Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
’n Dag kan jou lewe verander
Marisa De Kock
Marisa De Kock

Op vanjaar se Woordfees het ek en van my vriendinne na Die Intermissie gaan kyk.

Dit was ’n baie goeie sketskomedie deur Bennie Fourie. In ’n stadium stel hulle die retoriese vraag “Weet jy hoe baie kan in ’n week gebeur?” en dan ook “Weet jy hoe baie kan in ’n dag gebeur?”

’n Dag is ’n dag. Elke dag is mos maar ewe lank. Ek het nie toe gedink veel kan in ’n dag gebeur nie. Ek is dan presies dieselfde mens as gister. Niks het regtig verander nie?

Ek het onlangs besef hoe baie in een dag kan gebeur. Dit kan alles verander. ’n Dag. Jou lewe is dalk nooit weer dieselfde nie.

’n Dag is nooit net nog ’n dag nie. Daar is ’n rede vir jou bestaan in elke dag.

Daar is ’n rede vir alles waardeur jy in jou lewe gaan. Dit vorm jou. Dit versterk jou. Dit breek jou af. Dit bou jou op. Dit maak jou wie jy is en wie jy kies om te wees. (Ja, dit is jou keuse wie jy wil wees.)

Jy kan nie gister verander nie

Weet jy hoe baie kan in ’n week gebeur? Ek het baie geleer die afgelope week. Oor myself, my vriende, God en ander mense. Hier is ’n lysie van wat ek als geleer het in die besige week:

1) Die lewe werk nooit uit soos jy dit beplan nie. Nooit. Nie presies nie. Nie perfek nie, maar soos dit moet en hoe God dit beplan het. Jy moet net vertrou dat sy plan sal uitwerk soos dit moet.

2) Leef. Leef voluit. Dit klink maklik, maar dis moeiliker as wat dit klink. Leef in die nou. Moenie jou bekommer oor wat nog moet of gaan gebeur nie en moet jou ook nie bekommer oor wat gebeur het nie. What will be will be. Vertrou op God.

Jy kan nie gister verander nie en jy kan nie beheer wat môre gaan gebeur nie. Jy kan wel bepaal hoe jy nou leef.

Jy kan nie gister verander nie en jy kan nie beheer wat môre gaan gebeur nie. Jy kan wel bepaal hoe jy nou leef. Ek is geneig om te tob oor die verlede en te stres oor môre en vergeet van nou en hier.

3) Waardeer jou geliefdes. Dit is die mense met wie jy jou lewe deel en herinneringe mee skep en met wie jy geseën is. Hulle maak jou ook wie jy is. Hulle vorm jou. Jy weet nooit wat môre kan gebeur nie – waardeer hulle terwyl jy kan.

4) Daar is redes vir alles wat gebeur. Ons verstaan nie aldag hoekom sekere goed gebeur nie maar daar is altyd goed in die sleg. Dit hang af van hoe jy dit wil sien. Mindset is key. Probeer om in slegte situasies te soek vir die goeie en hou daaraan vas.

5) God is my toevlug. Wanneer ek deur ’n moeilike tyd gaan, is God altyd daar. Wanneer jy buite beheer voel, weet net God is in beheer en glo en vertrou.

LEES OOK:  Dít is die ‘hart’ in hartsmens

6) Mense gaan nie vir altyd daar wees nie. Vriende kom en gaan. Party bly ’n leeftyd jou vriende, ander net lank genoeg om jou iets te leer. Elke vriendskap is uniek en elke vriend of vriendin kan iets spesiaals vir jou beteken. Omring jou deur mense wat jou opbou, wat jou motiveer, ondersteun, liefhet en net die beste vir jou wil hê.

My beste vriende en vriendinne motiveer my om elke dag myself te wees en te groei tot ’n beter “ek”. My vriende aanvaar my nes ek is en probeer my nie verander nie. Ek waardeer hulle elke dag net meer net meer.

7) Moeilikste van alles: Leer om jouself te aanvaar en lief te hê. Met foute en al. Jy is nie op die aarde gesit om nes iemand anders te wees nie. You were made with a purpose. Jy het ’n doel in die lewe en jy het die mag om ’n invloed op ander mense se lewe te hê solank jy dit verantwoordelik gebruik. Werk aan die dele van jouself waarvan jy nie hou nie, maar wees lief vir jouself en aanvaar jou foute. Niemand is perfek nie.

As jy dink jy is te selfsugtig – werk daaraan, maar moenie jouself afbreek nie. Ek het onlangs besef as ek my foute aanvaar, kan niemand dit teen my gebruik nie.

Besluit wat vir jou in die lewe belangrik is en streef dit na. Koester dit.

Besluit wat vir jou in die lewe belangrik is en streef dit na. Koester dit.

8) Jy is altyd sterker as wat jy dink. Jy het al jou slegte dae sover oorleef. Daardie dae wat soos die einde van jou wêreld gevoel het, het jy almal oorleef. Jy is sterker as wat jy besef. Die lewe is rof, maar jy is sterk genoeg daarvoor. Onthou waar jou krag vandaan kom.

Daar is in elke dag iets om te leer, iets om voor dankbaar te wees en iets om te gebruik tot jou voordeel in die toekoms. Jy moet net besluit of jy dit wil raaksien of nie.

Weet jy hoe baie kan gebeur in ’n dag?

  • Marisa de Kock (19) studeer BCom Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom oorspronklik van Caledon in die Overberg.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy die student se whatsapp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.