Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
“Nou vertel ons eers, wat is jou planne vir volgende jaar?”

“Nou vertel ons eers, wat is jou planne vir volgende jaar?”

Die vraag wat hierbo gestel word, is beslis een wat ek die meeste gevra word, veral in my finale jaar. Uit alle oorde: vriende, kollegas, dosente, maar meer onlangs en gereeld is dit my pa wat my in kruisverhoor neem oor my toekomsplanne.

Julle, nes my pa, wonder seker oor my antwoord. Dalk nie – miskien het julle ook, soos menige van die ooms en tannies wat kommentaar lewer nie die vaagste benul waaroor ek skryf nie en verkies om te reageer deur middel van kru taal en spelfoute.
Voordat ek ’n antwoord kan gee, moet ons ten minste die konteks in ag neem.

Is dit ooit die moeite, geld en tyd werd om te swot, veral op Stellenbosch?

Kom ons kyk na die syfers: ’n voorgraadse kursus op Stellenbosch gaan jou om en by R40 000 per jaar kos – net die studiegeld. Sluit verder gerus die volgende in: 

  • verblyf (R43 000, dankie, Eendrag-manskoshuis), 
  • kos (R15 000),
  • internet (R3 500 en meer, dankie, Maties),
  • boekgeld (R10 000),
  • “boekgeld” (R10 000, die Akker is duur, jong),
  • wasgoed (R5 000),
  • petrol,
  • onvoorsiene uitgawes,
  • verjaardaggeskenke en
  • sosiale geleenthede (R100 – R10 000).

My vyfjaarkursus het my pa omtrent R120 000 per jaar gekos, Discovery Vitality en ander redelike lewenskoste uitgesluit.

Nou, kom ons stel dit anders: sou dit meer sin maak om my ná matriek vir ’n minimum loon aan iemand te verkoop nie? My pa kon dan die halfmiljoen rand plus wat dit hom kos vir my kursus in iets veiligs en stabiels belê het wat teen 12% per jaar kon groei en waarskynlik dividende ook sou betaal.

Hierteenoor bied ek ’n ingewikkelde en emotiewe argument ten gunste van swot – en dit behoort water te hou teen enige persoon, my pa inkluis. Neem net asseblief in ag dat my verwysingsraamwerk die Universiteit Stellenbosch is, en dat ek myself vrywaar indien jy op Tuks is of in die Noordwes bly en my argument wil gebruik.

My eerste punt is finansiële opbrengs op kapitaal – die Engelse return on investment. Ons het vasgestel dat vyf jaar van Matie-wees duur is, maar is dit die geld werd? Ek noem bo dat ’n kapitaalbedrag optimisties teen 12% per jaar kan groei (25% in die buiteland – dankie, Cyril), maar dit is onwaarskynlik dat my pa ooit dieselfde opbrengs gaan sien in my.
Ek is onseker oor die mediaan-salaris vir ’n prokureur, maar as ek kyk na die kringe onder van my kollegas se oë gaan dit maar swaar.

Stellenbosch is nie ’n plek waar jy graadkry met lekkerkry klaarkry nie.

En kyk: my pa, soos soveel ander van my klasmaats s’n, verwag nie dat ek hom ’n sent terugbetaal nie. Hy beskou dit as die grootste geskenk wat hy aan my kan bied, iets wat sy pa nooit vir hom kon gee nie. Maar objektief gesproke: is dit werklik die geld werd?

’n Graad is veronderstel om jou horison te verbreed, ’n hupstoot tot die lewe te bied en jou as mens te ontwikkel.
Kom ons delf dieper en kyk of dit nog so is.

Die tweede punt wat hier aansluit ter ondersteuning van swot op Stellenbosch is die ervaring: ek wil sover gaan as om te sê dat geen ander universiteit in Suid-Afrika jou geleenthede kan bied soos wat Stellenbosch kan nie – ja, ek verstaan dat ek nog nie oral geswot het nie, maar luister eers klaar.

Stellenbosch is nie ’n plek waar jy graadkry met lekkerkry klaarkry nie. Die fokus op die akademie is iets besonders, en veral oor die regsfakulteit is wenkbroue al gelig oor die fokus op teoretiese kennis en te min praktiese ervaring. Daar is aan my gesê – dis hoorsê, ek weet – dat ’n alumni van ons fakulteit met ’n 60%-gemiddelde ’n voet in die deur kan kry; met dieselfde graad van ander universiteite moet jy tot 20% hoër slaag.

Nou, as jy Stellenbosch toe kom net om te swot mis jy die punt heeltemal. Unisa bied wonderlike programme wat jy sommerso by die huis kan voltooi en, selfs indien jy so baie Pretoria toe vlieg soos my meisie, is dit dalk ’n goedkoper opsie. Stellenbosch sal jou koste dek om oorsee te gaan studeer tydens ’n vakansie, ’n semester of selfs vir die duur van jou doktorsgraadstudie. Een van my beste pêlle vlieg nou Aberdeen toe vir die res van die jaar – hy dien vir my as die perfekte voorbeeld van ’n gebalanseerde Matie.

Wat ek dus geleer het: gryp elke geleentheid aan, swot hard (maar nie te hard nie) en begin solank dink aan hoe jy jou graad en geleenthede kan gebruik om ander te help.

Met sy voorgraads begin ons met BCom (regte), terwyl hy vir die WP geblaas het en vryskut vir Die Matie geskryf het. Hy was ook saam met my lid van Eendrag se huiskomitee en ons het sy baard laat afneem en raam in ons argief. Nagraads het hy begin werk soek, en by een van die mees gesogte regsfirmas op Stellenbosch plek gekry om sy kandidaatskap te voltooi.
Hy het ook sy trouvrou ontmoet, en dus ook die druk van die breër Bredasdorp-gemeenskap op sy skouers gelaai.

Steeds het hy altyd tyd vir ’n vinnige koffie tussen klasse of ’n aand met ’n bottel van Oom Beyers Truter se beste.
Hoewel hy die uitsondering is, is hy beslis iets waarna ons hier in die Eikestad streef. Daar is geen rede hoekom jy nie hier alles kan probeer en die beste behou nie. Die kampuservaring slyp jou menswees, en ek wil sover gaan as om te sê dat dit jou karakter sement vir die res van jou lewe.

Die laaste ding wat ek te sê het, is dat ek bitter bevoorreg is. Ek het nog nooit die bykomende druk van ’n studielening ervaar nie, en ek kon selfs ’n bietjie bydra tot my klasgeld deur deeltyds te werk in die fakulteit. My pa se barmhartigheid het my toegelaat om die langpad te stap met my studies en daarvoor is ek ewig dankbaar.

Juan Steyn.

Ek kon met my huiskomiteehonorarium drie suksesvolle besighede begin – en ’n klompie met minder sukses onder die mat invee – terwyl van my klasmaats honger moes slaap voor ’n groot toets. Ek het myself teen die bestes getoets op die atletiekbaan, en sleg tweede gekom – party van my teenstanders kon nie eens tekkies bekostig nie. Ek het my netwerk uitgebrei, saam met my pêlle gaan wyntoer en my branderplank op ’n Donderdagoggend tydens strafprosesreg gaan uittoets – want ek het nog altyd ’n vangnet gehad.

Wat ek dus geleer het: gryp elke geleentheid aan, swot hard (maar nie te hard nie) en begin solank dink aan hoe jy jou graad en geleenthede kan gebruik om ander te help. Die paar jaar wat jy op Stellenbosch deurbring, is vlietend, maar dit het die vermoë om jou pad vorentoe te baan.

  • Juan Steyn (24) is 'n finalejaar LLB-student aan die Universiteit Stellenbosch. Hy kom oorspronklik van Bellville.
Meer oor:  Stellenbosch  |  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.