Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
My hart klop vir teer- én grondpad

Road

Om van een provinsie na ’n ander te verhuis, is ’n algemene ding om te doen. Dit sluit redes in soos werksgeleenthede, om te studeer of selfs omdat jy ’n nuwe begin elders wil maak. Ná die groot trek vat dit tyd om aan te pas, want jy moet nuwe mense leer ken – asook die omgewing.

Ek is oorspronklik van Springbok, maar ons het Kaap toe verhuis toe ek drie jaar oud was. So natuurlik het ek nie baie geweet van my tuisdorp nie, aangesien ek nog ’n kleuter was. Baie mense is verbaas as hulle hoor dat ek eintlik van die Noord-Kaap kom. “Nou waar is jou aksent,” is iets wat ek gedurig hoor. Dan moet ek my geskiedenis vertel en verduidelik dat ek my lewe in doeke daar deurgebring het en dat my ma ’n Kapenaar is wat ook nie die aksent het nie. Nog nie oortuig van my herkoms nie, begin ek maar my familielede opnoem en dan lyk dit asof ek hulle wel oortuig het.

Chànde van der Westhuizen
Chànde van der Westhuizen

Wanneer ek gaan kuier vir my familie in die Noord-Kaap, is dit dieselfde storie. Ten minste hoef ek darem daar niemand te oortuig nie, want daar weet hulle sommer self wie jou familie is. Maar wat effens anders hier is, is dat ek gedurig herinner word dat ’n Kapenaar nie ’n Namakwalander is nie.

“Jy het die grondpad vir die teerpad geruil, meisietjent.” Nêrens kan jy wen nie!

Natuurlik spot en kompeteer albei provinsies ook met mekaar. Die Noord-Kaap het nie water nie en die Kaap, wat self ’n waterkrisis het, moet nog hulle bietjie water ook deel. In die Kaap hang die besoedeling soos ’n wolk in die lug en jy kan niks sterre sien nie, in teenstelling met die platteland. Dan is daar ook die idee dat net sekere mense ’n tegniek het om die grondpad te ry. Met dit stem ek saam, want jy moet kan onderskei tussen drag racing en 4x4. En ja, daar is toegang tot die internet in dié dorpies.

Elkeen van die provinsies is ook uniek. Daar is niks mooier as die Namakwalandse blommetjies ná die winter nie. En waar anders gaan ons nog ’n Tafelberg kry? Ja, die een provinsie bied iets wat die ander een nie het nie, maar is dit nie goed om te weet dat jy al meer as een provinsie besoek het nie?

Net omdat ek van een provinsie na ’n ander verhuis het, beteken dit nie dat ek net die een waardeer nie. Ongelukkig het ek nou nie die Namakwa-aksent nie, maar ek kan darem “nxa” sê om my bas te red.

Ek weet hoe om ’n ghellie-blik aan die gang te kry en hoe om tameletjies te maak. Ek is nou nie in die Kaap gebore nie, maar ek weet hoe die weer hier werk. Ek was al baie maal by die gewese Ratanga en het jaar ná jaar die Kaapse Klopse gesien.

My hart begin nie waar die teerpad eindig nie, maar klop vir teer- én grondpad.

  • Chànde Frania van der Westhuizen studeer tans Afrikaans-Nederlands en sielkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy woon in Kuilsrivier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.