Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Moenie 'n backseat driver wees nie...
Dianri Wessels
Dianri Wessels

Die meeste mense het al met ’n backseat driver kennis gemaak. ’n Passasier wat aanhoudend sanik en snedige uitlatings maak. Dié persoon is natuurlik ’n enorme irritasie vir die een agter die stuurwiel (en die ander in die motor).

Soos backseat drivers in motors is daar ook in die lewe. Dié spul wat alewig kla oor hul situasie, niks daaraan doen nie en almal mal maak. Liewe backseat driver: Dis tyd om self beheer te neem. Die lewe verloop nie altyd volgens plan nie. Daar kom soms slaggate oor jou pad en kronkelpaaie wat jou wie weet waarheen vat. Wat alles vererger, is as jy jou toekoms in iemand anders se hande plaas.

Een ding wat ek in my kort 21 jaar op aarde geleer het: Moenie staatmaak op iemand anders wanneer dit by jou eie geluk en toekoms kom nie. Neem dus verantwoordelikheid vir jou eie lewe. Neem verantwoordelikheid vir jou dade en omstandighede en moenie net oor alles sit en kla nie. As jy vir jou lewe vrees omdat die persoon agter die stuurwiel jaag of verdwaal, skuif self agter die stuur in en kom veilig by jou eindbestemming. Jy sal die rit baie geriefliker maak vir jouself en die res in die motor.

Moenie staatmaak op iemand anders wanneer dit by jou eie geluk en toekoms kom nie.

Deuntjie verander

Een van die hoofredes waarom backseat drivers ’n reuse-irritasie is, is die alewige gekla. Mense hou nie van negatiewe mense nie. Facebook is vol backseat drivers wat daagliks hul frustrasies oor die land, media en die jeug verkondig. Dié backseat drivers sweep alewig mense op en skep ’n negatiewe atmosfeer in die motor. Ons moet waak teen die konstante gekla en gekerm, want dit verander niks nie. Negatiwiteit bring jou nêrens in die lewe nie. Het jy al ooit van ’n suksesvolle sakeman gehoor wat al sy sukses toeskryf aan negatiwiteit? Ek het nog nie.

Dus moet die backseat driver vinnig sy deuntjie verander as hy ver in die lewe wil kom.

Dus moet die backseat driver vinnig sy deuntjie verander as hy ver in die lewe wil kom.

Wanneer die backseat driver besluit om self verantwoordelikheid te neem en op te hou kla, is self-leierskap die eerste stilhouplek langs die pad. Jy moet weet wie jy is, waar jy is en waarheen jy op pad is. Dan moet jy natuurlik weet wat jy moet doen om by jou eindbestemming te kom.

Dit sal dwaas wees om agter die stuur in te klim as jy nie kan bestuur nie, of as jy nie eens self weet waarheen jy op pad is nie. As jy nie eens ’n motor kan aanskakel nie, hoe wil jy die motor bestuur?

LEES MEER: ' ’n Balkie maak nie van jou ’n leier nie'

Self-leierskap is lewensbelangrik, aangesien jy jouself moet ken voordat jy ander mense kan lei. Begin by jouself en dan sal dit kinderspeletjies wees om ander te lei en ’n verskil te maak.

Hoewel dit gerieflik is om ’n backseat driver in die lewe te wees, is dit nie die moeite werd om so aan te gaan nie. As al die backseat drivers van ons land verantwoordelikheid neem, sal ons almal veilig (en gelukkig) by die bestemming aankom.

Met self-verantwoordelikheid, self-leierskap en minder gekla, sal die jeug van backseat drivers in Formule 1-bestuurders verander.

  • Dianri Wessels (21) is 'n derdejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria. Sy studeer BCom menslikehulpbronbestuur. Sy woon al haar hele lewe in Pretoria en het gemartikuleer aan die Hoërskool Garsfontein. Sy sing tans ook in die Tuks Camerata.
  • Meningstukke is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.