Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ons moet vir kinders leer oor seks'
Mizanne Hattingh
Mizanne Hattingh

Seksvoorligting. ’n Term wat die laaste ruk ’n paar keer in die nuus en op sosiale media opgeduik het. Die meeste kommentaar daaroor is negatief, wat verstaanbaar is. Die mamma-bere en pappa-leeus wil tog die bloedjies in hul huise beskerm.

Dis egter waar die probleem lê. Daar is in talle huise ’n onwilligheid om oor hierdie onderwerp te praat, partymaal selfs tot op die vlak waar ma’s nie eens weet wanneer hul eie dogters begin menstrueer nie.

Hierdie feit mag dalk nie kommerwekkend klink nie, maar as jy so hard baklei vir die reg om self seksvoorligting met jou kinders te bespreek, moet daar darem vrymoedigheid wees vir die kind om vrae te vra.

Party voer aan dit is ’n kwessie van privaatheid, tog klink dit meer soos een van ongemaklikheid. Dit dui op ’n oorslaan van sekere onderwerpe; “ek sal my kind daaraan blootstel wanneer ek wil” is talle se denkwyse.

Kinders is nuuskierig

Tog gebeur dit dikwels dat kinders nie hul eerste blootstelling daaraan kry deur hul ouers nie.

Jannie sê vir Waldo en Waldo sê vir Kobus, en so gaan dit mos maar aan. Kinders is kinders, hulle het nie die nodige volwassenheid om te bepaal watter inligting hulle vir hulself moet hou nie.

LEES OOK: Kom laat ons praat oor seks

Ek wil graag die bordjies verhang, dames en here. Jy is dalk hewig gekant teen selfone, tablette en internettoegang.

Jou kind is die wrede aanlyn wêreld gespaar, volgens jou. Tog nie. Weer eens, kinders praat. En nog meer – kinders is nuuskierig, ja selfs jou gr. 4-dogtertjie of -seuntjie – al is dit moeilik vir die hart om te verstaan, jy wil hulle tog beskerm. Daar is wel ’n teenwoordigheid van nuuskierigheid, iets wat nie geïgnoreer kan word nie.

Dis die lewe. So graag soos wat jy jou kind wil beskerm, gaan daardie nuuskierige agie wat in elke mens is iewers uitkom.

Daardie nuuskierigheid is ook nie verkeerd nie, dis menslik. So dikwels word dit gesmoor deur die “dis taboe om oor te praat”-denkwyse, wat dikwels lei tot die verkeerde maniere om oor seks te leer, ’n feit wat klaar geïllustreer word deur die hoë voorkoms van tienerswangerskappe.

Iewers gaan daar ’n snaakse ding gesê word deur ’n maatjie, iets snaaks gaan opkom op TV, daar gaan êrens ’n ander kind met ’n foon of tablet met internettoegang wees.

Dis die lewe. So graag soos wat jy jou kind wil beskerm, gaan daardie nuuskierige agie wat in elke mens is iewers uitkom.

Moet jou nie blind staar nie

Ek wonder, wanneer ek so lees oor mense se gevoelens oor seksvoorligting is, of hulle dan vergeet het hoe dit voel om ’n kind te wees? Het hulle vergeet waaroor hulle met hul maats gepraat het?

Tienerswangerskappe is nie ’n ding wat gebeur net van 2015 af nie, o nee. Dis dalk meer stilgehou in die verlede, maar seks is nie nuut nie, inteendeel.

Ek is nie ’n voorstander van grafiese seksuele besonderhede wat aan kinders gewys word nie. Ek is wel ’n voorstander van die begrip van toestemming – iets wat baie nie het nie, en wat op die ou einde tot goed soos seksuele teistering en/of verkragting lei.

Tienerswangerskappe is nie ’n ding wat gebeur net van 2015 af nie, o nee.

Ek glo ook die klasse is op so ’n manier uitgewerk om die kinders se nuuskierigheid op ’n gesonde manier te blus, selfs al wil propaganda op sosiale media jou anders laat glo. Die storie het ook handuit geruk, aangesien elke toetsbord-kryger ’n stertjie aan die storie heg.

Moenie dat jou kokende bloed jou blind maak vir die noodsaaklikheid van behoorlike seksvoorligting nie, selfs al lui die “seks is taboe”-mantra so duidelik in jou ore.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.