Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ons studente se toekoms is verdoem
Corlia Grobbelaar
Corlia Grobbelaar

Meneer die President,

Ek groet u vanaand met ’n uiters seer hart hier uit die warm, droë, swart gebrande Suid-Vrystaat.

Daar word voorspel dat daar nog verhogings in brandstof- en kospryse en werklik amper alles voorlê.

Die enigste verlaging wat ons kan verwag, is die toelatingsvereistes vir universiteitsopleiding.

Dis ironies eintlik, aangesien dit een van die enigste dinge is wat ons dalk kan help om ons land weer terug te help op die wal waarvan ons so graag wil aftuimel.

Het oudpresident Nelson Mandela dan nie gesê dat opvoeding die magtigste wapen is om die wêreld te verander nie? Ek is bang vir die dag wanneer die onstabiele stukkie sand waarop ons nog probeer staan, ons opleiding, ook gaan intuimel.

Waarheen is ons akademiese standaarde op pad?

Bly te kenne, ek is Corlia Grobbelaar, ’n BCom Bestuursrekeningkunde-student aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom-kampus. Oorspronklik van Trompsburg. Ek is 20 jaar oud en werklik onseker oor waar my akademiese toekoms lê.

Ek weet u is ’n baie besige man, veral met al die kastaiings wat u uit die vuur probeer krap, maar ek wil voorstel dat u maar eerder ophou tyd mors en dit los dat dit uitbrand.

Die Engelse sê “rock bottom” is ’n goeie plek om te begin, en teen ons huidige tempo is dit al waarheen ons op pad kan wees.

Ek is jammer, meneer die president, as ek disrespekvol voorkom, maar ek is werklik bekommerd oor die toekoms van ons land se akademie.

Ek is jammer, meneer die president, as ek disrespekvol voorkom, maar ek is werklik bekommerd oor die toekoms van ons land se akademie.

Ja, ek weet die ekonomie is swak, en in die oë van die wêreld is daar sekerlik groter probleme waaraan aandag gegee moet word.

Ek sal nie te veel daarop uitbrei nie, dis ’n gesprek, of wel, argument vir ’n ander dag.

LEES OOK: Beste Cyril, kom ons verbeter ons toekomsvisie

Ek het grootgeword met die ideaal dat daar sekere doelwitte in die lewe is: grootskool, hoërskool en dan uiteindelik universiteit. Universiteite is tradisioneel gesien as die pilare van ons akademiese vooruitgang.

Ons dokters was beskou as van die bes opgeleides ter wêreld, ons land was bekend vir briljante navorsing en innoverende uitvindings.

Hoe kan ons aan die voorpunt van innovasie en navorsing bly as die toelatingsvereiste slegs 30% is?

Maar hierdie reputasie gaan seker, soos so baie ander goeie instansies, ten gronde gaan.

Hoe kan ons aan die voorpunt van innovasie en navorsing bly as die toelatingsvereiste slegs 30% is?

Ek probeer regtig om positief te bly en te glo dat die koerant-opskrif wat ek vandag gesien het ’n groot flater was.

Swak skolastiese prestasies

Ek sukkel net om te verstaan hoe jy op universiteit moet vorder waar jy weer 50% nodig het om te slaag? Of is die volgende stap dan om die slaagsyfers op universiteit ook te verlaag? Gaan dokters slegs 30% van die menslike liggaam ken, wetsgeleerdes slegs 30% van ons wette, en, en, en . . .Hoe moet ons ’n land bou op ’n fondasie van swak skolastiese prestasie?

LEES OOK: Dié eienskap maak die jeug uniek

Ek wil die hele situasie verduidelik deur na ’n rots, ’n huis en branders te verwys. Ek sien akademie as die rots waarop ons ons huis bou. As dit sterk is, behoort ons huis ook sterk te wees.

Suid-Afrika is dus die huis, en die branders die struikelblokke wat ons land in die gesig staar.

’n Fondasie van goed opgeleide akademici wat op die voorpunt van innovasie en navorsing staan, kan help met werkverskaffing, nuwe gewasse wat die droogtes en klimaatverandering kan bekamp, en kragopwekking.

’n Fondasie van goed opgeleide akademici wat op die voorpunt van innovasie en navorsing staan, kan help met werkverskaffing, nuwe gewasse wat die droogtes en klimaatverandering kan bekamp, en kragopwekking.

Daarom wil ek u vra: Waarom die universiteitsvereistes so laag as 30% maak? Dui dit nie op die begin van die einde nie?

’n Enorme aantal gegradueerdes met minderwaardige universiteitsopleiding gaan die arbeidsmark oorspoel. Hulle sal nie in staat te wees om enige van die land se probleme te help oplos nie.

Ek weet nie eintlik baie nie, maar sal ons land nie beter vaar as ons sterker akademici het om die wêreld in stuur nie?

LEES OOK: Beste Cyril, die toekoms is in die jeug se hande

Wat is die hoofrede van hierdie verlagings? Is dit om leerlinge te bevorder om sodoende ’n beter toekoms vir hulle te skep?

Meneer die president, u is ’n geleerde man; maak dit werklik logies sin? Hoe bevorder jy iemand se toekoms as jy die illusie vir hom skep dat hy nie hard hoef te werk vir wat hy wil hê nie?

Ongelukkig het almal nie die vermoë om universiteit toe te gaan nie, en dit is nie ’n slegte ding nie.

Ek is vas oortuig dat ons die krake in ons rots kan vul en so ook bestand raak teen die branders van die samelewing.

Nie almal is gemaak vir die teoretiese akademiese wêreld nie, en daar is soveel ander opleidingsinstansies wat die tekorte aan vakmanne kan aanvul.

Meneer die president, ek vra u met ’n swaar hart hier uit die Suid-Vrystaat, moet asseblief nie ons toekoms verdoem nie.

As u werklik leerlinge sowel as die land wil bevorder, verlaag die petrolpryse en verhoog die universiteit se vereistes. Ek is vas oortuig dat ons die krake in ons rots kan vul en so ook bestand raak teen die branders van die samelewing.

  • Corlia Grobbelaar (20) studeer Bcom Bestuursrekeningkunde aan die NoordWes-Universiteit. Sy kom oorspronkilk van Trompsburg.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se Beste Cyril... kompetisie.

Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.