Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Nee, Cyril, dit is nie genoeg nie...
Andus Assegaai
Andus Assegaai

Beste Cyril,

Met my gaan dit baie goed onder die omstandighede! Ek glo met jou gaan dit beter.

Ek is Andus Assegaai, eerstejaar-teologiestudent aan die Seth Mokitimi-Metodiste- seminarium in Pietermaritzburg.

Ek is in die proses om myself te bekwaam as predikant in die United Congregational Church of Southern Africa.

Gebore en getoë in die stofstrate van Upington, die warm dorp! Ek het gewerk as jeugwerker sedert ek my hoërskoolloopbaan in 2013 (Hoërskool A.J. Ferreira) afgesluit het aan die einde van 2017. Ek het my teologiese opleiding aan die begin van 2018 begin.

Kan ek die Suid-Afrikaanse regering beskou as ’n laissez-faire-regering? Ek dink alles dui daarop!

Die prentjie wat elke dag, byna al hoe duideliker geskilder word vir my as predikant in die nabye toekoms, skep in my ’n gemoed wat vrees vir die toekoms in Suid-Afrika.

'Ek vrees die toekoms' 

Ek word byna van my kop af om te aanskou wat in ons, een vrye land vir elkeen, gebeur. Ek hoef nie statistieke en scenario’s te skep nie, want glo my, werklike gebeure is te veel om te noem.

Ek wonder maar net hoe lank kan een mens nog in vrees leef in Suid-Afrika.

Ek wonder maar net hoe lank kan een mens nog in vrees leef in Suid-Afrika.

Geleentheid vir versoening vir bruin, wit en swart raak al hoe minder as gevolg van die afgryslike plaasmoorde, rooftogte, rassistiese aanvalle, die sogenaamde breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging wat slegs geleentheid bied vir “die sogenaamde voorheen benadeeldes”.

Kleurlinggemeenskappe voel uitgesluit omdat hulle, in hul eie woorde, “nie swart genoeg of wit genoeg is nie”.

Ek wonder hoe lank gaan ons skole nog agteruitgaan omdat die regering daarin faal om ’n veilige omgewing te skep vir leerlinge wat graag wil leer in ons staatskole.

LEES OOK: Regering se foute moet 'n leerskool wees

Wanneer word die mag weer teruggegee aan die onderwyser en skoolhoof om self weer orde en dissipline uit te oefen binne die plaaslike skool.

Ek wonder hoeveel onderwysers moet nog omkom in ons klaskamers, deurloop onder mishandeling, beide verbaal en fisies.

Ek wonder hoe lank moet onderwysers in haglike omstandighede skoolhou, toelaat dat die departement inmeng in die bevordering van leerlinge wat stadiger leer as die gewone of wat selfs nie skolasties aanpasbaar is nie.

Dit alles wys vir my dat die regering eenvoudig net nie omgee nie!

Kleurlinggemeenskappe voel uitgesluit omdat hulle, in hul eie woorde, “nie swart genoeg of wit genoeg is nie”.

Ons omgewing is nie meer veilig nie.

In selfs die destydse veilige woonbuurte, waar kinders tot laat toe kon speel, kan ouers nie langer as ’n halfuur rustig wees sonder dat hulle weet waar hul kinders is en wat hulle doen nie.

Kinders kan nie meer kinders wees nie 

Dit is natuurlik reg en goed dat ons ouers altyd weet waar hulle kinders is, maar ek glo dat ons tog ’n veilige omgewing vir ons kinders kan verseker.

LEES OOK: Cyril, begin asseblief by die basiese goed

Ek is seker dat die regering bewus is van die haglike omstandighede waarin baie van ons senior burgers bly.

Dit is vir my en baie ander baie moeilik om te verwerk hoekom ons mense, wie nie die geleentheid gehad het om voor te berei vir aftrede nie, so moet swaarkry.

Mishandeling van bejaardes

Senior burgers is in baie gevalle glad nie meer veilig by hulle eie kinders en familie nie. Hulle word mishandel en, kan mens sê, stadig maar seker vermoor!

Die regering dink deur R1 690 aan hulle uit te betaal en nou en dan kospakkies deur Sassa aan hulle te verskaf, hulle na die nood van die senior burgers kyk. Nee, ou Cyril, dit is nie genoeg nie.

Hulle word mishandel en, kan mens sê, stadig maar seker vermoor!

Probeer meer ouetehuise beskikbaar stel, kyk na die huidige staatsinstansies, knap op waar opgeknap moet word en stel verpleërs en maatskaplike werkers aan om gedurigdeur diesulkes te besoek.

Partykeer wil ons net kla en niks doen om self ons laste te verlig nie, maar tog sien ons as die gewone landsburgers dat dit die regering van die dag nie juis traak nie!

LEES OOK: Beste Cyril, ons kort 'n bietjie inisiatief en baie gees

En dit is wat my by die besef bring dat, weet jy Andus, hulle sit agteroor, geniet die belastingbetalers se geld en gee eenvoudig net nie om wat met die gewone landsburgers gebeur nie! Ek noem dit sommer ’n laissez-faire-regering.

  • Andus Assegaai (19) studeer teologie by die Seth Mokitimi Metodiste Seminariam in Pietermaritzburg. Hy kom oorspronklik van Upington.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se kompetisie, Beste Cyril...
Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.