SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Die Student
Millenniërs se probleem en ander waarhede
Sybrand Harris

Om millenniërs te (probeer) verstaan, óf om te identifiseer as een, moet jy seker eers weet wat of wie dit is. Dit wat jy misverstaan of waarvoor jy staan, moet ’n naam hê, anders gaan jy sukkel om dit aan te val of te verdedig.

Millenniërs is nie ’n nuwe term nie. (Toemaar, ek het ook geskrik!) Dit het net onlangs sterk vlamgevat op sosiale media en in gesprekke onder jongmense wat wou identifiseer as of met iets.

Millenniërs is nie ’n nuwe term nie. (Toemaar, ek het ook geskrik!) Dit het net onlangs sterk vlamgevat op sosiale media en in gesprekke onder jongmense wat wou identifiseer as of met iets.

Die term is egter reeds in 1987 gebruik deur twee Amerikaanse skrywers, en later die media, wat die generasie wat ná 1982 gebore is, wou identifiseer as die klas van 2000.

Dié generasie, ook bekend as generasie Y of die “echo boomers”, kinders van die “baby boomers”, sluit almal in wat gebore is in die vroeë 1980’s tot laat 1990’s. Die generasie wat gebore is van laat 1990’s in die 2000’s in is tegnies nie millenniërs nie, maar generasie Z’e. Die afsnypunt is wel vaag en voorlopig.

So, Vinette, jy met jou pos in die korporatiewe wêreld en jou oudste seun in gr. 4 – jy is ook ’n millenniër op 37 (skrik weer hier)!

Verklein die gaping

Voordat ek myself as millenniër verduidelik, wil ek eers praat met die ander millenniërs en generasie Z’e. Ek glo om iets te verstaan werk soos ’n verhouding. Dit verg moeite, kompromieë, bereidwilligheid en (die grootste daarvan) liefde van albei partye om ’n goeie verstandhouding te vestig.

Die een party kan nie aanhou middelvingers op Instagram post en nie verwag dat ouma en haar hekelgroep gaan ’n breinskudding kry oor haar van-die-pad-af-kleinkind nie.

SYBRAND SKRYF OOK: 'Ek is 24 en nie ’n Christen nie'

Net so kan die ander party nie aanhou kommentaar lewer op Facebook oor die ligbroekigheid van ’n student se artikel en dit onder die tradisionele kinders-word-gesien-en-nie-gehoor-nie probeer wegwens nie.

Al stem ons nie saam nie, gaan ons nie verstaan hoekom ons nie saamstem as ons nie self ook introspeksie doen nie. En die vooruitgang lê in die hoekom, glo ek.

Ek lees verskeie studente se meningstukke oor dié tema. Die meeste daarvan is geskryf met ’n arrogansie wat sê die millenniërs het die lewe heeltemal uitgepluis, dit is die bestemming van elke mens en ons het dit klaar bereik. Enigiets anders is agter en moet bykom!

Ons is inklusief en oopkop en oordeel nie, behalwe as dit kom by mense wat nie inklusief en oopkop is nie, en veroordeel. Daar trek ons die streep.

Ons is inklusief en oopkop en oordeel nie, behalwe as dit kom by mense wat nie inklusief en oopkop is nie, en veroordeel. Daar trek ons die streep.

Alhoewel millenniërs hulself klassifiseer as oopkop en inklusief en dit wel vooruitstrewend is, is ek bevrees min ouer mense gaan dit ernstig opneem as bogenoemde die benadering is.

Iemand met lewenservaring van ’n halwe eeu en wat grootgeword het in die milieu van die laat 1900’s gaan nie maklik moeite doen om iemand van 21 jaar oud te probeer verstaan as jy hul ouderdom, geslag, stereotipe, geloof of oortuiging sommer uit die staanspoor aanval en afmaak nie. Dit vergroot die gaping eerder as wat dit ’n brug van begrip bou.

Veel groter wêreld

Vir die drie generasies voor ons wat steeds saam met ons leef, hier is die verskil, dit wat julle nie van ons verstaan nie en ander raad.

Die meeste van ons is gebore in die nuwe Suid-Afrika. Ons gaan skool saam met mense van ander rasse. Ons word geleer in ander tale as Afrikaans. Ons word op universiteit gekonfronteer deur ander gelowe as Christenskap. Ons kuier saam met ander paartjies as net heteroseksuele genote.

Dié diverse groepe mense vorm deel van ons vriendekring, kerke, skole, sosiale media, liefdesverhoudings en werkomgewings. Hulle daag ons uit. Hulle is ons gelyke. Hulle is gaaf. Hulle is bevoeg. Ons leer by hulle. Ons het gesprekke met hulle.

LEES OOK: ’n Brief aan die Baby Boomers

En ons leer gebruike aan by hul oortuigings en kultuur en ons besef ons word nie bestraf met die vloek van ’n duisend donderslae as ons die LGBTQI+ gemeenskap ondersteun of saam Eid al-Fitr saam met ’n Moslem-vriend vier nie.

Sosiale media gee vir ons ’n stem en ’n sleutel tot die wêreld. Ons word aangemoedig om menings te lug, ons versamel inligting wat ons laat dink en wat ons bevraagteken.

Ons wêreld is so groot soos dié wêreld deur die slimfoon in ons hand. Ons sien hoe ander mense leef en kan dit waarby ons aanklink vind, filter en volg om ’n lewe te bou wat vir ons aanloklik en volhoubaar lyk.

Dis anders as jul grootword-milieu, ma en pa. Julle het grootgeword in hoofsaaklik beskermde wit, Afrikaanse, Christelike skole. Min mense is die geleentheid gegun om die wêreld verder te sien as die buitewyke van die dorp. Die enigste mens van ’n ander kleur met wie julle te doen gehad het, was huis- en plaaswerkers.

Dis anders as jul grootword-milieu, ma en pa. Julle het grootgeword in hoofsaaklik beskermde wit, Afrikaanse, Christelike skole. Min mense is die geleentheid gegun om die wêreld verder te sien as die buitewyke van die dorp.

Min ruimte is geskep vir vrae vra. Die norme en waardes, die reg en verkeerd is gestel deur die kerk en dit is wat die regering, die skool, die universiteit en die huis toegepas het.

Daar was oordeel en verdrukking en verwerping van eksterne posisies as jy anders was en buite die geskepte veilige prentjie geleef het.

Uiteindelik het dit die normaal geword waarvolgens almal in daardie generasies geleef het. Dit het ’n monotone denkwyse geword en die mense het self daardie verdrukking begin toepas – want dit was reg en wat verwag is.

En al was dit nie reg nie, en is dit steeds nie – regverdig dit niks, maar dit verduidelik dit wel. Ouer generasies is nie skeppers van die engheid nie, hulle is slagoffers van ’n ou magstelsel.

Ander agtergrond

Ek dink dis waar die gaping lê – ons maniere van grootword en ons belewenisse en die mense wat ons teëkom, wat ons vorm. Ons reg en verkeerd en wat toelaatbaar is en waarteen ons stry. Ons agtergrond is drasties anders.

Al hoe ons die gaping gaan verklein, is as ons mekaar se agtergronde in ag neem. Ons moet praat en dit wat die ander party nie verstaan nie, in liefde en geduld omhels. Ons moet aanhou verduidelik en kommunikeer. Ons moet mekaar sag hanteer en luister om te luister – nie luister om te reageer nie.

En uiteindelik sal alle misverstande, haat, onbegrip en onmenslikheid verdwyn as ons mekaar as mense sien en mekaar in liefde hanteer. Dis my oplossing.

Iemand gaan stadig maar seker oopkop word as hulle die vryheid en begrip van dié leefwyse sien. Nie omdat jy gesê het hulle moet nie. Maar omdat daar ’n bereidwilligheid van albei partye is om te verstaan.

En uiteindelik sal alle misverstande, haat, onbegrip en onmenslikheid verdwyn as ons mekaar as mense sien en mekaar in liefde hanteer. Dis my oplossing.

Dit klink dalk vanilla, maar te min mense het dit al probeer om te kan sê dit gaan nie werk nie.

  • Sybrand Harris (23) is ‘n finale jaar veeartsenykunde student aan die Universiteit van Pretoria se Onderstepoort-kampus. Hy is gebore in die bosvelddorpie, Louis Trichardt, en het aan die Hoërskool Ermelo gematrikuleer. Hy is ook 'n ambassadeur vir Afrikaans.com.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir Die Student se rubriek-kompetisie, waar studente aan lesers moet verduidelik wat hulle nie van die jonger generasie verstaan nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!
Meer oor:  Diestudentgenerasies  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.