Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
My stemdag uit die hel
Elani Nell
Elani Nell. Foto: Martin de Kock

As jy nie stem nie, kan jy nie kla nie. Maar my bloed het so gekook dat ek amper nie gestem het nie en bereid was om nooit weer te kla nie.

Ek was op die punt om vir die ongeskikte dame te sê druk jou stembrief, maar toe onthou ek, dink aan die toekoms – my toekoms, jou toekoms.

Ek en my buurvrou het besluit om net voor 09:00 te gaan kyk hoe lank die ry is en maar te staan as dit nie te lank is nie. Wat klaar is, is mos klaar?

Die ry was nie te lank nie, en almal om ons was vriendelik. Ek het eintlik gevoel ons is soos ’n klomp miere wat nes toe gaan, net om eintlik te weet dat die koningin steeds gaan bly regeer.

Ons het stadig maar seker nader aan die tente beweeg.

Die twee mans wat agter my gestaan het, swot ingenieurswese by Tuks, maar hulle wil free education hê, al het hulle reeds ’n beurs.

Hulle vra my mos natuurlik vir wie ek gaan stem, en my antwoord was soos volg: “Ek gaan vir die ACDP stem. Ek dink ons kort eers God terug in ons land voordat enigiets sal beter gaan. Maar dis net my mening.”

Hulle vra my mos natuurlik vir wie ek gaan stem, en my antwoord was soos volg: “Ek gaan vir die ACDP stem. Ek dink ons kort eers God terug in ons land voordat enigiets sal beter gaan. Maar dis net my mening.”

Ek weet hulle was verbaas, en ek wou regtig nie in ’n politieke gesprek betrokke raak nie, veral nie in die middel van Hatfield nie.

Die ry beweeg nader en nader aan die tente, ek wil net huis toe gaan, want ek het nie krag vir #FeesMustFall nie. Ek wil net in vrede lewe.

My duim is gemerk, maar my kruisie nie getrek

My buurvrou is na haar tent en ek na myne. Ek dink by myself: “Nou gaan dit vinnig gaan!”. Ha-Ha-Ha.

“You are not registered to vote”. (Maar sy merk my duim met die koki.)

“Jammer?” vra ek in my ordentlikste stemtoon, want ek weet ek het geregistreer en ek mag stem. En hoekom merk jy my duim as jy vir my sê ek mag nie stem nie?

“Sorry. Go stand in that line.”

LEES OOK: VERKIESING 2019: Waar gaan ons oor 'n paar jaar wees?

’n Mens vra nie vrae nie, ’n mens baklei nie, ’n mens luister, en ek het geluister, en gestaan en wag en wag en wag. Maar ná 45 minute van niks, stap ek na ’n raadslid en vra: “Wat gaan aan?”

Sy antwoord het my geskok. Hy sê dat die vrou (wat besig is om stembokse op haar tyd te vou en toe te plak) my sal help.

Met dié dink ek mos, orraait, sy is op pad, sy het mos nou gehoor ons kort haar. Ha! Sy vat haar tyd en vou nog drie bokse, terwyl sy so elke nou en dan na ons kyk.

Weer eens weet ek nie wat aangaan nie, en hoekom is ek in hierdie ry?

Hoekom het my duim ’n merk as ek nog nie my kruisie gemaak het nie?

Die mense maak my naar en negatief

Uiteindelik kom sy by die tafel, sit en vul ’n vorm in. Sy help die eerste persoon. Hy gaan stem. Sy staan op en begin wegloop. Ek vra haar waarheen sy gaan, en sy antwoord my kortaf: “Break”. Wat?

Voordat ek iets kon sê, vlieg die Zoeloe-vrou agter my haar in en sê: “Go sit on your ass and do your effing job. Now!”

My bloed het gekook, want ek kon niks doen nie. Niemand het vir my geluister nie, en die eindelose tou van verwarring het net langer en langer geword. En as ek iets sou sê, iets sou vra, was ek die vark in die verhaal en op die voorblad van Beeld.

Suid-Afrika? Ek weet nie. Ek haat jou nie, ek is baie lief vir jou, en ek sweer ek probeer ’n goeie mens wees en aan die toekoms dink. Maar, ek weet nie meer nie. Jou mense maak my naar en negatief.

Toe sy my uiteindelik help, kon ek die haat in haar sien. Suster, dis nie my skuld jy werk hier nie. En jy word betaal. Baie betaal. Ek het niks aan haar gedoen nie. Hoekom my so hanteer?

My arme stembrief het ’n die-moer-in kruisie gekry, en ek dink ek het dalk die pen gekraak terwyl ek my kruis gemaak het. Dit was 11:30.

Suid-Afrika? Ek weet nie. Ek haat jou nie, ek is baie lief vir jou, en ek sweer ek probeer ’n goeie mens wees en aan die toekoms dink. Maar, ek weet nie meer nie. Jou mense maak my naar en negatief.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.