Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Moenie jou Afrikaanse kinders in Engels laat skoolgaan nie'
Shaznay Henney
Shaznay Henney. Foto: Nardus Engelbrecht

Eindelose debatte oor taal en -beleide word jaarliks gevoer en teen dié tyd besef almal dat moedertaalonderrig ’n voorreg vir party, en ’n onreg vir ander is.

Almal behalwe ouers wat hul Afrikaanssprekende kinders na Engelse skole stuur omdat Afrikaans en sy geleenthede klaarblyklik nie ’n belowend genoeg toekoms vir hul bloedjies inhou nie.

“Afrikaans het nie meer ’n plek in die wêreld van hoër onderwys nie”; “Alles in die land is aan die verengels”; “Miskien sal my kind se toekoms in Suid-Afrika rooskleuriger lyk as sy van die begin af in Engels skoolgaan”, en so meer.

Daaroor wil ek sê 1,2,3 blok die tannie wat dink dat die deure van geleenthede wyer gaan oopswaai vir haar blom omdat English Home Language in plaas van First Additional Language op haar matrieksertifikaat verskyn.

Vir haar wil ek sê dat mense deur hul moedertaal bemagtig word en dat kinders hul moedertaal nodig het om behoorlike kognitiewe ontwikkeling te verseker – die taal waarin hulle leer, droom, dink en speel.

Katastrofiese gevolge

Behalwe vir vanselfsprekende faktore soos ’n mens se grondwetlike reg om in jou moedertaal onderrig te word, meen kenners dat ’n voortydige oorskakeling na ’n onderrigmedium wat nie die moedertaal is nie, sonder die behoud daarvan in die onderwyssituasie, katastrofiese gevolge vir die kognitiewe ontwikkeling van sulke kinders kan inhou.

Hulle sukkel dan gevolglik ook om intellektueel en akademies by te hou, in vergelyking met die maatjie wat Engelssprekend by die huis ook is.

LEES OOK: Moenie skaam wees vir jou Afrikaanse aksent as jy Engels praat nie...

Gevolglik ontstaan die vraag: Is dit nie wyser vir ouers om verby die taalbeleid van die skool te kyk en eerder hul keuse te grond op die gehalte van onderwys wat die skool bied nie?

So kan hulle seker wees dat hul kind die beste blootstelling kry en voorbereid genoeg is op die meertalige wêreld daar buite, aangesien die standaard van Engels in Afrikaanse skole heelwat hoër is.

’n Mens hoor dikwels hoe Engelssprekende mense spot dat die gehalte van hul Afrikaanse opvoeding op hoërskool heelwat swakker was.

’n Mens hoor dikwels hoe Engelssprekende mense spot dat die gehalte van hul Afrikaanse opvoeding op hoërskool heelwat swakker was.

Ek kan dit glo, want terwyl ons in die English First Additional Language-klas besig was om onvoorbereide mondeling te praat, het die Afrikaans First Additional Language-klas se juffrou langsaan nie gedink dis nodig of belangrik om vir die klas die dubbele ontkenning in Afrikaans te leer nie: Een van die grondbeginsels van Afrikaans, sou ek sê.

Moedertaalonderrig ’n voorreg

Daar is natuurlik die verskil tussen kommunikasie en akademiese taal. U dogter kan haarself mooi in Engels uitdruk in die geselskap van haar skoonouers, maar hoe vaar sy wanneer daar van haar verwag word om metafore, idiome en dubbelsinnigheid in akademiese tekste te verstaan?

Kan sy verbande insien en afleidings en gevolgtrekkings maak om dit te bewys en te beredeneer? Verstaan sy die groter betekenis van dit was sy gelees het?

Dit is so ’n groot voorreg om in jou moedertaal te mag leer – hoekom jou kind daarvan ontneem wanneer jy vir hulle ’n skool kies?

Niks van die bogenoemde is onmoontlik nie, dit vereis net soveel meer kosbare tyd, inspanning en breinkrag, en kan gevolglik ander aaklige nadele vir haar toekoms inhou.

Dit is so ’n groot voorreg om in jou moedertaal te mag leer – hoekom jou kind daarvan ontneem wanneer jy vir hulle ’n skool kies?

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.