Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ons moet SA meer waardeer'
Francois van Rensburg
Francois van Rensburg.

Ek sit in ’n koffiewinkel in Potchefstroom en wag vir die vriendelike kelner om my ontbyt te bring.

Op pad hierheen is ’n voubiljet in my hand gestop wat lees “welcome first years! Remember to register to vote on 26 and 27 January 2019 for the national election later this year” en my instink is om dadelik my oë in my gedagtes te rol, want dit is weer verkiesingsjaar.

Ek begin verdwaal in my gedagtes en lees al die opskrifte van toekomstige nuusberigte.

By die koffiewinkel besluit ek om doelloos op my gunsteling-sosialemediaplatform te blaai op soek na stilte vir my gedagtes en om te verdwaal in die kiekies.

Sonsondergange, liefdesverhale, modegiere, en die opwindende gedeeltes van my kennisse en vriende se lewe, klink vir my beter as die nuusberigte wat nog nie eens bestaan nie.

Die idee van die buiteland is in elk geval veel meer gerusstellend, seker oor die afstand tussen my en hom.

Viva Afrika!

Die gesprekke om my help gelukkig ook om my gedagtes af te lei.

Aan die linkerkant is ’n middeljarige dame besig om haar droomhuis wat in die nabye toekoms gebou gaan word aan die argitek te skets (in ietwat onsuiwer Afrikaans, let ek op).

LEES OOK: Ek glo ons kan ’n beter SA bou

Oorkant is ’n eerstejaarstudent saam met haar ouers besig om haar woonstel te skuif in die lug met hewige handgebare.

’n Fotoreeks van ’n bekende Amerikaanse aktrise trek my aandag na die skerm van my foon. Die plek waar die foto’s geneem is lyk bekend – amper soos my tuisland. Ek stel ondersoek in: kan jy nou meer? “Kruger National Park: South-Africa)”

Ek is beïndruk en besluit om verder te lees. Sy verduidelik in die onderskrif die woord “TIA”, ’n akroniem vir“This Is Africa”. Sy skryf oor dubbele reënboë en renosters, olifante wat water drink uit die swembad, luiperds met welpies, leeus wat jou jaag, en dit: This is Africa.

Ek vind weer hoop en moed om hierdie land aan die einde van 2019 in al sy prag as grootmens te betree. Ek raak weer opgewonde oor die toekoms in hierdie geliefde land waarin ek gebore en grootgemaak is.

My glimlag word breër en ek kry hoendervel omdat ek besef ek aanvaar die mooi in ons land as vanselfsprekend.

Dit is besonders, maar ons moet kies om die wonder daarvan raak te sien. Ons het ’n pragstuk, ’n juweel waarin ons bly, ten spyte van al die politiek en vreeslike ryk geskiedenis.

'n Trotse burger

Ek vind weer hoop en moed om hierdie land aan die einde van 2019 in al sy prag as grootmens te betree. Ek raak weer opgewonde oor die toekoms in hierdie geliefde land waarin ek gebore en grootgemaak is.

Ons het ’n pragstuk, ’n juweel waarin ons bly, ten spyte van al die politiek en vreeslike ryk geskiedenis.

Ek kry ’n rustigheid oor my gedagtes. Ek besef dat daar in elke land politieke faktore is. Elke land het sy nuusberigte wat reeds vooruit gelees word wanneer die voubiljet sy verskyning in jou hand maak.

Die verskil is die milieu.

Ek lees veel eerder hierdie nuusberigte terwyl ek die sonsondergang oor die vaal vlaktes van Noordwes aanskou terwyl die brulpadda in die vlei probeer harder kwaak as wat die swaeltjies, wat nes maak onder die kerk se dak, kan tjirp en ek glimlag, want This is Africa.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.