Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Millenniërs: Ons kan nie eens onsself verstaan nie
Francois van Rensburg. Foto: Martin de Kock
Francois van Rensburg. Foto: Martin de Kock

Dís wat julle nie van ons verstaan nie.

Hierdie stelling op sigself is een van die mees paradoksale stellings wat ek onlangs teëgekom het.

“Julle” verstaan “ons” nie. Dit is dus my vertrekpunt vir hoekom die ouer garde (julle) die jonger generasie (ons) nie verstaan nie.

Ek wil so ver gaan as om te sê julle sal ons nooit verstaan nie. Ons verstaan onsself nie eens nie.

Ons is besig om in ons onervare lewens te probeer om die wêreld te verander op ons eie unieke manier.

Ons wil nie dieselfde wees nie en ons wil ook nie oor een kam geskeer word nie.

Ons wil ons eie rigting volg en ons eie mode vind êrens op ’n joga-mat op ’n strand met ’n glasstrooitjie in ons glaswaterbottel.

Ons wil gesond wees met die mees diverse vriendegroep en ons wil minstens vier tale kan praat. Ons wil ook nie omgee oor enigiets nie en emosieloos deur die lewe wandel om so min as moontlik kwesbaar te lyk.

Ons wil ons eie rigting volg en ons eie mode vind êrens op ’n joga-mat op ’n strand met ’n glasstrooitjie in ons glaswaterbottel.

Ons wil kuier en ons wil dans en ons wil fliek kyk en net rustig wees. Ons wil ten volle leef en ons wil soveel moontlik reis voordat die geld opraak.

Ons wil die meeste geld maak met die minste moeite. Ons wil ons land red maar ons wil ook die wêreld ontdek. Ons wil seker maak almal sien dit, maar ons wil asseblief tog net uitgelos word om ons ding sonder inmenging te doen.

Julle was ook so

Klink dit bekend?

Ek is amper seker dit doen, want julle was eens ook ons. Nou is julle net ons met wysheid en lewenservaring. Ons sukkel met stabiliteit, want ons is grootgemaak in ’n era waar julle geworstel het met die humanistiese siening in die lewe, dat almal net gelukkig moet wees en dat julle net nie op tone moet trap nie.

LEES OOK: Millenniërs: 'Ons is ’n generasie wat vryheid bo alles stel'

Jul sukses is bepaal deur hoe gelukkig julle én ons is. Hartseer, is dit nie?

Ons is nie tevrede met die land nie, want julle is steeds besig om te baklei vir diversiteit. Ons kan nie positief wees oor ons toekoms nie, want behoede ons om oukei te wees met eenheid en interras-vriendskappe.

Ons kan nie vir onsself dink nie, want julle het als vir ons gedoen. Ons kan nie aanvaar dat ons moet werk vir iets nie, want julle het dit alles vir ons gegee.

Ons kan nie onsself tot ’n huwelik verbind nie, want ons is geleer dat dit oukei is om te skei wanneer jy nie meer gelukkig is nie.

Ons kan nie onsself tot ’n huwelik verbind nie, want ons is geleer dat dit oukei is om te skei wanneer jy nie meer gelukkig is nie.

Ons kan nie ons kinders goed grootmaak nie, want ons mag hulle nie meer ’n pak slae gee nie.

Ons kan nie vir ons kinders gesonde verstand leer nie, want ons mag nie eens vir hulle leer wat hul geslag is nie.

En dís wat julle nie van ons verstaan nie.

Ons is nie een konsep nie, ons is nie een dieselfde nie. Tog, is ons die produk van die besluite wat julle in al jul wysheid en lewenservaring gemaak het om ons toekoms te rig.

  • Francois van Rensburg (23) studeer MSc (Stads- en Streeksbeplanning) aan die Noordwes-Universiteit. Hy kom oorspronklik van Stilfontein.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir Die Student se rubriek-kompetisie, waar studente aan lesers moet verduidelik wat hulle nie van die jonger generasie verstaan nie.
  • Hierdie meningstuk weerspieël nie noodwendig die mening van die Noordwes-Universiteit nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang?Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Diestudentgenerasies  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.