Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Millenniërs: 'Ons wil nie groot word nie'

Hallo, my naam is Elani. Maar jy weet dit seker, want jy het my al op Facebook en Instagram gesien.

Elani Nell
Elani Nell

Ons het nog nooit twee woorde met mekaar gepraat nie, maar ek weet jou kat se naam is Sara en jou ouma bak die beste melktert.

Jy weet natuurlik dat ek ’n “ligte” (so nie lig nie) obsessie met Vincent van Gogh het en dat my hond se naam Simson is. Ons ken mekaar, maar ons ken mekaar nie. Totale vreemdelinge, maar vriende. Wag, WAT?

Ons wil nie grootword nie

Kom ons probeer weer.

Hallo, my naam is Elani. Ek is deel van ’n generasie van mense en studente wat op die internet en sosiale media leef, en wat nie wil grootword nie.

Ja, jy het reg gelees. Ons wil nie grootword nie. Grootword beteken ons moet verantwoordelik wees, ons moet die regte besluite neem en dan natuurlik dat ons moet werk om iets te bereik.

Ja, jy het reg gelees. Ons wil nie grootword nie. Grootword beteken ons moet verantwoordelik wees, ons moet die regte besluite neem en dan natuurlik dat ons moet werk om iets te bereik.

Ons gaan seerkry en ons gaan val. Nes al die ander generasies staan ons ook op hierdie merk van “grootword”. Maar die verskil is, ons stel uit en uit. Ons wil nie nou nie, ons sal later en ons hou van speel.

Ek is 21 en ek is bang vir die werkswêreld. Ek wil nie vir myself sorg nie en ek kan nie onafhanklik wees nie, dit is net te veel verantwoordelikheid.

So wat doen ek? Ek probeer tyd koop, ek probeer die feit dat ek grootword ignoreer, en ek weet ek is nie al een nie.

LEES OOK: Die realiteit van onafhanklik wees

Ons generasie is dalk vreesloos, ons vat kanse en doen mal dinge. Maar as dit by verantwoordelike keuses kom, duik ons weg en knyp ons ons oë toe.

Ons lewe in ’n tyd waar jy net iets is as jy iets op Instagram is.

As jy ’n openbare figuur is, het jy sukses behaal. Dit is hartseer maar dit is waar. Is ons wêreld dan so sleg dat my generasie eerder op ’n ander plek wil bly wat hulle vir hulself skep?

Jy lewe deur ’n skerm

My generasie, my medestudente, lewe aanlyn. Ons Tinder en Snapchat en Instagram en Facebook en WhatsApp.

Lewe ons regtig? Ons maak vinnige keuses en besluit wie en wie nie op ons sosiale media verskyn. Jy kan sorg dat jy altyd mooi en gelukkig lyk en die beste lewe leef.

Lewe ons regtig? Ons maak vinnige keuses en besluit wie en wie nie op ons sosiale media verskyn. Jy kan sorg dat jy altyd mooi en gelukkig lyk en die beste lewe leef.

Ek was onlangs by ’n konsert van Spoegwolf in die Atterbury-teater. Honderde mense het elke oomblik op hul selfone vasgevang. Hulle het deur ’n skerm na die konsert gekyk.

Ek kan ongelukkig nie bewys dat ek daar was nie, en volgens sosialemedia se standaarde was ek nie daar nie want “as jy niks daaroor opsit nie, het dit nie gebeur nie”.

Dieselfde sien ek gebeur al hoe meer op kampus; koffies en etes word afgeneem en geplaas.

LEES OOK: 20 waarhede aan die jonger ek...

Hartseer genoeg is hierdie studente so besig met plasings oor wat aangaan dat hulle die werklike oomblik misloop. Die kosbare tyd gaan verby, en wat doen jy? Jy sit met jou selfoon.

Dit breek my hart om na my generasie te kyk. Ons weet nie mooi waarheen ons op pad is nie, en daarom probeer ons die handrem optrek.

Ons is vrek bang vir kritiek, vir seerkry en dan natuurlik vir grootword. Ek blameer nie tegnologie of sosiale media vir hierdie probleem nie, nee. Ek blameer jou as mens, ek blameer myself.

Ons is vrek bang vir kritiek, vir seerkry en dan natuurlik vir grootword. Ek blameer nie tegnologie of sosiale media vir hierdie probleem nie, nee. Ek blameer jou as mens, ek blameer myself.

Want ons laat toe dat ons beheer word. Ons laat nie genoeg plek vir die nodige ontwikkeling nie, en ons pause.

Ons wil heeltyd aktief wees aanlyn, en dit laat ons ongelukkig afwesig in die regte lewe – in die nou.

Wat gaan van ons kinders word? Wat word van ons? Jy lewe deur jou skerm, jy haal asem deur jou vingers wat tik, en jou sielskos is likes.

Al wat ek weet is dat ons moet ophou bang wees, die regte kanse vat ... en dan natuurlik stelselmatig grootword.

  • Elani Nell (21) studeer inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria. Sy kom oorspronklik van Middelburg in Mpumalanga.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg Die Student op Instagram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.