Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Marciel Hopkins: 'En toe uiteindelik blom ek!'

Marciel Hopkins is die nuwe aanbieder van die nuwe seisoen van die Boer soek ’n Vrou-werklikheidsreeks op kykNET-kanaal 144.Foto: Sulet Fourie

Ons Afrikaanse voorgeskrewe boek in matriek was Die-Kwart-Voor-Sewe-Lelie geskryf deur Eleanor Baker. ’n Groot tema in die boek gaan oor Iris, die hoofkarakter, wat konstant ondersoek instel oor of sy al haar blomtydperk bereik het.

Wat betref my eie blomtydperk . . . dit het eers heelwat later vir my gebeur. So hier is ’n ode aan al my mede- late bloomers:

Ek het werklik die kinders op hoërskool bewonder wat altyd gelyk het asof niks hulle kon onderkry nie. En ek bedoel dit! Hulle hare, vel en sosiale vaardighede was op ’n ander level. Ek het gesukkel met hormoon-puisies, om nie konstant in die friend zone te beland nie en ek was vir baie lank ongemaklik in my eie vel.

Omdat al die bogenoemde dinge nie so glad verloop het vir my nie, het ek probeer opmaak daarvoor deur my akademiese prestasies. Enigste probleem, goeie punte het nie met puisies of gewildheid gehelp nie.

My grootste droom op hoërskool was om ’n Mej. Interskole-finalis te wees in my matriekjaar . . . Ek was die meisie wat ná die tyd ’n onderhoud met die wenner gedoen het vir die skoolkoerantjie.

Ek het vir ’n hele paar jaar van my lewe aanvaar dat ek net gemiddeld gaan wees. Dat groter dinge my nie beskore is nie, al is dit waaroor ek elke uur van die dag droom. Soos Iris in die boek het ek gehoop ek ervaar darem iewers in my lewe ’n kortstondige blomtydperk. Min het ek besef die mens moet ook daadwerklik water gee vir ’n saadjie om te kan blom.

Die meisie wat vir die skoolkoerantjie geskryf het (ek), het toe ’n Mej. Suid-Afrika-finalis geword.

Uit pure nuuskierigheid oor of dit moontlik was, het ek aktief gekies om te blom deur my volle potensiaal te ontgin. As dit nie vir hierdie besluit was nie, het ek nie vandag my droom geleef nie. Vandag is ek ’n trotse late bloomer en ek is dankbaar vir die jare in my lewe wat ek vir myself super-uncool was, want ek het sóveel daaruit geleer. Grootliks om empatie te hê, mense beter te verstaan en hoe om myself in die proses uit te daag oor my eie limiting beliefs.

Ek het vir ’n hele paar jaar van my lewe aanvaar dat ek net gemiddeld gaan wees.

Liewe student, blomtydperke gaan kom en gaan. That’s the beauty of life! Geen blom blom vir altyd nie, maar ek dink ook nie ons moet sit en wag vir dinge om net spontaan te gebeur nie. Ons moet dit laat gebeur en onsself uitdaag met die aspekte van ons lewe wat ons die ongemaklikste maak. Ek dink ons skuld dit aan onsself om te voel hoe dit voel om werklik te blom.

En net jy kan dit werklik besluit: Wat moet vir jou gebeur of verander om te voel jy bereik jou volle potensiaal? As jy daardie antwoord het, begin daarmee saai!

Ek het besef ek gaan altyd in myself twyfel as ek nie myself uitdaag met iets wat my werklik bang maak nie. As jy in ’n donker plek is, waar jy voel asof die lig nie deurkom nie – is dít baie dikwels waar ontkieming plaasvind. Ons is nie gemaak om dormant te wees nie. Ons het die lig en die donker nodig om werklik te groei.

Bly saai in die lappie grond van die lewe wat vir jou gegee is, daar is ’n blomtydperk vir ons elkeen beskore.

  • Marciel Hopkins is ’n televisieaanbieder, model, lewensafrigter, motiveringspreker en ’n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het in Franschhoek en die Paarl grootgeword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.