Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Monopoly vir millenniërs
Herschelle Benjamin

Net toe ek dog die wêreld het uiteindelik vrede gemaak met millenniërs en ons flat white, avokado-loving wokeness, social activism, entitlement, tydelike popularisme, decolonisational spirits en modegeure, loop sta’ en maak hulle wragtigwaar ’n Monopoly-speletjie net vir ons! Die cheek.

En dis allesbehalwe vleiend. Terloops, dis dalk net té millennial vir millennials.

Die Amerikaanse speelgoedmaatskappy, Hasbro, het verlede week die nuwe weergawe van hul geliefde klassieke bordspeletjie, Monopoly, bekend gestel.

In dié nuwe Monopoly for Millennials stel millennials glad nie belang in eiendom nie, maar liewer in ervarings. Volgens Hasbro se slagspreuk stel ons nie in eiendom belang nie, want ons kan dit in elk geval nie bekostig nie. Nog meer lagwekkend, word die stinkryk Uncle Pennybags uitgebeeld op die verpakking met ’n koppie koffie, oorfone en ’n lapelmedalje genaamd: Participation.

Die nuwe bordstukke is ’n hutsmerk, kamera (vir selfies natuurlik), sonbrille en ’n huilende emoji in plaas van die oeroue karretjie, boot en swart hoed.

Die blurb van die bordspeletjie lui soos volg: Adulting is hard. You deserve a break from the rat race!

Die blurb van die bordspeletjie lui soos volg: Adulting is hard. You deserve a break from the rat race!

In Monopoly for Millennials speel jy vir ’n kuier op ’n vriend se bank, ete by ’n vegan-restaurant, musiekkonserte van 3 dae of ’n wegbreekkans by ’n ontspanningsplek vir meditasie.

‘Not on the same Whatsapp-group’

Die internet het behoorlik gegons en talle jongmense het hulle na Twitter genoop om te sê hoe aanstootlik en belaglik die bordspeletjie is.

Natuurlik is millennials offended – dis immers hulle past time.

Hasbro het dadelik ’n verklaring uitgestuur om te verduidelik dat dit nooit hul intensie was nie, maar liefs vir ’n “lighthearted game that allows millennials to take a break from real life and laugh at the relatable experiences and labels that can sometimes be placed on them”.

En met al die slegte reaksie op Twitter verkoop dit steeds soos soetkoek. Op Walmart se website is die $19.82 (sowat R282) bordspeletjie reeds uitverkoop.

Wil jy of wil jy nie? (Hoe het ek dit met jou?)

Ek moet bieg dat selfs ek wil graag die speletjie hê vir ’n Kersfees of verjaarsdaggeskenk want het ons nie al genoeg gehad van 30 seconds wat altyd eindig in bekgevegte nie? En hoewel 30 seconds en sy aanspraak tot mens se algemene kennis baie meer belangrik moet wees, dink ek tog dat hierdie kapitalisties-innoverende produk wel die bielie sal kielie tussen ’n groep vriende op ’n luilekker dag.

Wie weet, dalk hou die bordspeletjie ’n spieël op wat millenniërs broodnodig het en laat dink oor wie en wat ons is. Tog, hoe meer ’n mens vir jouself kan lag, hoe meer kan ’n mens die lewe geniet.

Maar wat dan?

Ja, dis net ’n speletjie wat poog om die humoristiese kant van millenniër wees uit te wys, maar hoe is dit nie net nog ’n manier vir die wêreld om neerhalend te wees oor die 22 tot 35 jaar oud demografie wat so gedurig afgemaai word nie?

Ons is té dit of té dat en hoewel die wêreld vinnig verander, word daar steeds verwag dat ons nostalgies klou aan die ou dae en ou doen van dinge.

Wie weet, dalk hou die bordspeletjie ’n spieël op wat millenniërs broodnodig het en laat dink oor wie en wat ons is. Tog, hoe meer ’n mens vir jouself kan lag, hoe meer kan ’n mens die lewe geniet.

En dan laat dit my dink aan millenniër wees self? Is dit hoe geskiedenisboeke ons gaan skets? Is dit regtig waar dat ons ’n sosialemedia-rekening hoër ag as boeke? Hap ons die hele tyd lug, maar versaak in ons taak om enduit te hardloop?

Is openbare persepsie en opinies belangriker as eie selfkennis en wysheid? Is ons emosionele intelligensie sterk genoeg? Gaan ons in die toekoms gedy met die belangrike kwessies soos veranderende tegnologieë, wêreldpolitiek, klimaatsverandering, gesondheidskrisisse en globalisering?

HERSCHELLE SKRYF OOK: Is dit tyd vir die ou toppies om hulle tasse te pak?

Dis nie die enigste vrae wat in my kop maal nie, want die ingewikkeldheid van ons tyd, tendense, politiek, klimaat, kulture, gelowe, tale en stand van samelewings het tog ook ’n belangrike invloed. Dit is nodig dat ons die plesier en regte met die verantwoordelikhede aanvaar.

Is Monopoly for Millennials regtig hoe ons daagliks lewe? Of wil lewe?

Dalk vir sommige van ons wat genoeg geld het, maar die speletjie sal behoorlik moet kielie sodat my tone krul daardie eerste probeerslag, want anders prop ek dit in ’n kas wat ’n mens nie graag wil oopmaak nie.

Vir eers, soek ek maats om met my Monopoly for Millennials te speel.

  • Herschelle Benjamin (22) is besig met 'n meestersgraad in drama en teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is oorspronklik van Piketberg en is tans 'n intern by Netwerk24 se kunsredaksie.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier.

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.