Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
My bra, my keuse!

Ek kom onlangs op Facebook af op die kommentaar van ’n anonieme self-proclaimed oom wat iemand se integriteit betwyfel omdat hulle ’n advertensie vir ’n onderklerewinkel plaas.

Sulke onsedelike dinge moet na sy mening nie aan beïnvloedbare, ongetroude, jong mense geadverteer word nie.

Colette Combrink.
Colette Combrink.

Rede nommer 473 om (weer) van Facebook af pad te gee.

Ek wil nie in die oom se karakter klim en afleidings maak oor waarom hy dadelik aan seks dink as hy onderklereadvertensies op die internet sien nie, maar dit het baie vrae by my laat ontstaan.

Tog gaan ek geen oom op sosiale media aanval nie, want dit is net so ondeurdag as sy kommentaar.

Die groot probleem waarmee ek worstel, is waarom onderklere, of eintlik enige soort klere, dan met seks geassosieer word.

In konteks is dié onderklerewinkel, met sy mooi advertensie gemik op Valentynsdag, al langer as ’n dekade lank ’n gerespekteerde onderneming op die dorp waar jy onder- en swemklere van die beste gehalte kan aanskaf.

LEES OOK: Seks, selfdood en slimfone: Studente trap nie meer op eiers nie

Ja, ek stem saam dat die advertensie effens suggestief kan wees, nes elke ander Valentynsadvertensie, hetsy vir sjokolades, teddiebere of kondome. Dis die aard van Valentynsdag.

Ek sê nie dit is goed nie, inteendeel, maar dit lyk nie of die “gemaakte dag” vinnig uit ons lewe gaan verdwyn nie.

Ek doen dit vir my

Die groot probleem waarmee ek worstel, is waarom onderklere, of eintlik enige soort klere, dan met seks geassosieer word.

Hoekom neem mense aan ek het die een of ander perverse idee as ek vir my ’n mooi bra met ’n bietjie kant wil koop omdat dit mý mooi laat voel?

My keuse van bra’s het niks met jou idees van seks te doen nie. My keuse van wat ek dra, of dit nou ’n laehals-toppie, ’n kleurvolle bra of ’n g-string is, is nie veronderstel om jou te pla nie.

Vroue, die meeste in elk geval, kies nie klere om mans te beïndruk nie. Ons kies klere om by ons dag se skedule, die weer, ons bui, ons wasdag-skedule en selfs by ons maandstonde te pas.

Ja, jy moet respek vir jou eie lyf hê en vir die mense om jou. Dis juis waarom ek vir mysélf die mooiste moontlike onderklere aanskaf.

Want as ek gemaklik en mooi en goed in my eie lyf voel, is die wêreld vir my en die mense om my werklik aangenamer.

Vroue, die meeste in elk geval, kies nie klere om mans te beïndruk nie.

LEES OOK: Dís hoe die nuwe seksuele revolusie lyk

Ons kies klere om by ons dag se skedule, die weer, ons bui, ons wasdag-skedule en selfs by ons maandstonde te pas. Mans is nie eens op daardie lysie nie. Seks is nóg minder op daardie lysie.

My bra is my keuse. En as jy hom toevallig sien, weet dit was ’n baie gelukkige dag in my lewe toe ek hom aangeskaf het, net soos die dae wanneer ek hom dra.

Ek doen dit vir myself, vra vir elke vriendin wat ? opgewonde stemnota gekry het oor die ongelooflike mooi winskopie wat ek met my “niesedige” swartkantbra gekry het.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.