SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Die Student
NWU: Ons versmoor Afrikaans onder die vaandel van vooruitgang

Dis nie akademie nie, dis politiek.

As ek opkom vir Afrikaans, moet my asseblief nie etiketteer as een of ander regse ekstremis wat met die ou landsvlag deur die strate gaan wals nie.

Ek is 20, ek is Afrikaans en ek is lief vir Suid-Afrika. Te lief om die hasepad te vat en veels te lief om net toe te kyk hoe my taal, hoe inheemse Afrikatale en hoe my land se mense besig is om aan hierdie besoedelde politiek te versmoor. Ek kyk die lewe reguit in die oë en stomgeslaan nugter aan, en ek vertel net wat ek sien.

Teenstrydighede

Die eerste argument teen Afrikaans op universiteit, die argument van die sogenaamde oorwinning vir Engels by universiteite oor Suid-Afrika heen, is dat onderrig in Engels meer kompeterend op die internasionale mark is.

Daar is egter twee dinge wat groot probleme rondom hierdie mite veroorsaak. Die eerste daarvan is die ironie dat hierdie “wêreldtaal” net aan universiteite in Amerika, Engeland en, dit blyk nou, Suid-Afrika is. Dis klaarblyklik die kolonialisme waarteen op universiteite oor Suid-Afrika heen betoog word. Die werklikheid is dat jy ’n klipgooi van Engeland af jou voete in Frankryk plant, dat die Franse, en Franstalige universiteite, almal meer as 100 trappies hoër op die wêreldranglys lê as ons Britse imperialistiese universiteite.

Ons woon in ’n multikulturele land met 11 amptelike tale. Dit is ons hede, dit was ons verlede en dit gaan altyd ons toekoms wees. Dit help niemand as ons dit probeer misken nie.

Vat ’n vinnige vlug oor na Duitsland en die getalle praat vir hulself. Kyk ons na die Ooste, na plekke soos China, waar van die mees kompeterende internasionale handelslande in die wêreld is en waar studente in klasse is waar hulle die werk verstaan, want dis in hul moedertaal. Die probleem, verder, met hierdie argument is dat die Noordwes-Universiteit op die oomblik volhou dat hy ’n multitaalbeleid aanvoer, ’n beleid wat ek ten volle ondersteun en glo die universiteit moet nastreef, maar dan maak dit sy argument oor die “internasionale mark” ongeldig.

Diversiteit nie so gevier

Dan is daar die vaandel dat Engels as hoofvoertaal “taal-inklusief” is, en dat hulle hierdeur ons verskille wil aanvaar en loof. Kras woord. Hierdie beleid wis dan al ons verskille uit! Ons sê mos so gereeld vir mekaar dat niks onmoontlik is nie. Hoekom is dit dan so onmoontlik om Afrikatale (waaronder Afrikaans altyd sal val) deel te maak van ons onderrigstelsels, eerder as om een se vlam te probeer blus en die deur in die gesig van die moontlikheid vir al nege ander amptelike tale toe te slaan?

Verdrink ons diversiteit, dit wat die universiteite glo probeer “loof of vier”, nie in ’n taal wat grootliks die minderheid van studente, spesifiek op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, se eerste taal is nie? Ons woon in ’n multikulturele land met 11 amptelike tale. Dit is ons hede, dit was ons verlede en dit gaan altyd ons toekoms wees. Dit help niemand as ons dit probeer misken nie.

Tyd om te praat

Colette Combrink.

Dis tog onnodig om kwaad te word vir mekaar, of vir ’n dosent wat in sy “Engels-vir-selfverdediging” in ’n dominante Engelse klas probeer klasgee nie. Moenie kwaad wees vir die oorfone of die tolke nie. As jy wérklik kwaad vir iemand wil wees – wees kwaad vir ’n korrupte regering, vir munisipaliteite wat geld mors en die mense wat universiteite afbrand. Wees kwaad vir die politiek agter hierdie beleid. Maar om dit op die mense om jou uit te haal help óók nie.

Gaan sit regoor mekaar, regoor die mense met die hef in die hand, kyk mekaar stip in die oë en begin met mekaar praat. Al is dit die eerste keer in 24 of selfs 70 jaar. Dalk, net dalk, sien jy dat Engelse, Afrikaanse, Tswana- en Sotho-sprekers, en elke ander mens wat ’n taal in hierdie land praat, se hart net so rooiwarm soos joune klop, dat hul trane net so vlak sit en dat, as ons nie gaan saamstaan oor taal-, kultuur-, ras- en selfs geslagsgrense nie, gaan níks verander nie, jou klasse gaan nou net in Engels wees.

Daar is agter Afrikaans weggekruip om ontsettende onregte te pleeg, nou word ontsettende onregte gepleeg en daar word agter Engels weggekruip. Afrikaans is ’n kind van Afrika, gemaak uit sy klippe en sy stof en selfs al sy baklei. Afrikaans is nie net ’n taal nie – dis om vir vreemdelinge te glimlag en jou bure te nooi vir ’n braai. Dis om te baklei vir dit wat jy moet en te weet wanneer om op te gee. Afrikaans is baie dinge, maar een ding doen Afrikaans nie. Hy gee nooit op nie.

  • Colette Combrink (20) studeer BA Geografie en Geesteswetenskappe (finalejaar) aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Sy is oorspronklik van Ermelo, Mpumalanga. 
Meer oor:  Noordwes-Universiteit  |  Potchefstroom  |  Taal  |  Afrikaans  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.