Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Niemand se lyf is perfek nie. 'n Mens noem dit Photoshop'

Kom ons praat bietjie oor liggaamspositiwiteit.

Robin Doné Cloete
Robin Cloete

Wat beskou jy as liggaamspositiwiteit? Gaan dit net oor daardie dae wat jy goed voel, minder opgeblaas voel en gesond geëet het?

Nee, liggaamspositiwiteit gaan daaroor dat jy gemaklik voel in jou eie lyf, maak nie saak wat die grootte daarvan is nie.

Glo my, niemand het die perfekte lyf nie (tensy hulle dit koop by een of ander plastiese chirurg).

Dis om die selluliet op jou bobene of die rekmerke op jou maag met oorgawe te aanvaar.

Daar is selfs ma’s wat sleg voel nadat hulle geboorte gegee het omdat hul liggaam ná die kraamproses deur soveel veranderinge gaan.

Niemand se lyf is perfek

Dis maklik om onsself met ander te vergelyk.

“Ag, ek wens my maag was so plat soos Amanda s’n.” of “Sy sit altyd foto’s van haarself in haar bikini op, ek kan nie eers selluliet op haar bobene sien nie, en haar maag maak nie eers rolletjies as sy gaan sit nie.”

LEES MEER: 'Ek het nie ’n man nodig om my selfvertroue te gee nie'

’n Mens noem dit Photoshop.

En, hulle weet hoe om hul hoeke te gebruik. Ander mense gaan weer vir gereelde behandelings wat uiteindelik sal ontslae raak van rekmerke en selluliet.

Glo my, niemand het die perfekte lyf nie (tensy hulle dit koop by een of ander plastiese chirurg).

Aanvaar jouself

’n Ander aspek van liggaamspositiwiteit is om ander vroue op te bou. In 2019 gaan ons nie ander vroue (of mans) “fat shame” of “skinny shame” nie.

Dit is altyd irriterend om te hoor as ander mense sê dat vet vroue nie kort toppies of bikini’s mag dra nie. Hoekom nie? Die klere word tog in hul grootte gemaak, so wie moet dan hierdie klere dra?

Dieselfde geld vir maer meisies. Ek is moeg daarvoor dat sulke meisies tandestokkies genoem word, of dat daar gespot word met hul klein borste, ensovoorts.

Dieselfde geld vir maer meisies. Ek is moeg daarvoor dat sulke meisies tandestokkies genoem word, of dat daar gespot word met hul klein borste, ensovoorts.

Ons almal sal sekerlik die perfekte lyf wou hê sonder enige tekortkominge. Maar dit sou maar redelik vervelig wees as almal dieselfde gelyk het.

So, aanvaar jouself. Aanvaar die grootte van jou broek of bra. Jy is wonderlik en verdien om gemaklik te wees in jou eie vel.

Omhels en aanvaar elke kilogram van jouself.

  • Robin Cloete studeer sielkunde en sosiologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy het groot geword in Kleinzee.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.
  • Hierdie meningstuk is oorspronklik in Engels geskryf en na Afrikaans vertaal. Lees die Engelse weergawe hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.