Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
‘Nie alle mans is so nie’ – tog is ek bang vir alle mans

Nie alle mans is so nie.

Tog is ek angstig om alleen te wees met diegene oor wie ek onseker is. Tog is ek bang om laatnag of in vreemde plekke op my eie te wees. Tog sê die meeste manne niks nie as hul vriende kommentaar lewer wat my ongemaklik maak. Tog is ons van kleins af bang om verby ’n groep seuns te loop.

Feit bly staan: Ek is ’n vrou en daarom is my lewe in gevaar.

Megan AdendorffFoto: Verskaf

Omdat ek ’n vrou is, is ek net so bang vir die man wat ek ken as vir die een wat ek nie ken nie. Omdat ek ’n vrou is, is ek besig om uit te sterf, want jy dink dis oukei om my te verkrag en te vermoor.

Ek is vroulik, maar ek wens ek was nie, want dis hoekom ek vrees vir my lewe.

Dis hartseer dat ons selfs bang is vir diegene wat ons net probeer beskerm. Dat ons nie meer kan onderskei tussen beskermengel en wolf in skaapklere nie.

So, wat baat dit ons dat ons kan sê nie alle mans is so nie as ons in elk geval skuil teen alle mans?

Ek bedoel, dit voel tog asof almal ons in die steek laat.

So asof ons verinneweer word in die hof en dis hoekom die meeste verkragtingsgevalle onder die mat ingevee word. Maar ek? Ek het vrae.

Ek het baie vrae, want dit word altyd op die kort rok, “die verleidelike” en die plek waar sy haarself bevind het, blameer, maar nou vra ek die vrae wat lankal gevra moes word namens elke liewe slagoffer, namens elke liewe vrou.

As dit die kort rok se skuld was, hoekom het jou vuil hande die boerka aangetas? Dis maklik om die verleidelike te blameer, maar wat van die baba of die ouma wat niks kon doen om jou te stop nie?

Jy sê dit was haar eie skuld, maar wat as sy haar in die veiligheid van haar eie huis bevind en jy oorrompel haar? Jy sê sy het gevra daarvoor, maar wat as sy net iets wou optel by die poskantoor?

Ek is sy, sy is ek, en daarom sal ek sterf voordat ek versuim om stil te bly.

Ek is sy, sy is ek, en daarom sal ek sterf voordat ek versuim om stil te bly. Ek bedoel, hoekom elke keer ’n oomblik van stilte afstaan as ons geraas kan maak nog voordat so ’n grusame daad kan geskied?

As ons meer kan insit en harder kan werk om mense bewus te maak van geslagsgeweld?

In een van wyle Tupac Shakur se liedjies sê hy: Ons kom van ’n vrou, is grootgemaak deur ’n vrou en vernoem deur ’n vrou. Dan vra hy, nes ek: Hoekom verniel en verinneweer ons vroue? Hoekom haat ons vroue, slaan ons vroue, moor ons vroue?

Hy voeg ook by dat dit tyd is om op te staan vir ons vroue, om hulle te beskerm en te respekteer. Dis die woorde van ’n man, aan ’n man.

So ja, ek stem definitief saam as daar gesê word “nie alle mans nie”; tog is ek bang vir alle mans.

  • Megan Adendorff studeer kuns aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Meer oor:  Menings  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.