Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Moenie op onderwysers neersien nie'
Bianca Gouws

Ek sit die naweek saam met my kêrel en sy ouers by Mugg & Bean toe sy pa vra: “Wanneer maak jy jou onderwysgraad klaar?”

My kêrel studeer meganies, wat in my oë nie die maklikste is om te studeer nie. Ek sit daar, besig met my BA-graad.

Dieselfde aand maak een van sy vriende, wat elektries studeer, ook ’n opmerking dat ingenieurstudente teen hul tweede jaar al beter gekwalifiseer is as onderwysers.

Ek studeer BA taal- en literatuurstudie om eendag Afrikaans te gee en dalk nog ’n dosent te word. Dit is nie moeilike werk nie, maar as jy nie hard werk nie kan jy dit net so maklik sleep soos die ander studierigtings.

Hoekom word daar dan so neergekyk op wat ek studeer?

Die lewe gaan nie net oor geld en ’n groot huis nie en om eerlik te wees, is dit nie wat ek wil hê nie. My lewe draai nie om die beste en vinnigste motor of grootste huis nie, en nog minder die duurste klere.

LEES OOK: BA is nie vir sissies nie

Soos, kom ons wees eerlik, Mr Price het nice klere.

Ek kyk na party van die studente, hulle loop hier rond met Pappa se geldjies. My skat, dis nie jou sukses nie, so laat sak maar jou neusie.

Dit irriteer my meer as ’n dronk ou wat nie weet wat “nee” is in Bourbons nie. Jou ouers se geld en sukses is nie joune nie. Ek is seker daarvan jou ouers het hard gewerk om te kom waar hulle is; nou moet jy dit nog net doen.

Dit is iets wat my pa al die jare vir my geleer het. Sonder harde werk gaan jy nêrens kom nie, maak nie saak hoe baie geldjies Pappa het nie.

Ek kyk na party van die studente, hulle loop hier rond met Pappa se geldjies. My skat, dis nie jou sukses nie, so laat sak maar jou neusie.

Ek verstaan die hele ding oor finansiële sekuriteit en eendag vir jou ouers te sorg. Maar wanneer is genoeg genoeg? Wanneer raak te veel te veel?

En dan, wanneer jy al die goed het, alles wat jy moontlik kon koop, wat dan? Dan gaan jy maar ook dood en lê langs my in die grond.

Is dit dan so verkeerd?

Ek sê nie hiermee moenie jou drome najaag nie. As dit jou droom is om die volgende Bill Gates te wees, go for it!

Maar daar is meer aan die lewe as net baie geld. En baie geld is nie iets om na te strewe nie. Ek wil net ’n eenvoudige, alledaagse mens wees wat in ’n alledaagse huis woon en met alledaagse vriende wyn drink en grappies vertel.

Is dit dan so verkeerd om BA te studeer? Dit is waarin ek goed is en dit is my passie, maar dit kry my onder wanneer mense heeltyd daarop neersien.

Is dit dan so verkeerd om BA te studeer? Dit is waarin ek goed is en dit is my passie, maar dit kry my onder wanneer mense heeltyd daarop neerkyk.

Ek kan ’n grap nou en dan vat, maar soms raak dit te veel. Daar was selfs ’n stadium waar, as mense my gevra het wat ek studeer, dan is my antwoord: “Ek lyk net mooi op kampus.”

Ja, dis ’n lekker grappie, maar daaragter het ek skaam gekry vir wat ek studeer omdat dit nie die moeilikste is of die meeste geld eendag gaan inbring nie. En om eerlik te wees is ek nou net mooi keelvol vir die judgement oor wat ek studeer.

Ek wil nie eendag in ’n kantoor sonder ’n venster sit en my werk haat nie, en dit net doen omdat dit goeie geld is nie. Dis nie wie ek is nie, maar sterkte as dit jy is.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.