Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Mamma, ek soek 'n man, kinders en 3 honde
Jason Viljoen
Jason Viljoen

Ek kan nie wag vir my trein eendag nie. ’n Trein met my aspirasies as vrag. Ek staan al klaar in afwagting met my tasse gepak en skoene gepoleer.

Mense sal dink – ’n jong mens met aspirasie, wat is nuut? Om eerlik te wees, daar is nie veel nuut in my geval nie. As kind het mens natuurlik groot drome gehad – ’n groot, luukse dubbelverdiepinghuis, ’n sportmotor of twee, indrukwekkende Europese vakansies vier keer per jaar.

My aspirasies vandag volg redelik dieselfde trant as my jong self, maar dalk met ’n titseltjie minder byvoeglike naamwoorde. Ek soek graag ’n huis eendag, ja, maar ’n nederige huis geskik vir ’n middelmatige groot gesin, is voldoende. ’n Tennisbaan in die agtererf is eerlikwaar nie nodig nie.

Die geluide van klein voetjies op die kombuisvloer se teëls terwyl daar kos gemaak word, is ’n geluid wat ek vreeslik na uitsien. Kinders kan mens beslis uitput, maar die vreugde wat met hulle gepaardgaan is iets wat ek nie kan wag om te ervaar nie.

Ons kan tog nie vergeet van die dierekinders nie! ’n Paar honde, katte, voëls en visse gaan beslis my erf met my deel.

Dan soek ek ook my man langs my sy – my lewensmaat saam wie ek al die bogenoemde kan deel.

Kinders kan mens beslis uitput, maar die vreugde wat met hulle gepaardgaan is iets wat ek nie kan wag om te ervaar nie.

Een van die eerste rolprente wat ooit voor ’n gehoor gespeel is, was baie eenvoudig. Dit het behels dat ’n trein op ’n stasie aankom – dis al! Tog het die gehoor in vrees weggeduik omdat hulle gedink het die trein gaan hulle tref.

Hoewel ek ’n man langs my sy soek, wyk my droom nie veel af van die gemiddelde Suid-Afrikaanse gesinslewe nie.

Niemand kry seer nie

Mense kyk in afsku na goed wat vir hulle onbekend of vreemd is (in hierdie geval, homoseksualiteit), maar ek is opgewonde oor my trein wat op pad is.

My doel is nie om mense aan te vat of om ’n vurige debat te begin oor die onderwerp nie, maar eerder om homoseksualiteit in die kollig te plaas as iets waarvoor mense nie hoef bang te wees nie.

Mense kyk in afsku na goed wat vir hulle onbekend of vreemd is (in hierdie geval, homoseksualiteit), maar ek is opgewonde oor my trein wat op pad is.

My uitkyk op die lewe is eenvoudig, ek beoordeel my en ander se optrede deur te bepaal of dit enigiemand benadeel (wat tog die kern van Christenskap is, is dit nie?).

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself, en ek weet vir ’n feit my huwelik met ’n man gaan niemand benadeel nie.

LEES MEER: 'Jy is nie jou foute nie'

Hierdie kwessie strek eintlik verder as net teenkanting teen homoseksualiteit – mense oordeel enigiets wat vir hulle vreemd is; die tannie in die Spar met die pers hare, die meisie met die vyf oorbelle op die bus, of die oom met drie ringe aan sy vingers.

Mense wil hulself net uitleef – hul ware self aan die wêreld openbaar – so laat hulle dit doen. Niemand kry seer nie.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.