Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Notre Dame: Dis nét 'n gebou
Michelle Hattingh
Michelle Hattingh

Die nuus en foto’s wat die sosiale media op 15 April begin oorheers het nadat die Notre Dame in Parys begin brand het, was oorweldigend.

Dit is hartverskeurend dat ’n gebou met ’n geskiedenis en kunswerke wat oor eeue strek, skielik afbrand. Hoewel dit nie die eerste brand in dié ikoniese katedraal was nie, bly dit hartseer.

Die Notre Dame de Paris wat beteken “ons dame van Parys” is sowat 850 jaar gelede in die 12de eeu in die middel van Parys gebou. Baie van ons het van die bestaan van die Notre Dame bewus geraak deur die rolprent The Hunchback of Notre Dame.

Toe dié boek van Victor Hugo en die fliek later die katedraal in die kollig geplaas het, het mense bewus geraak van die swak toestand waarin die katedraal was en restourasiewerk het in die middel-1990’s begin om die katedraal in ere te herstel.

In dié katedraal word ook die doringkroon gehuisves. Dit is volgens oorlewering ’n deel van die doringkroon wat op Jesus se kop was toe Hy gekruisig is.

Die ryke geskiedenis van die Notre Dame en al die relikwieë maak ’n enorme indruk en as ’n mens na Parys gaan, is dit die een plek wat die meeste mense besoek.

Dis net ’n gebou

Maar terwyl ek gekyk het hoe die katedraal afbrand, het dit by my opgekom dat dit net ’n gebou is. God se teenwoordigheid is nie net in ’n gebou of kerk nie. Dit is enige plek, soos Jesus gesê het, “waar twee of drie mense in my naam vergader, daar sal ek wees.”

Daarom moet sulke aardse rampe ons nie bedroef maak nie, want dit is wat dit is, net aards.

Ek dink die brand by die Notre Dame kan simbolies wees, juis omdat Goeie Vrydag en Opstandingsondag pas herdenk is.

Ons is dan immers self die tempel van God soos 1 Korintiërs 3:16 sê “Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?”, en so hoef ons nie ’n gebou of relikwieë te eer wat nie meer is as wat God self is nie.

Daarom is die doringkroon ook net aards en God is nie in daardie stukkies hout nie, maar in ons.

Uiteindelik is die Notre Dame ’n leë dop wat tot niks gaan keer nie, net soos ons. Ons liggame is van stof gemaak en sal tot stof terugkeer soos alle ander aardse dinge.

Aardse dinge is tydelik

Die Notre Dame in ligte laaie. Foto: Getty Images

Die Notre Dame dien nou vir my as teken dat alles op aarde sal vergaan en dat die dinge wat ons hier op aarde as heilig beskou, ook net so sal vergaan.

Al wat ons vir seker kan weet, is dat Jesus ewig is en dat ons saam met Hom tot in ewigheid kan stap.

Ek dink die brand by die Notre Dame kan simbolies wees, juis omdat Goeie Vrydag en Opstandingsondag pas herdenk is. Ons moet ook ons eie-self afbrand sodat Jesus die restourasiewerk in ons kan begin wat Hy aan die kruis vir ons volbring het.

Ons kan net salig gemaak word deur Jesus se dood aan die kruis – ’n afbrand van sonde. En lewe deur sy opstanding waar Hy die dood en doderyk oorwin het – die restourasiewerk om tot ’n verhouding met God, ons hemelse pappa, te kan intree.

Mag die kruis vir ons ’n teken wees van Jesus se ewigheid en sy volkome liefde en offer.

En Notre Dame die teken van die wêreld se verganklikheid waar mot en roes en diewe of selfs vuur dit kan vernietig.

Want kyk, Hy kom om alles weer nuut te maak.

Hy kom vir al sy kinders om die ewigheid saam met Hom te deel.

  • Michellé Hattingh (24) studeer Bcom Industriële Sielkunde en Arbeidsverhoudinge aan die Noordwes-Universiteit. Sy woon in Vanderbijlpark en is ‘n dokument-kwaliteitsbeheerbeampte by 'n arbeidsmakelaar.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.