Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'n Ope brief aan die ouer geslag
Ilze Du Plessis
Ilze Du Plessis

Geagte Meneer, geagte Mevrou,

Ek is ’n 24-jarige milleniër en ek het al agtergekom die woord het vir baie mense ’n vloekwoord geraak – veral vir dié mense ouer as 40 jaar.

Noem jy die woord dan dink mense dadelik jy is lui, oor-emosioneel, te sensitief vir die wêreld en verwag dat alles net in jou skoot moet val.

Hierdie stereotipering staan my aan, geagte leser van die wyser generasie, want om dit doodeenvoudig te stel: Jy ken ons nie. Daar is baie wat julle nie van ons weet nie.

Kom ons vergelyk ons leefstyl met julle s’n toe julle 24 jaar oud was. Die meeste mense uit die vorige generasie het teen 24 reeds ’n vaste werk gehad. Die ekonomie het geblom en daar was meer werk vir jong mense as wat daar vandag is.

Ons is nie te lui om te werk nie. Ons leef bloot in ’n ekonomie waar ons gedwing word om óf in ’n beroep in te stap waarin ons nie gelukkig sal wees nie (want ’n BA-graad kry jou nie sommer daardie skrywerspos waarvan jy nog altyd gedroom het nie) óf ons moet ’n werk aanvaar waar ons minder betaal word as dit waarvoor ons studeer het.

Die meeste mense uit die vorige generasie het teen 24 reeds ’n vaste werk gehad. Die ekonomie het geblom en daar was meer werk vir jong mense as wat daar vandag is.

jy geweet dat die gemiddelde onderwyspos van ’n beheerliggaam sowat 50% minder verdien as wat die staat aanbied? Dan bied die skole onderwysers ook nie altyd medies en pensioen aan nie.

Is ons werklik so lui? Is ons werklik so ondankbaar soos wat ons bestempel word? En hierdie situasie is natuurlik gemik op die ‘gelukkiger’ millenniërs om ons – die wat gelukkig genoeg is om te kan sê hulle het werk.

Woonstelletjie

Hoeveel keer word ons ook nie gevra wanneer ons uit ons ouerhuis trek nie? Want op ons ouderdom was daar baie mense van die vorige generasie wat reeds getroud was en huise besit het. Hierdie was weer eens in ’n tyd waar die rand baie sterker was.

Wil ek regtig nou uit my ouerhuis trek in ’n klein woonstelletjie in wat ek nie eers besit nie, maar moet huur?

LEES OOK: 'Geld is darem maar ’n afskuwelike ding'

Hoe moet ek ’n deposito betaal terwyl ek nog met studieskuld sit wat onmoontlik is om vinnig af te betaal, want universiteitsgeld is, kom ons wees eerlik, belaglik.

Hoe moet ek ’n huis koop as wette ingestel word wat dalk dieselfde erf wat ek wil koop, wil wegneem?

Ons bly nat agter die ore

Dan hoor ons ook ons is te sensitief vir die wêreld. Ons maak ons mond oop en wil net hê, hê, hê.

Die ouer garde verstaan nie dat ons teen ’n onmoontlike stelsel moet werk nie. Aan die een kant het ons die tegnologie om als te doen waaraan ons kan dink, maar aan die ander kant sit ons met bestuurders en base wat weier om met die tye te verander.

Ons bly nat agter die ore al probeer ons keer op keer om onsself goed genoeg af te droog.

Ek praat dan nie eers van die aantal depressielyers en selfmoorde nie. Daar is ’n konstante gevoel van ons-is-nie-goed-genoeg nie.

Ek praat dan nie eers van die aantal depressielyers en selfmoorde nie. Daar is ’n konstante gevoel van ons-is-nie-goed-genoeg nie. Deels sosiale media se skuld, ja, maar wat van julle?

Wat van die druk en die verwagtinge wat op ons geplaas was vandat ons ons voet in die nuwe Suid-Afrika se skoolstelsel gesit het?

Luister om te luister

Geagte leser, dit is nie ’n kwaai brief nie. Ek dink ons sal mekaar baie beter verstaan as ons luister om te luister en nie luister om te antwoord nie. Hierdie is ons wêreld – gee ons asseblief ook die kans om ons lewe te skep.

Dit gaan nie dieselfde wees as julle s’n nie, maar dit beteken nie ons doen dit op ’n verkeerde manier nie.

Ons is te groot vir die boksies wat julle vir ons gemaak het. Laat ons toe om bietjie buite te speel.

Vriendelike groete,

’n Senuwrak wat haar bes doen om te oorleef.

  • Ilze du Plessis (24) doen tans 'n BA Honneurs graad in Afrikaanse Letterkunde deur Unisa. Sy het in Durban groot geword en bly steeds daar. Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir Die Student se rubriek-kompetisie, waar studente aan lesers moet verduidelik wat hulle nie van die jonger generasie verstaan nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Diestudentgenerasies  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.