Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Marciel Hopkins: 'Die hande wat ons voed, word morsaf gebyt'
Boere het onlangs in Mookgophong in Limpopo teen plaasmoorde betoog. Foto: Verskaf

Ek het op 19 Julie vir Die Student geskryf om vir die president te vra waar die ramptoestand vir al die moorde in ons land is.

Ek kyk met skok en hartseer terug op die laaste drie maande en hoe verskriklik wreed en koelbloedig ons land se boere vermoor is. Ek kyk na video’s van Normandien in KwaZulu-Natal, waar duisende kruise langs die pad staan vir elke onskuldige boer wie se lewe onnodig geneem is; hoe kinders aan hul pa se doodskruis vasklou en nie begryp wat gebeur het nie.

Hoe het dít ons werklikheid geword? Meneer die president, dit kan nie langer so aangaan nie, waar is die plan van aksie?

Ons ry tans deur die land om Boer soek ’n vrou te verfilm. My oë gaan opnuut oop vir hoe swaar sekere boeregemeenskappe kry, hoe droog dit in die Karoo is en hoe ongelooflik hard mense werk om brood op die tafel te sit . . .

Marciel Hopkins, aanbieder van die reeks. Foto: Verskaf

En boonop moet boere vir hul eie oorlewing veg. Waar is die hulp vir ons boere wat hul hande stompies afwerk om kos op ons winkelrakke te kry? Besef mense nie in watter penarie ons sal wees as die boere ophou boer nie? Die hande wat ons voer, word op die oomblik morsaf gebyt.

Meneer die president, hoe hou jou hart dit om te sien hoe jou land se mense links en regs vermoor word en steeds is daar geen daadwerklike poging van die regering om iets hieraan te doen nie?

Ons vrees vir ons lewens, dag in en dag uit. Kinders en vroue word verkrag en vermoor uit ’n plek van suiwer haat en gewetenloosheid, en die meeste van die skuldiges kom skotvry daarvan af. Sodra ons ’n optog hou om ons desperaatheid oor te dra word ’n paar paai-woorde dalk gebruik om die probleem te erken óf dit word net heeltemal geïgnoreer.

Hoe lank sal die naam van Brendin Horner nog onthou word voordat ’n volgende onmenslike moord weer plaasvind? Sy lewe is beëindig – ’n wrede uittarting wat wys waartoe mense in ons land in staat is. Sy hele lewe het nog voor hom gelê as iemand wat hierdie broodnodige diens aan die land wou lewer. Sy lewe was baie meer werd as om aan ’n paal gehang te word en ’n spektakel van sy lewe te maak. Wat my laat wonder hoeveel waarde ons regering werklik aan menselewens heg. Is ons enigsins vir hulle belangrik of waardevol?

Meneer die president, Covid-19 het reeds ons land se moed gebreek, maar as die moorde en geweld so aanhou, gaan dit ons land se siel knak. Hulp en ’n suksesvolle plan van aksie is daadwerklik nodig. Ons het genoeg gehuil, geskree en gesmeek.

Dis nou julle beurt om ál die magte wat julle gebruik het om die verspreiding van Covid-19 te bekamp te gebruik om ons te beskerm! Ons het gesien dit is moontlik om Suid-Afrika in die nasionale inperking vyf weke lank tot stilstand te bring, so ek glo dit is moontlik én regverdig om nou wéér ons veiligheid eerste te stel.

Ek droom van ’n dag wanneer ek op my eie kan gaan draf, sonder om die heel tyd oor my skouer te kyk. Ek droom van die dag wanneer élke liewe landsburger van Suid-Afrika veilig in hierdie ontsaglike mooi land van ons sal voel. Daardie dag sal wel vinniger as later moet wees, want wie is volgende?

  • Marciel Hopkins is 'n model, life coach, motiveringspreker en 'n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het in Franschhoek en die Paarl groot geword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.