
Chané Pieters
Wêreldwyd kom alles tot ’n stilstand. In Suid-Afrika was onderwys eerste op die lys.
Ek is ’n gr. 4-onderwyseres, en hierdie besluit laat my met slapelose nagte.
Ek is dankbaar vir ouers wat belang stel en betrokke is, maar geen ouer het al die nodige vaardighede en kennis om aan hul kind tuisonderrig te bied nie.
Ek is ’n gr. 4-onderwyseres, en hierdie besluit laat my met slapelose nagte.
Ek het verlede Woensdag vir elke leerling in my klas ’n geskrewe pakkie papiere gegee: Dit behels ’n paar onderwerpe se verduideliking en daarna volg die aktiwiteite met bladsynommers van wat voltooi moet word.
Die departement van onderwys het dit goedgedink om afstandonderrig te belowe in dié krisistyd. Vir lande soos Engeland is dit ’n moontlikheid, omdat internet vryelik beskikbaar is elke huishouding.
90% van die leerlinge in my klas besit nie eens ’n selfoon nie, wat nog van ’n rekenaar? Dit is dus nie vir my moontlik om elektronies werk aan te stuur sonder dat dit ’n probleem tuis sal wees nie. Dit sal eerder lei tot ’n bakleiery vir mamma of pappa se selfoon, of eenvoudig die verskoning dat die leerling nie rekenaarvaardig is nie.
LEES OOK: ‘Jy studeer mos maar net onderwys’
Vir my is dit ’n groot probleem, en ek glo dit is vir ander onderwysers in Suid-Afrika ook.
Ja, die werk wat ek aan hulle gegee het, is wel uitgewerk tot en met 14 April, maar waar lê die belofte dat leerlinge in Suid-Afrika regtig op daardie datum sal kan terugkeer skool toe? Wat gaan ek doen as die datum uitgestel word?
Wêreldwyd is skole in gedrang. Skole in Londen het op Vrydag, 20 Maart gesluit. My kêrel se tannie wat daar woon, het dit onder my aandag gebring dat skoolhoofde voor hul premier, Boris Johnson, se opvolg-toespraak gesê het leerlinge sal weer in Julie weer normaal kan skoolgaan. Vanoggend lees ek egter op www.LBC.co.uk dat die datum “aangeskuif” is na September.
Wêreldwyd is skole in gedrang.
Op www.BBC.co.uk lees ek dat skole in Skotland gesluit is tot ná die somervakansie, wat eers in Augustus is. Ook op BBC lees ek dat skole in Wallis ook nie tot na September oop sal wees nie.
www.sfcchronicle.com verklaar dat skole in Kalifornië ook sluit tot ná hul somervakansie en www.nypost.com meld ook aan dat skole in New York glad nie weer in 2020 sal open nie. Intussen het www.thestar.com ’n verklaring gepubliseer dat Beijing nie ’n plan het vir wanneer hul skole weer sal open nie.
Ander moontlikhede
Al die lande het programme tot hul beskikking wat afstandonderrig vir hul leerlinge moontlik maak. So ook is hulle rekenaarvaardig en het vrye toegang tot die internet en data.
In Londen het skole briewe aan ouers gestuur om te sê huisgesinne sal skootrekenaars kry as hulle nie het nie. Alle leerlinge se huiswerk word reeds van vier jaar oud elektronies ontvang.
Alle leerlinge se huiswerk word reeds van vier jaar oud elektronies ontvang.
Nie alle skole in Suid-Afrika is só toegerus nie.
As dit vir jou nuus is, kan dit jou dalk skok. Vir my as onderwyseres beteken dit dat ek moontlik ’n donker realiteit in die gesig staar met my hande vasgebind.
Wat gaan ek doen as dit hier gebeur?
Statistiek bewys dat die ergste siekte lande in week vier tref, en Suid-Afrika is nou maar eers in week twee. Ek is bevrees ek het nie ’n plan vir wanneer Angie Motshekga en haar mede-lede van die departement van onderwys verklaar dat Suid-Afrika se skole nie op 14 April 2020 sal heropen nie. Ons kurrikulum maak nie voorsiening vir verlore tyd nie. Sal dit beteken leerlinge moet hul skooljaar oordoen?
Dit is hoekom ek nie saans slaap nie.
Ondanks ons huidige omstandighede wil ek tog hoop dat daar ’n oplossing gaan kom – vroeër as later. Vir nou is hoop al wat ons het.
WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?
Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.