Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Matriekafskeid: Halwe eier beter as leë dop
Geel Volkswagen
'n Geel Volksie sal Lukie Carelsen altyd herinner aan die bittersoet smaak wat die aand van sy matriekafskeid gelos het. Foto: Unsplash

Met die aankondiging van die Minister dat die amptelike matriekafskeid vir die klas van 2020 afgestel is en met die dralende onsekerheid waarin vanjaar se matrieks die toekoms moet invaar, het my gedagtes ver terug gegaan na my eie matriekafskeid 'n (hele) paar jaar gelede.

Dit was 1969.

Die jaar van Woodstock – dié belangrikste gebeurtenis van die jaar (daar was wel ’n maanlanding in 1969, maar dit was nie naastenby so belangrik of nuuswaardig soos Woodstock nie).

Ek was in matriek aan die Lytteltonse Hoërskool (nou Centurion).

Lukie CarelsenFoto: Verskaf

Vir ons, soos alle matrieks, is die matriekafskeid baie spesiaal en dié hoogtepunt van die jaar – dit sou ons finale afskeid van ons skoolloopbaan beteken en die begin van die grootmenswêreld.

Vir my sou die matriekafskeid egter ekstra spesiaal wees want dit sou beteken dat ek op my heel eerste date sou gaan!

Iets waaroor ek 12 jaar lank gedroom en na uitgesien het!

Vroeg in die jaar het die matriekseuns die meisies begin vra.

Ek het al my moed bymekaar geskraap en die meisie van my drome gevra (sy was salig onbewus van my geheime bewondering).

Ek kon my ore skaars glo toe sy heel vriendelik antwoord: “Ja Lukie, natuurlik sal ek saam met jou wil gaan!”

My vreugde was egter van korte duur toe sy onmiddellik opvolg met “Maar . . . eh . . . hoe sal ek dit stel? Ongelukkig het ek reeds ja gesê vir Sakkie (nie sy regte naam nie). As jy my net vroeër gevra het . . .”

Shucks! My hart het in my skoene gesak en my selfbeeld het ’n hengse (verdere) knock gevat.

Die storie het gou onder die matrieks versprei en ’n paar weke later vertel een van die matriekmeisies my dat Nicky (nie haar regte naam nie) nog nie gevra is nie en dat sy graag saam met my na die matriekafskeid sou gaan – mits ek haar persoonlik vra!

Dit was inderdaad uiters goeie nuus en presies wat ek nodig gehad het om my geknakte ego so effens te streel en my selfbeeld ’n bietjie van ’n boost te gee.

Met die volgende pouse het ek Nicky gaan opsoek en haar heel beleefd en sjarmant gevra of sy my nie die “eer sal aandoen om my na die matriekafskeid te vergesel nie?”. Natuurlik het sy “Ja” geantwoord en my date is in die bag! Dit het my 12 jaar gevat maar uiteindelik gaan ek op ’n date! Mission accomplished!

Die middag voor die groot aand het ek ure bestee om myself gereed te kry vir die groot geleentheid.

Die middag voor die groot aand het ek ure bestee om myself gereed te kry vir die groot geleentheid.

My tande seker drie keer geborsel, en my hare was netjies gekam (danksy die Brylcreem wat destyds so in die mode was).

My pa se hele botteltjie Old Spice-naskeerroom het ek van kop tot tone aangesmeer want “ ’n man (seun) moet mos soos ’n man ruik”. (Nogals goeie waarde vir my pa se geld gekry want daai lekker Old Spice-reuk het dae lank nog in my kamer gehang!)

In my ma se gebleikte geel 1961 Volkswagen Kewer vol rattles en stampe daag ek toe by Nicky se huis op en parkeer op die pragtige groen grasperk voor hul tuinhekkie.

Ek is so opgewonde dat ek amper die boks Black Magic-sjokolade en die bos wit angeliere in die Volksie vergeet. Ruk jou reg – sê ek vir myself!

Ek maak die tuinhekkie bewerig oop, stap met die paadjie op na die stoep en klop saggies aan die voordeur.

’n Oom in ’n frokkie en kruisbande met ’n opgevoude Pretoria News in sy een hand en so dikraambril wat net-net op sy neus balanseer maak die voordeur oop.

’n Oom in ’n frokkie en kruisbande met ’n opgevoude Pretoria News in sy een hand en so dikraambril wat net-net op sy neus balanseer maak die voordeur oop. Hy kyk my nuuskierig so op en af sonder om ’n woord te sê.

Dit het soos ’n ewigheid gevoel om daardie lang pad vanaf die voordeur tot by die Volksie te stap, met die boks Black Magic nog net so in my hand terwyl die oom op die stoep staan en my agterna kyk.

Die bos wit angeliere het ek op die stoep gelos en vir die oom gesê “dis vir Nicky oom – sê asseblief vir haar ek stuur groete”.

Die trane wel in my oë op – nog nooit in my lewe het ek so baie soos ’n sucker gevoel nie. Ek is sowaar vir 'n ride gevat!

Toe ek daar wegtrek, het ek my frustrasies op so paar grasbolle uitgehaal – net om te wys ook ’n Volla kan spin.

Op pad na die funksie (en sommer so in die ry), het ek die hele boks Black Magic gepolish – net om my so bietjie beter te laat voel.

Ek het toe stoksielalleen by die matriekafskeidsfunksie opgedaag – die enigste matriekleerling daardie aand met ’n oop sitplek langs hom.

Dit was dan my matriekafskeid – bietjie (baie) eensaam –maar ten minste hét ek ’n matriekafskeid gehad.

Die klas van 2020 was nie so gelukkig nie.

Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees.

’n Halwe eier is inderdaad beter as ’n leë dop! 

  • Lukie Carelsen is 'n vierde jaar LLB-student by Unisa. Hy het reeds 'n BSC en Diploma in Datametrie hier voltooi.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Meer oor:  Mening  |  Suid-Afrika  |  Die Student
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.