Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'My reaksie op die ope brief aan Steve'
Lorinda Pretorius. Foto: Martin de Kock
Lorinda Pretorius. Foto: Martin de Kock

Ek scroll gisteraand deur Facebook en orals waar ek kyk is daar DRAMA, DRAMA, DRAMA.

Tussen Steve Hofmeyr en James Charles kan ek nie meer byhou nie.

Vir my is die hartseer ding die manier waarop mense mekaar hanteer. Veral op sosiale media. Of jy nou saam met Francois van Rensburg stem of nie, dit is nie nodig om sy menswees aan te val nie.

Dieselfde geld Steve.

Lees Francois van Rensburg se brief aan Steve Hofmeyr hier.

Ek is nou nie ’n fan nie, maar ek het tog nog altyd respek gehad. Dit was tot die “Wie de donner noem hulle kind Almero Welgemoed”-insident. Hy het Almero aangeval op ’n persoonlike vlak bloot omdat hulle van mening verskil het.

In elk geval.

In die lig van die Steve-drama gaan ek kommentaar lewer (namens myself) op twee ope briewe. Die eerste brief is deur Francois van Rensburg geskryf aan Steve Hofmeyr. Die tweede brief is deur Devon Hofmeyr geskryf aan Francois van Rensburg. Lees gerus eers albei briewe voordat jy hierdie artikel aanpak.

Lees Devon Hofmeyr se brief aan Francois van Rensburg hier.

Moenie goed doen wat ander aanstoot gee nie

Francois van Rensburg, ek kan sien wat jou hart agter die brief aan Steve was en ek deel dit.

Dit was die dag nadat Steve sy kompetisie aangekondig het waar jy R10 000 kon wen deur vir hom ’n video te stuur oor hoe jy jou DStv-toerusting breek. Ek het byna ook iets daaroor geskryf, maar jy het my voorgespring.

Dis moeilik vir mense soos ek, Francois, om te verstaan hoekom Steve Hofmeyr sy stryd met MultiChoice só moet behartig. Ek stem nie saam met MultiChoice se besluit nie, maar ek stem ook nie saam met die manier waarop Steve die situasie hanteer nie. Veral omdat hy as ’n rolmodel gesien word deur ander en sy Christen-baadjie so trots dra.

Volgens my gee Steve Hofmeyr se liedjies nou nie eintlik aanstoot nie, maar sy houding definitief. Die vraag agter die ou landsvlag en “Die Stem” is: Wat is die doel daaragter? Ek kan nie uit ’n ander perspektief as ’n Christelike een praat nie, maar ek weet Paulus is baie ernstig daaroor dat ons spesifiek nié goed moet doen wat mense aanstoot kan gee nie.

Volgens my gee Steve Hofmeyr se liedjies nou nie eintlik aanstoot nie, maar sy houding doen definitief.

Ek verstaan dat party mense trots is op die ou Suid-Afrika en as jy na “Die Stem” wil luister in jou stort of bed waar niemand dit kan hoor nie, is jy welkom.

Maar wanneer jy in ’n Afrika-land bly en deel is van die 8,9% wit mense met ’n geskiedenis as onderdrukker, dan los jy maar die vlag onder jou bed en "Die Stem" in jou kop. Want ons is geroep om ander bo onsself te sit en dis nie altyd lekker of maklik nie, maar dit is hoe dit is.

Jy kan nie my menswees aanval nie

Dan aan Devon Hofmeyr: Dit is duidelik dat hierdie brief van Francois van Rensburg vir jou ’n ernstige saak is. En natuurlik is dit jou reg om jou opinion te lig. My vraag is wel, hoekom moet jy Francois se menswees aanval?

Dan dink ek ook dit is belangrik om te besef dat plaasmoorde nie rassisme regverdig nie. Ek is bewus van die plaasmoorde en dit is absoluut afgryslik, maar twee verkeerde dade regverdig niks.

My vraag is wel, hoekom moet jy Francois se menswees aanval?

Ek is die eerste mens wat vir wit én swart mense preek oor rassisme, want dit is nooit geregverdig nie.

Wat Julius Malema sê is ook nie reg nie, maar jou dade of Steve se dade word nie gemeet aan Julius s’n nie.

Laastens wil ek sê dat jy welkom is om van my te verskil en ek wil nie namens jou praat nie. Ek wil wel vra dat wanneer jy comment of share jy my opinie van my menswees sal skei.

Jy is welkom om my opinie aan te val, maar nie geregtig daartoe om my menswees aan te val nie.

  • Lorinda Pretorius (20) studeer BA Sielkunde aan die Universiteit van Johannesburg. Sy het in Naboomspruit, Carolina en Pretoria grootgeword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.