Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
MARCIEL SKRYF: My porsie, my saak!
Marciel Hopkins
Marciel Hopkins

Iemand het onlangs op sosiale media negatiewe kommentaar gelewer oor die grote van my bord kos en die afkeur wat hy daarin het, want dit moedig glo obesiteit aan.

Eers het gelag en toe het ek kwaad geword . . .

Dit het my 26 jaar geneem om op ’n plek te kom waar ek my liggaam ten volle aanvaar, met al sy “foute” volgens wêreld- en modebedryf-standaarde.

Ek het alreeds my moeilike paadjie gestap met die 14 kg wat ek in 4 maande verloor het om as ’n top-12 Mej. Suid-Afrika-finalis gekies te word deur drie ure per dag te oefen en myself van baie kosgroepe te ontneem.

Ná die kompetisie was ek binne twee maande weer terug na my normale liggaamsgewig waar dit eintlik nog altyd gesond was, alhoewel ek my hele lewe lank nog probeer om maerder wees.

Dit het maande se emosionele aanvaarding geneem om uiteindelik gemaklik te wees in my nommer 14-jean. Dit het my in staat gestel om ander vroue te bemagtig om ook van hulself te hou. Ek steur my nie aan kuberboelies nie, want dit is mense wat ongelukkig is met hulself en te veel tyd op hul hande het.

Dit het maande se emosionele aanvaarding geneem om uiteindelik gemaklik te wees in my nommer 14-jean.

Maar dit het my wel kwaad gemaak om te dink aan hoeveel vroue die boodskap steeds gekommunikeer word: Jy moet maer wees, min eet en jou aptyt onder beheer hou as jy waardig wil wees in die oë van ander, of mans in baie gevalle.

Uhm . . . Wat, wanneer en hoeveel jy eet het absoluut NIKS met iemand anders uit te waai nie. Jy hoef nooit jou aptyt te verduidelik of te verdedig nie, want dit is jou saak! Ons het soveel ongekwalifiseerde “sosialemedia-dokters,” wat sommer vinnig ’n diagnose kan maak oor wie gesond of ongesond is op grond van die grootte van iemand se lyf.

Sit hulle op hul plek!

Wat die eintlike ongesonde olifant in die vertrek is, is die denkwyse wat baie mense steeds het oor hoe gesond wees lyk. Vir baie jare is vroue geïndoktrineer om te glo dat hulle net begeerlik en aantreklik kan wees as hulle rietskraal is.

Miljarde rande word jaarliks bestee aan dieetprogramme, maermaak-inspuitings en pille wat jou aptyt demp, net om nadat jy al die geld gemors het, weer die gewig op te tel, wat jou laat voel soos ’n mislukking.

As iemand ongemaklik voel oor jou lyf en dit wat jy eet, is dit hul probleem, nie joune nie!

Jy gaan altyd te groot of te klein of te dit of te dat wees vir party mense. Dit is nie jou mense nie! Vind mense wat jou vier en aanvaar net soos wat jy is.

Gesond wees is iets wat anders lyk vir elke lyf. Ek glo daaraan om altyd te streef na die gesondste weergawe van jouself, maar dit is vir elkeen ’n unieke reis en ons kan dit met niemand anders sin vergelyk nie.

Ek sal nooit gesond wees in ’n grootte 8 broek nie, want dit beteken ek sal myself daagliks moet uithonger en in die proses my emosionele welstand prysgee.

So as iemand ooit weer ongevraagde kommentaar lewer oor jou gewig, jou kos of jou aptyt, staan asseblief jou vrou en sit hulle ordentlik op hul plek!

Jy gaan altyd te groot of te klein of te dit of te dat wees vir party mense. Dit is nie jou mense nie! Vind mense wat jou vier en aanvaar net soos wat jy is. Want wat is dan nou lekkerder as om saam met jou vriendinne ’n glasie MCC te klink op al die berge wat julle weekliks versit . . . Met of sonder die goedkeuring van ander.

  • Marciel Hopkins (25) is 'n model, life coach, motiveringspreker en 'n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het in Franschhoek en die Paarl groot geword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.