerder as dit wat jy sê, gemeet sal word, moet ons Augustus as ’n geleentheid sien om by te dra tot die werk wat in 1956 begin is.

Ongelykheid in Suid-Afrika is die hoogste ter wêreld en in ’n sekere sin is dit glad nie normaal nie.

Op Valentynsdag wag vroue vir rose en sjokolade of hulle is op soek daarna as ’n teken dat iemand lief is vir hulle. Op Vadersdag koop dogters kouse of skeerroom as ’n teken van waardering vir die mans wat hulle “pa” noem. Hoeveel te meer dan moet vroue nie erken word vir hulle diens en bydrae in 2019 nie?

Sjokolade, blomme, klere en toiletware is maar klein materiële items in vergelyking met die enorme impak wat ander in ons lewe het. En tog wys ons waardering deur tasbare dinge.

Moed en menslikheid

Ons moet dalk daaraan dink om Augustusmaand te gebruik om die regte van ander raak te sien en op te staan vir ander se menswaardigheid, veral vroue.

Kom ons dink aan die regte en menswaardigheid van ander vroue, veral huiswerkers. Die werklikheid van met die minimum loon (of naby daaraan) te leef, terwyl jy kinders moet grootmaak, kan nie maklik wees nie. Om te reis na jou werkgewer se huis verg soms lang afstande – een van die baie uitdagings met die onsekerheid van openbare vervoer, verblyf en kos.

Gefrustreerde en empatiese vroue kan die vooruitsigte van Suid-Afrika verander.

Miskien moet ons hierdie Vrouemaand gebruik om die bemagtiging van vrouehuiswerkers op die agenda te plaas, ons kan hulle op eenvoudige maniere help. Deur seker te maak dat ons vroue genoeg betaling kry om te leef en te pendel, dat hulle met menswaardigheid hanteer word, en dat hulle hul regte ken.

Die werklikheid dat die meeste huiswerkers vroue is, kan problematies wees wat betref stereotipiese geslagsrolle, en dit is ook ’n moontlike gesprekspunt.

LEES MEER: Liewe vrou, het ons die oorlog verloor?

Gefrustreerde en empatiese vroue kan die vooruitsigte van Suid-Afrika verander. Ons het dit reeds een keer reggekry, en ons kan dit definitief weer doen.

Dit vat nie net moed nie, maar ook menslikheid – die tipe menslikheid wat ons in 1956 gesien het.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.