Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Moenie sit en wag vir beter dae nie
Jané de Wet
Jané de Wet

In 1952 seën Samuel Beckett die literêre en teaterwêreld met En attendant Godot – beter bekend as Waiting for Godot.

En hierdie stukkie skryfwerk wag beslis vir niemand nie. Dit leef vandag nog voort.

Dié grensverskuiwende tragikomedie volg die eenvoudige tog interessante en tragiese lewens van Wladimir en Estragon.

Die twee wag in spanning op ’n merkwaardige man – ’n man wat nooit opdaag nie.

En ook nooit gaan nie. In hul afwagting gaan hulle voort met hul daaglikse roetines van eet en slaap en gesels.

Die roetine word opgekikker met ’n lied of twee, die uitruil van hoede – in wat beskryf kan word as ’n intense hoedespel – en selfs selfmoordpraatjies.

Dit bly praatjies, want die daad self is heeltemal te veel moeite. Hulle stry en baklei natuurlik ook tussenin.

Die roetine word opgekikker met ’n lied of twee, die uitruil van hoede – in wat beskryf kan word as ’n intense hoedespel – en selfs selfmoordpraatjies.

Al hierdie dinge in ’n halfhartige en ietwat lafhartige poging om die tyd vinniger te laat verbygaan.

En natuurlik om die realiteit en die waarheid te onderdruk. wag. Wag vir iemand wat nie gaan opdaag nie en iets wat nie gaan gebeur nie.

Die geleenthede gaan nie langs jou kom sit nie

Hierdie is nie ’n tesis vir ’n meestersgraad nie. Dit is nog minder ’n teaterresensie en ek wil beslis nie die storie sommer net so oorvertel nie, want almal moet hierdie stukkie teater-erfenis minstens een keer in hul lewe lees of aanskou.

Ek gebruik net Beckett om ’n beter prentjie van ons wêreld vandag te skets. Of ons dit nou wil erken of nie, daar is ’n stukkie van Wladimir en Estragon in elkeen van ons.

LEES OOK: ROLENE SKRYF: Dís hoe ek my tyd bestuur

Dit is 2019, meer as 60 jaar ná die debuut van Waiting for Godot en ons is steeds in permanente afwagting. Sommige mense wag op beter geleenthede, ander wag weer op die perfekte oomblik, terwyl daar diegene is wat net wag. Waarvoor almal nou eintlik wag, weet nugter alleen.

Almal verdien ’n afdag en ’n dag of twee van rondsit en eksistensialisme, maar langer as dit kan jy nie sit en wag nie, maar voordat ons daarby kom, eers ’n verskoning.

Ek vra nederig om verskoning vir die demper wat die volgende paar paragrawe dalk op jou gemoed gaan plaas, ek is werklik jammer dat ek jou ballon of seepbel van ’n sprokieswêreld nou gaan laat bars.

Geleenthede gaan nie in 2019 aan jou deur kom klop nie en hulle gaan nie soos diewe in die nag by die venster inklim nie; die onus is op jou om jou eie deur te bou met hamer, spykers en baie harde werk. Moenie wag nie.

Sprokies bestaan ongelukkig nie in hierdie komplekse en soms wrede wêreld waarin ons leef nie. ’n Geleentheid in die vorm van ’n ridder op ’n wit perd gaan jou nie kom “red” uit jou wagtydperk nie. Jy moet jouself red.

Die probleem is nie ’n tekort aan geleenthede nie, daar is baie geleenthede daar buite. Maar dís juis die probleem vir dié wat so sit en wag. Hulle sit almal in hul veilige ruimtes, te bang vir wat buite is, veral die teleurstelling, verwerping en die gevreesde, “nee”.

LEES OOK: 'Die Here seën ons elke dag met 'n pragtige begin'

Die realiteit is dat geleenthede nie langs jou kom sit en saam met jou na die sonsondergang kyk nie, nee.

Jy moet ophou wag, opstaan en die geleentheid gaan soek, jy moet hom gaan haal en aangryp met albei hande.

Geleenthede gaan nie in 2019 aan jou deur kom klop nie en hulle gaan nie soos diewe in die nag by die venster inklim nie; die onus is op jou om jou eie deur te bou met hamer, spykers en baie harde werk. Moenie wag nie.

Jy gaan lank wag

’n Studie deur die United States Highbush Blueberry Council is onlangs bevind dat die gemiddelde mens net 15 perfekte dae per jaar het.

Die ander 350 (en ’n kwart) is doodgewoon, terwyl daar natuurlik ook ’n paar slegte dae is.

Die studie staaf net weer die feit dat jy nie vir die perfekte oomblik of geleentheid kan wag nie, want jy gaan bitter lank wag.

Dit is jou verantwoordelikheid om gewone dae te omskep in dae wat jy nooit sal vergeet nie. Verdubbel self daardie 15 perfekte dae tot 30 en wees ’n bogemiddelde mens.

Dit is jou verantwoordelikheid om gewone dae te omskep in dae wat jy nooit sal vergeet nie. Verdubbel self daardie 15 perfekte dae tot 30 en wees ’n bogemiddelde mens.

Neem die risiko.

Waag die kans.

Eet die ekstra sny koek en ruil jou wyn vir sjampanje.

Moenie wag nie.

LEES OOK: Studente, moenie dat besluite jou oorweldig nie!

Tyd is alles wat ons het en nie het nie. ’n Dag-tot-dag-roetine laat die tyd verbygaan, daardie iets-om-te-doen vir elke uur van elke dag soort leefstyl gevul met afleidings soos goeie musiek, kuns, vriende en stokperdjies help ook om die wyser vinniger te laat beweeg.

En as ons die leë ruimtes, stiltes en minute tussenin mors deur te wag gaan ons nooit werklik kry wat ons wil hê of wat ons verdien nie. Moenie wag nie.

Wat ook al jou “Godot” mag wees, moenie wag nie, ek weet ek klink teen hierdie tyd soos ’n dominee wat ’n ellelange preek afsteek of ’n ou langspeelplaat wat vashaak, maar dit is die waarheid. Moenie net wag nie.

In die woorde van iemand met baie meer wysheid as ek, moenie net ’n geleentheid of die perfekte oomblik gaan soek nie, skep dit.

  • Jané de Wet (20) studeer BA Media, Kultuur en Kommunikasie aan die Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth. Sy het ook in die Baai groot geword.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees meer meningstukke hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.