Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ons het eerlike opvoeding oor seks nodig'
Danette Bruwer

Jy stap in by ’n kafee. ’n Man so oud soos jou pa staar stip na jou, sy oë beweeg soos ’n wipplank van jou kop tot by jou tone. Jy kan voel hoe hy sy vuil gedagtes op jou vel kom uitpak.

Met ’n dik gruwelende laag kom lê ’n naarheid op die krop van jou maag. Jy voel skielik weer kwesbaar soos destyds met jou twee poniesterte in gr. 1 toe daai seuntjie vir jou gesê het: “Wys my joune en dan wys ek jou myne.”

So jy pluk en ruk ’n bietjie aan jou noupassende romp in ’n poging om dit “losser” te laat sit, jy kruis jou arms sodat jou borste minder “borsagtig” lyk.

Jy probeer jou vroulikheid wegsteek, want om die een of ander rede is jy meer bekommerd oor die gevoelens wat in jou opsteek wanneer ’n man so na jou kyk, as wat jy bekommerd is oor die man wat só na jou kyk.

Hoekom? Ons is al geprogrammeer om te dink ons vroulikheid is die oorsaak van mans se wellustige gedrag. Maar dis eintlik ’n tekort aan behoorlike opvoeding en waardes wat die wortel van kwaad is.

Wie is te blameer?

Waaroor het mense opvoeding nodig, wonder jy?

Dames en here: Seks. Die ongemaklike woord wat as ’n heilige en geen-kommentaar-onderwerp beskou word.

Ons almal is mos hoogheilig om die etenstafel by predikantsvriende. Sodra ons op pad huis toe is vir daai Saterdagmiddag se braai, rugby en klippies en coke gooi ons die wit toga af. Onder-die-belt-WhatsApp-grappies word soos confetti gegooi en ons lag te heerlik.

Maar wanneer jou dogter ewe skielik in die teenoorgestelde geslag begin belang stel, sê jy vir haar: “Pasop mans stel net in een ding belang.”

Dames en here: Seks. Die ongemaklike woord wat as ’n heilige en geen-kommentaar-onderwerp beskou word.

Nou kyk, dit tot ’n verbasende mate waar. Psigiese kenners sal dié onderwerp meer omvattend as ek kan bespreek, maar mans en vroue se breine is eenvoudig anders gekoppel in terme van wat seks vir hulle op ’n fisieke en kognitiewe vlak beteken.

Van jongs af word ons vertel van blommetjies en bytjies en met sosiale media is die term niks vreemds vir enigeen nie, selfs nie vir ’n laerskoolbakvissie nie.

So, is dít dalk hoekom verkragting so ’n algemene verskynsel is dat daar letterlik elke 24 sekondes ’n vrou in Suid-Afrika verkrag word? Omdat mans biologies en geneties so geprogrammeer is vir voortplanting en evolusionêre doeleindes? Of dalk, net dalk, is die seksuele neigings meer “aangeleer” as enigiets anders.

LEES OOK: Vroue staan met een voet in die graf

Ongelukkig word die grootste deel van ons bevolking groot in omstandighede waarin opvoeding en waardes aan die agterspeen suig.

Kom ons vra gou ’n retoriese vraag. As jy ’n kind wat nog nooit ’n geweer gehanteer het nie, sonder toesig in ’n veld los saam met mense en hy skiet “per ongeluk” iemand dood; kan jy hom die skuld gee? Of sal daar versagting in terme van die gevolge wees omdat die kind nie van beter geweet het nie?

Wat is my punt? Kan ons werklik mans wat nie van beter weet nie, blameer en kwalik neem vir die gedrag wat tot die minagting en mishandeling van vroue lei?

Totdat blatante eerlike opvoeding op groot skaal plaasvind, gaan vroue vir ewig as objekte en sekssimbole beskou word, eerder as om geprys te word vir hul intellektuele en menslike eienskappe. Daarom dink ek dis tyd dat ons begin praat oor dié ongemaklike “bog”-konsepte.

Om mekaar te verstaan moet ons nie ver van mekaar af staan nie. Insig oor hoe om vroue te hanteer en te benader is boublokke wat al van jongs af neergelê moet word.

Mans en vroue moet mekaar openlik begin verken, en nié op ’n fisieke vlak nie en ook nie net van ’n spesifieke ouderdom af nie.

KOMMUNIKEER, ongemaklik, oor mekaar, met mekaar. Ongemaklikheid lei tot groei en groei, al is dit soms ’n bitter pil om te sluk, lei dit tot volhoubare verandering.

Belangrikste van als, as jy eendag ’n seun het, seën hom met etiese insig oor hoe om vroue werklik te hanteer.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.