Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
' ’n Slot sonder ’n sleutel, is ’n plan sonder aksie'
Cilmie Geyer
Cilmie Geyer

Vanaf 1994 het Suid-Afrika die legendariese, demokratiese verkiesing ingestel vir alle landsburgers van 18 jaar en ouer. Alle beperkings is oorskry en diskriminasie is in die kiem gesmoor. Was dit alles verniet, of tog die sleutel tot uitnemendheid?

Om nie in die verkiesing te stem nie is soos absurde teater waar jy kla oor jou omstandighede maar tog niks daaraan doen om dit te verander nie.

Ons lewe in ’n demokratiese era met die reg om te stem. Ek gaan definitief hierdie reg gebruik aangesien ons tog na ’n demokratiese uitkoms hunker.

Die verkiesingsproses is eintlik die optimale inklusiwiteit van Suid-Afrika. Elke landsburger van 18 en ouer kry die geleentheid om ’n verskil in ons eie toekoms te maak.

Daarom is dit so belangrik om werklik hierdie geleentheid met ope arms te ontvang en te gebruik. Pak die bul by die horings, trek daai stewels aan en gaan trek jou kruisie.

Sigbare verskil

Ek gaan hierdie jaar vir die DA stem. Ek woon in die Kaap en weet dus die huidige toestand in die Wes-Kaap is uit die boonste rakke in vergelyking met ander provinsies.

My vertroue is totaal in die party omdat ek werklik glo daar sal ’n sigbare verskil gemaak kan word in ons land ten opsigte van infrastruktuur en politieke besluite.

Die party se fokuspunt is om inklusiwiteit en eenheid in Suid-Afrika te bevorder. Ek dink dis presies wat ons land benodig aangesien ons ’n reënboognasie is wat totale verskillende agtergronde en kulture het wat lei tot talle rusies oor legio opinies en misverstande.

Streef na uitnemendheid

As deel van die jeug sal ek wil stem aangesien ons die toekoms in ons hande dra.

Dis elkeen se verantwoordelikheid om deel te neem aan die demokratiese verkiesing van die land om werklik te kan baat by die politieke toestand van ons land en ook verbetering te kan aanhelp in die manier waarop seker take aangepak word.

Deur te stem, vir enige party, is jou vryheid van keuse wat dalk net kan bydra tot positiewe vooruitgang. Gaan stem as landsburger en voel deel van die groeiende gees van Suid-Afrika. Onthou: ’n Slot sonder ’n sleutel, is ’n plan sonder aksie.

Is voortdurende groei en vooruitgang nie juis die land se mikpunt nie?

Suid-Afrika is ’n land wat soveel het om te bied en soveel potensiaal het om hoër hoogtes te bereik. Ons moet dus streef na uitnemendheid.

Ons het alle rasse, geslagte, kulture en ’n mengelmoes van gelowe en tale. Ons land het verborge rykdom wat net op die regte manier bestuur en gereguleer moet word.

Deur nie te stem nie, sal dit ’n swak lig plaas op ons land as geheel, aangesien dit eintlik ’n klap in ons demokratiese land se gesig is. Jy kry juis die reg en moet dit verantwoordelik gebruik.

Deur te stem, vir enige party, is jou vryheid van keuse wat dalk net kan bydra tot positiewe vooruitgang. Gaan stem as landsburger en voel deel van die groeiende gees van Suid-Afrika. Onthou: ’n Slot sonder ’n sleutel, is ’n plan sonder aksie.

  • Cilmie Geyer (18) studeer aan die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch. Sy het groot geword in Tzaneen, Limpopo.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.