Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ons het almal leer brood bak, kom ons leer nou verdraagsaamheid

Playful grandmother and smiling child kneading coo

Van korona, die eier-uitdaging, pynappelbier en die eindelose broodresepte tot die Clicks-skandaal het 2020 definitief nie verloop soos wat enigiemand sou voorspel het nie. Ons as Suid-Afrikaners veral nie.

Braai, bier en ’n klein-Saterdag-kuiertjie op ’n Woensdag is ’n beter beskrywing van die alledaagse Suid-Afrikaner se leefstyl. Hierdie jaar het, soos elkeen van julle weet, ’n totale ander rigting ingeslaan as waarvoor beplan is.

Om in 2020 ’n Suid-Afrikaner te wees, beteken dus dat jy teen September weet hoe om brood te bak, bier te brou en toiletpapier te bespaar. Jy is sekerlik ’n intekenaar op een of ander nuusblad of groep op Facebook om seker te maak dat jy op die hoogte is van enige verandering of verbod wat voor vyfuur vanmiddag geldig is.

Divan Eloff
Divan Eloff

Tyd saam met die kinders is nou nie meer so “kosbaar” nie, want sommige ma’s kan net nog eenkeer Frozen kyk voordat hulle die slukkies wyn wat in die yskas is, ook opdrink.

En dan is daar inkopies. As Suid-Afrikaner het jy sekerlik al jou masker op die linkerkantse sitplek vergeet en dit eers besef nadat almal rondom jou jou aankyk. Maskers is 2020 se kopseer. Jy wil nie hê dit moet daar wees nie, maar jy kan dit nie keer nie.

Benewens al die bogenoemde is elke huis in Suid-Afrika ’n tronk, want die wêreld se mees sosiale bevolking is al vir meer as 167 dae beperk tot net die vier hoeke van hul erf.

Stadig maar seker is ons weer besig om na ’n normale Suid-Afrika te skuif. Ons mag al braai in klein groepies, uiteet met ’n masker en ná ses steeds rondry, maar Spur se Ribs & Steak proe net nie dieselfde as wat dit proe sonder ’n masker nie.

Dus bring dit my by die vraag: Gaan Suid-Afrika ooit weer haar ou self wees?

My opinie is ’n definitiewe “nee”. Suid-Afrika het vir sommiges versleg gedurende die inperking en vir ander sal die Suid-Afrika ná die pandemie ’n beter plek wees met nuwe geleenthede en uitdagings.

So, om in 2020 ’n Suid-Afrikaner te wees, beteken dat jy moet aanpas – by die omstandighede, die land en die mense rondom jou.

Soos die meeste weet, is Suid-Afrika reeds vandag onder ’n wolk van korrupsie, ongelykheid en diskriminasie. Die post-korona-tydperk in Suid-Afrika, volgens my, sal selfs ’n donkerder wolk hê. Eers wanneer ons besef dat almal in Suid-Afrika, ongeag ras, kleur of oortuiging, dieselfde is, kan daar ’n randjie van goud rondom die donker wolk wees.

Die enigste probleem is: Om in 2020 ’n Suid-Afrikaner te wees, beteken nie noodwendig dat jy so verdraagsaam en aanvaardend teenoor verskillende mense is nie. Ons beweeg terug, terug in oortuiging en in opinie. Andersheid maak die moderne Suid-Afrikaner bang. Die vrees vir die onbekende is die hele rede waarom Suid-Afrika vandag steeds nie die nasie is wat oudpres. Nelson Mandela in gedagte gehad het nie.

So, om in 2020 ’n Suid-Afrikaner te wees, beteken dat jy moet aanpas – by die omstandighede, die land en die mense rondom jou.

Sover het die inperking elke persoon gewys dat verandering moontlik is. Skoolgaan en aanlyn leer is ’n aanpassing, so ook om ingeperk te wees, maar tog kry die meeste van die moderne Suid-Afrikaners dit reg om so te leef.

Dalk is dit net tyd om aanpassings te maak met ons opinies en oortuigings in terme van mense in ons land. Ons kan nie die geskiedenis van Suid-Afrika verander nie, maar ons kan aan die toekoms bou – saam bou. As ons leer om verdraagsaam te wees en mense te aanvaar, ongeag die verskille, kan 2020 se Suid-Afrikaner as ’n nuwe mens aan die ander kant uitkom. Dit is nie so moeilik nie.

  • Divan Eloff studeer tale en sielkunde aan die Noordwes-Universiteit. Hy kom oorspronklik van Riebeeckstad in die Vrystaat.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.