Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
MARCO SKRYF: 'n Gebed vir die vroue in my lewe

Aan my ma en ook my beste vriendin, wat vandag dalk minder soos hulself voel.

Geliefde, ek wens jy kon weet hoe die wind saam met jou opstaan. Geliefde, ek wens jy kon weet hoe die see stil raak wanneer jou voete op die donker, onrustige water staanplek vind.

Geliefde, ek wens hulle het vir jou gesê hoe alles niks kan word die dag wat jy ’n klip op jou bors sit en . . .

Maar hier is jy nou, lieflike, heilige vrou.

Jy het jou krag onwillekeurig oorhandig aan die een wat vinger gewys het nadat Hulle (God en Gees) jou kaal moes vind.

Jy het jou krag onwillekeurig oorhandig aan die een wat vinger gewys het nadat Hulle (God en Gees) jou kaal moes vind.

Nou staan jy vol berou en belydenis in ’n wêreld wat jou vir ewig – Here, laat dit nie so wees nie – gaan blameer vir ’n oomblik se onsekerheid (of was dit ’n oomblik waar jy uiteindelik alleen kon wees voor ’n boom van jou keuse?)

Ons weet steeds nie; jou narratief behoort nog aan die een wat jou oor daardie eerste hap verag.

En hoe kry hy dit reg? Hoe kyk hy na jou, bewonder jou en baby-ek-kan-nie-sonder-jou-nie, net om in dieselfde asem jou vryheid te vertrap?

Liewe God, u moes Haar koning gemaak het. Kan jy jou die aankondiging van só ’n Gewyde oomblik voorstel? ’n Vrou word gekroon.

Hoe word hy nog langs jou wakker met sweterige palms teenaan jou goddelike dye, jóúne, maar straf terselfdertyd jou lyf wat bloot haar regmatige plek in die wêreld wil inneem? Soos ’n koel Gayle King, ingetoë terwyl hy staan en skree. Weet hy dan nie wat haar van beteken nie?

Liewe God, u moes Haar koning gemaak het. Kan jy jou die aankondiging van só ’n Gewyde oomblik voorstel? ’n Vrou word gekroon.

Liewe God, sy verdien dit seer sekerlik meer as ek, of wat dink u? Sy gee lewe aan hulle wat vermoor, hulle wat genees, hulle wat steel, hulle wat bou en sy het lewe gegee aan die een wat ons kom red het.

Is sy nie veronderstel om alleenheerser te wees nie? Nie koningin nie, want in ons taal maak dit haar iets minder as koning en sy verdien om koning genoem te word totdat ons die verskil afgeleer het.

Sy sal genade eerder as gesag uitoefen en die mag wat ons tot hier gebring het, sal iets van die verlede wees. Here, as sy koning moet wees, sal sy die bome en die honger kinders liefhê en sy sal ons morsige storie oorskryf. Ek glo dit gewis.

Geliefde, ek wens hulle het vir jou gesê hoe alles niks kan word die dag wat jy ’n klip op jou bors sit en . . .

Ek het al gesien hoe my ma stories oorskryf, hoe my susters die verhaal verander.

Ek het gesien hoe elk van daardie Kongolese vroue van City of Joy, wat verkrag en gemartel is, ’n hele nuwe boek skryf.

Here, as sy koning moet wees, sal jou Adam uiteindelik leer hoe om met u dogters te praat, hoe om die queer kinders se hande vas te hou, hoe om verhoudings weer heel te maak, en ook miskien hoe om ons uitgeputte hulpbronne beter te bedryf.

Ons is desperaat vir ’n wêreld wat sagter is, ’n wêreld wat haar vroulikheid ten toon stel. In daardie wêreld sal niemand bang wees vir haar trane of woede nie.

Ek wil my ’n wêreld verbeel waar ’n hemelse susterskap vol Michelle Obamas, Alexandria Ocasio-Cortezze, Oprah Winfreys, Ellen Degeneresse en Vashti Prinse ons huiswaarts lei.

MARCO SKRYF OOK:  'Ek is as kind gemolesteer'

Here, dalk word ons nog eendag wakker met die klank van haar gebede, die geluid van haar besluitneming, die geruis van haar heerskappy.

Ek hoop om eendag wakker te word en Adam dien meer, volg meer en gun die koning haar ruimte.

’n Dag waar Adam onderdanig is, om verskoning vra, luister. Maar tot dan, mag ons daagliks grepe van daardie wêreld sien en aanhou hoop om Trump, Poetin, Zuma en R Kelly te oorleef.

Hoekom hou ons aan om die vrou in u te ontken, Here? Hoe het ons weggedraai van u sagmoediger kant? Ons lewens is vol bewyse daarvan.

Ons respekteer nie ons moeders nie, ons kan ons dogters nie meer grootmaak nie, ons susters kom laaste omdat ons nog nie voor die dele van U wat vrou is, kon kniel nie.

Ek hou my asem op vir daardie dag wat almal ingee tot die Heilige Moederskap van die Drie-eenheid.

Liewe Moeder, hoor ons gebede.

Wys ons U gesig, laat hoor van U in ’n stem wat nie dawerend is nie, maar salwend. Laat ons toe om by U voete te sit en herinner ons aan daardie oomblikke waar U vir ons ma en pa was.

Ons smag na ’n intimiteit wat anders voel, wat ruik na ons Ma’s en Susters.

Ons is vol afwagting vir ’n openbaring wat gelykheid, of iets meer drasties, belowe.

Ons hoop vir daardie dag wanneer die gesig wat ons sien wanneer ons ons oë toemaak nie meer bebaard en grys is nie, maar dalk gekroon is met swart krulle óf goue dreadlocks óf ’n benydenswaardige weave.

Wys ons U gesig, laat hoor van U in ’n stem wat nie dawerend is nie, maar salwend. Laat ons toe om by U voete te sit en herinner ons aan daardie oomblikke waar U vir ons ma en pa was.

Here, ons gebede is opreg, al klink dit na dwaalleer. My Moeder, ek is nie meer bang om U te sien in die gesig van ons vrouens en ons susters nie. Hulle is die deel van U beeld wat ons aanhou vergeet. Laat ons gaan en haar voortaan soos ’n koninklike hanteer. En vir haar. En vir haar.

Amen.

  • Marco Spaumer (25) is 'n akteur en gasskrywer vir Die Student. Hy is tans in die kykNET-sepie Suidooster te sien. Hy is tans in die kykNET-sepie Suidooster te sien. Hy het musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer en het groot geword "bietjie all over" van Limpopo tot Gauteng en ook in die Vrystaat. "My kinderjare lê so deur die land versprei."
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.