Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ons rou, want ons is vrou'
Andrea Van Rooi
Andrea Van Rooi

Suid-Afrika, my hart is seer. My hart rou. Ek rou vir die Uyinene Mrwetyanas, die Jesse Hesse en die Leighandre Jegels.

Suid-Afrika, ons het seer. Baie seer. As student voel jy nêrens meer veilig nie. Nie in jou huis nie. Nie op kampus nie. Nie op skool nie. Wanneer is genoeg genoeg?

As jy jou familie en vriende groet, moet jy dit doen asof dit die laaste keer is. Want jy weet nooit of jy of hulle dit veilig tot by die huis sal terug maak nie.

Ek het die reg

Ek is kwaad, want ek wil die reg hê om te loop wanneer en waar ek wil. Om aan te trek wat ek wil. Om te praat met wie ek wil. Om nee te sê as ek wil.

Ek het die reg om my kind by die skool af te laai en myself nie te bekommer dat iemand haar uit die motor gaan gryp nie. Ek het die reg om ’n pakkie by die poskantoor te gaan haal en lewend terug te kom. Ek het die reg om ’n verhouding te beëindig en nie nog hoef te vrees vir my lewe nie.

Maar ek kan nie. My vrouwees voel soos ’n sonde. ’n Ewige las waarvoor ek nie gevra het nie.

In plaas van vier, rou ons

Vrouemaand was veronderstel om ’n viering van vrouwees te wees, maar in plaas daarvan moes ons rou. Rou, want ons is vrou.

Ek het die reg om ’n verhouding te beëindig en nie nog hoef te vrees vir my lewe nie.

Rou oor ons medevegters wat iewers in stukke opgekap lê. Rou oor hul laaste paar ure op aarde se angs en uiterse hartseer. Ons moet rou, want niemand kon hulle te hulp snel nie. Rou, want hulle het iewers alleen doodgegaan. Bang. Vol vrees. Rou, want niemand gee om oor ons nie. In plaas van my vrouwees vier, Suid-Afrika, moes ek daaroor rou.

LEES MEER: Is ek dalk volgende?

Wanneer is genoeg genoeg? Hoeveel lyke nog voor die president gaan sien dat daar ’n oorlog teen vroue en kinders in die land is? Hoeveel kinders en vroue moet eers nog wegraak?

My hart is seer, Suid-Afrika. Ek is in rou. My trane loop oor my wange en ek wonder hardop wanneer dit my beurt is.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.