Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
’n Ope brief aan Donald Trump
Schalk Bezuidenhout.
Schalk Bezuidenhout.

Donald . . . ek bewonder jou. Hoekom ek jou bewonder, is waaroor ek baie ponder en weet jy wat . . .? Dit kry my onder.

Jy is een van my gunstelingmense om mee te spot. Hel, jy is een van my gunstelingmense om net video’s van te kyk. Jy op YouTube is soos daai katte wat met hulle kop in ’n tissueboks vassit – jy is nie heeltemal seker hoekom jy lag nie en ’n deel van jou voel sleg vir die katjie.

Ek dink my bewondering spruit uit jou ongelooflike vermoë om nie een enkele f*k te voel nie.

G20 summit? “My dogter was lanklaas saam met my iewers heen.”

Stem nie saam met ’n ander wêreldleier nie? “Kom ek vloek sy ma op Twitter.”

Hierdie vrou stel nie belang in ’n man wat lyk soos ’n oranje rosyntjie nie? “Kom ek gryp haar daar waar die son nie skyn nie.”

Ek wens ek het so min omgegee soos jy, Donald. Ek gee te veel om. Ek loop oor van die omgee. Ek moet R750 ’n maand betaal vir ’n storage unit om al die f*kke wat ek voel te berg. Ek sien ten duurste een maal ’n week ’n sielkundige om vir haar te verduidelik hoekom ek ongelukkig is, omdat die dinge waaroor ek omgee nie afgeloop het soos wat ek wou hê dit moet nie.

Ek wens ek het so min omgegee soos jy, Donald.

Ek is seker jy sien nie ’n sielkundige nie, Donald. Waaroor sal jy ooit praat? As jy so uit Air Force One stap kan ek sommer sien: Hierdie is ’n man wat oor min tot f*kk*l omgee . . . and he is loving life!

Ons moet omgee

Verskoon asseblief my kru taalgebruik in hierdie ope brief, Donald. Ek weet jy is diep binne jou eintlik ’n ordentlike oom. En daar is tog ’n grens. Om gestremdes te spot by ’n politieke rally is nog een ding . . . maar die f-woord? Ag nee, sies man! Ek vra om verskoning.

Ek gaan daarna streef om minder om te gee, net soos jy. Ek is so ’n patetiese people pleaser! As ’n persoon uit een van my stand-up-vertonings stap, hou ek die heeltyd dop of hulle terugkom. Dan weet ek darem hulle was net toilet toe. As hulle nie terugkom en ek besef hulle het net nie die show geniet nie, slaap ek vir dae lank nie.

As hulle nie terugkom en ek besef hulle het net nie die show geniet nie, slaap ek vir dae lank nie.

Met hierdie einste artikel, oom Donald, kan ek jou belowe dat ek elke liewe comment gaan lees. Obsessief. En op elke negatiewe comment gaan ek wil reageer soos wat jy op mense op Twitter reageer: “You’re just a jealous loser.” Maar ek gaan nie, Donald. Ek gee te veel om. Selfs al hou mense nie van my nie, wil ek hulle nie nog meer rede gee om nie verder van my te hou nie.

SCHALK SKRYF OOK: Ek hoop nou nie ek gee aanstoot nie, maar . . .

Maar weet jy wat, Donald? Ek het deur die loop van hierdie ope brief iets baie belangriks besef. En dit is dat ons moet omgee. Ons moet omgee oor wat mense van ons dink. Ons moet omgee oor wat die gevolge van ons dade is. Wat sal die wêreld wees as niemand ’n f*k voel nie? Of wag . . . is dit nie maar die wêreld waarin ons tans leef nie?

  • Schalk Bezuidenhout (27) is 'n komediant en 'n gasskrywer vir Die Student. Hy het drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer en kom oorspronklik van Kempton Park.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.