Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ons is almal Afrika-mense onder die Afrika-son'
Michelle Hattingh
Michellé Hattingh

“Daar’s ’n land waar kerse brand en vele mense, tale

en ek weet die land is net vir my en jou bedoel.

Dis ’n land vol drome en toekomsideale,

laat die mooi van môre oor jou spoel.”

Ons land se geskiedenis is vir niemand ’n raaisel nie, maar tog sal ons op die aambeeld moet hamer en gister se gebeurtenisse laat hoor sodat ons as land vorentoe kan gaan. Dit is net deur die tere wysheid van gister wat ons kan leer om ons toekoms te kan verander na iets beters en meer hoopvol.

Ons diverse geskiedenis is iets om op trots te wees en al is ons wonde nog rou en ons hart soms vol van die kompleksiteit van liefde en haat, kan ons spog oor wat ons as land al bereik het.

Die wêreld juig saam met ons oor die oorwinning wat behaal is om demokrasie in te stap, maar dit is nie waar ons geskiedenis en mylpale begin of eindig nie. Al Suid-Afrika se mense was al deur ’n vorm van oorlog, want dit was die norm gewees in daardie tyd.

Ons is Afrika-mense en mense wat in hierdie land woon het ’n spesiale tipe karakter om onder die Afrika-son te kan volhou. En hoewel dit tans lyk asof als weer uitmekaarval, weet ek dat ’n sonsondergang nie naby is vir ons nie.

Mense het nie geweet hoe om verskille op te los sonder om ’n geweer uit te haal en te skiet nie. Maar selfs ná al die bloederige gevegte, konsentrasiekampe en brutale diskriminasie kom die son nog elke oggend op om ons te groet in hoop se taal.

Wat ons wel kan leer uit hierdie geskiedenis wat deurtrek is van misverstande, worsteling en pyn is dat ons mense, wit en swart, altyd opstaan nadat ons platgeslaan is.

Ons is Afrika-mense en mense wat in hierdie land woon het ’n spesiale tipe karakter om onder die Afrika-son te kan volhou. En hoewel dit tans lyk asof als weer uitmekaarval, weet ek dat ’n sonsondergang nie naby is vir ons nie.

Jy kan die verskil maak

Met ons verskillende tale, kulture en gewoontes kan ons hierdie land laat werk. Jy as burger van Suid-Afrika is wat hierdie land so broodnodig het. Jy is die een wat ’n verskil kan maak in ons reënboogland. Nou met die verkiesing wat sy oë vir ons kom wys, kan jy help dat Suid-Afrika sy potensiaal bereik.

Ons is almal uniek en al verskil ons opinies oor die beheer en opbou van ons land, sal ons moet leer dat dit met ons verskille is dat daar ’n eenheid gevorm kan word. Jy kan niemand laat verander om meer soos jy te word nie en jy kan niemand wegwens nie.

Al voel dit asof dit geen doel gaan dien om jou stem te laat tel nie, is dit al manier om ’n verskil te maak. Ja, daar is baie water wat nog in die see moet loop voordat ons soos ’n goed geoliede masjien kan werk, maar die doel heilig die middele.

Uit mismoedigheid moet ons opstaan, saamstaan as land en mekaar se opinies en idees respekteer. Gun jou buurman ’n plek onder die son.

Uit mismoedigheid moet ons opstaan, saamstaan as land en mekaar se opinies en idees respekteer. Gun jou buurman ’n plek onder die son. Wees ’n dienaar – daar is niks mee verkeerd om net so ’n bietjie naasteliefde te toon nie. Bly positief onder moeilike omstandighede, want die reënboog maak altyd sy verskyning ná ’n storm.

Daarom sal ek stem, want ek glo in Suid-Afrika. Ek glo in my landsgenote, wit en swart. Ek glo dat daar positiewe verandering sal kom.

Ek glo in my reg om te stem.

Saam met Carike Keuzenkamp sal ek sing:

“Dis ’n land van kleure en klank,

dis ’n land van oorvloed en dank,

dis ’n land waar almal na strewe…”

Nkosi Sikelel’ iAfrika!

  • Michellé Hattingh (24) studeer Bcom Industriële Sielkunde en Arbeidsverhoudinge aan die Noordwes-Universiteit. Sy woon in Vanderbijlpark en is ‘n dokument-kwaliteitsbeheerbeampte by 'n arbeidsmakelaar.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing.Lees die ander inskrywings hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.