Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Moenie styl en mode met mekaar verwar nie!

Terwyl ons geneig is om die jongste modes te volg, dink ek dit is hoog tyd dat ons begin opkom vir wie ons regtig is, ondanks die opofferings wat ons dalk sal moet maak.

Cilmie Geyer
Cilmie Geyer

Aanvaarding is die sleutel tot die ontwikkeling van jou individualiteit. Ja, jy is dalk nie almal se koppie tee nie, maar dit is hoekom jy die ingesteldheid moet hê dat jy ’n Fruitloop in ’n wêreld vol Cheerios gaan wees.

Styl is dikwels iets wat met mode verwar kan word. Om jou eie styl te skep, beteken om klere te dra wat by jou figuur en persoonlikheid pas.

Soos Walt Disney gesê het: “Moenie probeer inpas as jy gebore is om uit te staan nie.”

Moenie net vir die jongste modes val nie, moenie net die tipiese kombinasie van kort broekie en kort hempie dra omdat almal anders mooi lyk daarin nie.

As dit nie jou figuur pas nie, beteken dit nie jy is lelik nie. Aanvaar die manier waarop jy gebou is. Soos Walt Disney gesê het: “Moenie probeer inpas as jy gebore is om uit te staan nie.”

Sê koebaai vir jou gemaksone

’n Persoonlike handelsnaam is eintlik maar ’n opsomming van wie jy is, waarvoor jy staan en hoe mense jou ervaar.

Dit is so belangrik in die tegnologiese era waarin ons leef.

LEES OOK: Studente, moenie dat besluite jou oorweldig nie!

As ons op ’n positiewe manier na sosiale media kyk, is dit ’n plek waar jy werklik kan opkom vir sekere kwessies en ander kan motiveer.

Maak nie saak of mense jou snaaks aankyk nie, dis hoe jy jouself kan uitdruk en jou waardes op ’n outentieke manier wys.

Individualiteit is iets met verskeie aspekte, styl, taal, kultuur, ervaringe en waardes.

Reik eerder uit na mense, maak seker dat jy buite jou gemaksone beweeg, want eers dan kan jy groei tot die mens wat jy werklik is.

Hoe vervelig sou die lewe nie gewees het as almal dieselfde was nie. Selfs al is jy die enigste een met ’n opinie oor ’n sekere onderwerp, maak dit steeds jou eie.

Daar is twee soorte mense in die wêreld, dié wat in ’n bepaalde groep funksioneer en dan dié wat deur ’n verskeidenheid groepe kan funksioneer. Moenie verplig voel om by ’n sekere groep te bly nie, of dit nou in vriendskap of in besigheid is.

Die gesprekke gaan begin vervelig raak. Waar is die vooruitgang in hierdie soort leefstyl?

Reik eerder uit na mense, maak seker dat jy buite jou gemaksone beweeg, want eers dan kan jy groei tot die mens wat jy werklik is.

Moenie ’n skaap word nie

Groepsdruk en oordeel is twee baie werklike konsepte wat ons individualiteit onderdruk.

Ek word ook daagliks met hierdie twee konsepte gekonfronteer.

LEES OOK: Pasop om 'n tropdier te word

Dit kan jou óf dreineer óf inspireer en jy moet daagliks die keuse maak.

Niemand het ooit gesê die lewe is maklik nie, maar jy kan dit die moeite werd maak deur bewustelike besluite in jou daaglikse lewe te neem.

Oorkom die hindernisse van modes, groepe, oordeel en groepsdruk, deur dit te beskou as ’n uitdaging om te groei en geniet jou individualiteit.

“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.” – Rom. 12:2

In anatomie leer ons dat mense van binne en buite verskil, alhoewel ons uit dieselfde basiese strukture en sisteme saamgestel is.

Daar is ’n rede hiervoor, moet dus nie jouself bluf en een van die skape word nie.

Alle mense verskil in hul natuur en almal word anders gebore. Moet daarom nie belaglik voel as jy anders voel of aantrek as ander nie.

“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.” – Rom. 12:2

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.