Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ons kan by die ouer generasie leer'
Goliath Ponie
Goliath Ponie

Ek is gebore in die jaar 1992 en is op die oomblik 26 jaar oud. Ek het in die jaar 2011 gematrikuleer en is nog steeds op universiteit. Albei gebeure is al ’n redelike tyd terug. Wie sou kon raai, lui die bekende gesegde mos.

Ek en my vriende praat nou die dag oor ons kinderdae, spesifiek die tipe speletjies wat ons in ons grootwordjare gespeel het. Ons kom toe almal tot die slotsom dat vandag se kinders dit nie ken nie, en hoe hulle eintlik hierdie kosbare tye misgeloop het waarop ons nog steeds terugkyk.

Vandag se ouer mense sal sekerlik met my saamstem. Voor ek aangaan, ek noem hulle eintlik die grootmense of die oumense, want my respek en eer lê daarin geanker.

Wanneer die grootmense hul wêreld met ons s’n vergelyk, dan staan ons s’n mos nie ’n kat se kans nie.

Wêrelde verskil

Die grootmense moet onthou (ek weet hulle doen) dat daar ’n groot verskil is tussen ons wêreld en die een waarin hulle grootgeword het. Ons wêreld is ’n wêreld van moderniteit en vooruitgang, en dit maak ons outomaties anders.

Hierdie gevorderde voorregte (soos ek dit noem) was nie daar in die verlede nie. Dus moet die grootmense ons toelaat om ons wêreld te omhels, net soos hulle hulle s’n omhels het.

Die feit dat ons sosiale media en tegnologie gebruik, maak ons anders as die vorige geslagte. Ons neem aktief daaraan deel, want dit het al so ver ontwikkel en alles gaan verder daaruit ontwikkel.

Hierdie gevorderde voorregte (soos ek dit noem) was nie daar in die verlede nie. Dus moet die grootmense ons toelaat om ons wêreld te omhels, net soos hulle hulle s’n omhels het.

‘Vasgeborenes’

Laat my dan ook toe om die saak van die ander kant af te bekyk. Ons staan mos bekend as die born frees, ’n term wat gebruik word vir babas wat ná 1994 gebore is.

Ons moenie die grootmense wat voor daai tyd gebore is, vergeet nie. Ek neem aan ons noem hulle net die teenoorgestelde, die “vasgeborenes”. Ek neem hieruit ’n lewensles, en verstaan dan hoekom hulle so behep is met ons, en so baie van ons verwag.

LEES OOK:  'Aan die ouer generasie: Kan ons nie eerder saamwerk nie?'

Die ouer generasie is ’n generasie wat ryk is aan kulturele waardes. Hoewel die grootmense al die ou manier van dinge doen aan ons wil oordra, glo ek daar is tog van hierdie waardes wat ’n plek in ons wêreld verdien.

Want daar is vir seker dinge wat ons by hulle kan leer. Só bou ons mos ook ’n beter wêreld saam vir ons kinders en hul kleinkinders.

Grappies en stories

Ek sluit graag af met die volgende: Daar is ruimte vir almal.

As dit gebeur dat ek die geleentheid kry om saam die grootmense te sit, gryp ek dit gewoonlik aan, want selfs in hul grappies en stories, is daar iets van waarde. Elke keer wanneer ek dit ontdek, is my wens dat die jonger geslag sulke waardes saam met hulle op hul reis sal neem – en dit is net nodig om te luister.

As dit gebeur dat ek die geleentheid kry om saam die grootmense te sit, gryp ek dit gewoonlik aan, want selfs in hul grappies en stories, is daar iets van waarde.

En wie weet? Dalk verstaan ons eendag, wanneer ons self vassit met ons kinders, of ons kleinkinders oor hoekom hulle dinge anders doen.

Verskoon my by voorbaat as ek outyds klink, want ek is mos in 1992 gebore.

  • Goliath Ponie (26) is 'n teologiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is oorspronklik van die Noord-Kaap en is gebore in Hopetown.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir Die Student se rubriek-kompetisie, waar studente aan lesers moet verduidelik wat hulle nie van die jonger generasie verstaan nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Diestudentgenerasies  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.