Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Om nie te stem nie, is ook ’n stem
Aletta Simpson
Aletta Simpson

Ek gaan stem. As jy ’n paar dae gelede vir my gevra het hoekom, sou ek jou nie kon antwoord nie.

Dis eers toe ek begin sit en skryf het aan hierdie stuk dat ek my gedagtes agtermekaar begin kry het.

Verder het ek vir my vriende begin vra of hulle gaan stem.

Almal kon die vraag beantwoord sonder om te huiwer, maar die meeste van hulle het ook nie regtig argumente gehad nie.

Ek gaan my bes doen om niemand van my politieke opinies te oortuig nie.

Ek sal jou eerder graag wil oortuig om te gaan dink oor hoekom jy stem of nie stem nie.

Sit jy jou teë, want die stelsel is op die koffie?

Jy bluf jouself as jy dink deur nie te stem nie is jy besig om nie aan die verkiesing deel te neem nie. Jy is.

Twee belangrike voorbeelde van waar mense wat nie gaan stem het nie, se stem getel het, is die Amerikaanse verkiesing van 2016 en die Brexit-referendum dieselfde jaar.

Kom ons sê daar moet drie mense stem vir iets. Die keuse is tussen tee en koffie. Een mens stem vir koffie en ’n ander vir tee en die derde een stem nie. Die derde persoon se stem bepaal dus die uitkoms van die “verkiesing”. Dit is die klassieke argument van hoekom ’n mens moet stem.

In ’n Instituut vir Sekerheidstudie-verslag deur Collette Schulz-Herzenberg genaamd “Voter Participation in the South African Elections of 2014”, sien ons uit dat 43% van mense in Suid-Afrika wat oud genoeg was om te gaan stem, verkies het om dit nie te doen nie.

Miskien sal ek jou nie daarvan kan oortuig om te gaan stem nie, maar ek wil jou tog net daarvan bewus maak dat om nie te stem nie, ook ’n stem is en dat jy dalk moet gaan uitvind wat presies hierdie “stem” in ons land sou beteken.

Dis miskien nie ’n meerderheid nie, maar dit is steeds ’n groot deel van die bevolking en indien hierdie mense sou kies om te gaan stem, sal dit beslis ’n uitwerking op die uitkoms van die verkiesing hê.

Nou, kom ons sê daar is twee mense wat moet stem – weer koffie of tee. Een stem vir koffie en die ander een stem nie. Koffie wen dus, nie omdat dit die gunsteling is nie, maar eerder omdat die tweede persoon gevoel het dit is nie die moeite werd om te gaan stem nie.

Dus, indien jy byvoorbeeld vir Hillary Clinton sou gestem het, maar jy kies dan om nie te gaan stem nie, tel iemand wat vir Donald Trump gaan stem het se stem meer. Dieselfde is waar van Brexit.

Allesbehalwe neutraal

Dit is belangrik om te verstaan dat om nie te stem nie, nie ’n neutrale aksie is nie. Jy kan nie jou politieke verantwoordelikheid ignoreer nie.

Ongelukkig bevind alle mense hulself in ’n politieke stelsel waarvan hulle hulself nie kan distansieer nie. Dit is dalk vir jou ’n ontstellende feit, maar ons is uitgelewer aan hierdie stelsel. Ons stemreg is egter een van die maniere waarop ons daaraan kan deelneem.

Indien dit is wat jy probeer regkry, hoef jy seker nie te gaan stem nie, maar ek glo tog jou nie-stem het ook ’n uitwerking.

Miskien sal ek jou nie daarvan kan oortuig om te gaan stem nie, maar ek wil jou tog net daarvan bewus maak dat om nie te stem nie, ook ’n stem is en dat jy dalk moet gaan uitvind wat presies hierdie “stem” in ons land sou beteken.

  • Aletta Simpson (20) studeer BA Geesteswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom oorspronklik van Brackenfell in die Kaap.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.