Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Oom Cyril, 2019 is maak of breek
Gerdus Taljaard
Gerdus Taljaard

Beste Oom Cyril,

My naam is Gerdus Taljaard en ek studeer regte op die NWU se Potchefstroomkampus.

Ek dink ek en jy albei besef dinge in hierdie land is nie wat dit kan wees nie. Vandag wil ek ’n bietjie met jou oor die rede daarvoor sowel as vinnige oplossings gesels.

Sien oom Cyril, noudat die krag so baie af is gebruik ek maar Binnelanders se tydgleuf om oplossings te soek vir die land se probleme.

Ek sou wou parlement toe ry en in persoon kom gesels, maar petrol is duur en die tolpaaie baie.

Ek hoop maar jy lees Netwerk24, want ek het nie veel vertroue dat die poskantoor hierdie brief tot by oom gaan kry nie.

As plan C sal ek maar ’n harde kopie aan my pa se belastinggeld heg – hy sê mos altyd dat meeste daarvan in die ANC se sakke beland.

Sien oom Cyril, noudat die krag so baie af is gebruik ek maar Binnelanders se tydgleuf om oplossings te soek vir die land se probleme.

Die punt wat ek wil illustreer, oom Cyril, is dat korrupsie oral is en dienslewering nêrens. Bogenoemde is nou nie juis skokkende nuus nie, maar ek voel dit is ons grootste uitdaging in hierdie land.

Miljarde is by Eskom gesteel en ons sit sonder krag – letterlik en figuurlik.

Maar jy het krag, oom.

Jy kan ’n verskil maak.

So ook by die Poskantoor, Transnet, die SAL, die Nasionale Vervolgingsgesag en soveel meer.

Jy moet bou, ontwikkel en uitbrei

My plan: Maak soos met ’n rekenaar – skakel af en begin oor. Vervang al wat korrup is, privatiseer as jy moet, skep ’n kultuur van aanspreeklikheid en moenie net in stand hou nie – BOU.

Dit is natuurlik net ’n bloudruk – en dit is makliker gesê as gedaan, dit gaan baie papierwerk en debat verg.

LEES OOK: Cyril, skryf jou eie storie...

Maar dit kan gedoen word.

Ek weet oom soek graag stemme vir 2019 se verkiesing so jy kan sommer twee vlieë met een klap slaan.

Hoe lekker was dit nie vir die land om vir Zuma en van sy trawante te groet nie – gee ons tog nog ’n paar geleenthede om tot siens te sê.

Weet net elke bietjie help en 2019 gaan ’n maak-of-breek-jaar wees vir Suid-Afrika se ontwikkeling.

Ons ontmoet ook graag: Ons is bly oor die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging (die krag was darem nog aan vir die nuus).

Eintlik is al wat nodig is dat 50% van elke organisasie bestaan uit eerlike, morele burgers, want die goeie sal altyd die slegte oorwin.

LEES OOK:  God het jóú gekies, mnr. Ramaphosa

Verkoop die SAL, dalk selfs vir Eskom. Hulle kos net geld en as ’n man van die ekonomie, weet jy seker dit is nie goed nie.

Laastens, bou, bou, bou.

Jy weet ook ’n mens moet geld spandeer om geld te maak, so bou, ontwikkel, skep, verbeter en brei uit. Ons sal gou die vrugte pluk.

2019 is maak of breek

Hierdie, oom Cyril, is maar net ’n paar ou idees – ek ken nou nie die politieke speletjies wat daarmee gepaard gaan nie – maar jy ken dit.

Maar die optimis in my glo dit is uitvoerbaar.

Jy weet ook ’n mens moet geld spandeer om geld te maak, so bou, ontwikkel, skep, verbeter en brei uit. Ons sal gou die vrugte pluk.

Weet net elke bietjie help en 2019 gaan ’n maak-of-breek-jaar wees vir Suid-Afrika se ontwikkeling.

Ek hou dinge dop en leer hard sodat ons hopelik saam hierdie land ’n beter plek kan maak vir onsself en vir toekomstige geslagte.

’n Plek waar ons Binnelanders kan kyk sonder onderbreking, en die nuus sonder trane.

  • Gerdus Taljaard (22) studeer LLB aan die Noordwes Universiteit. Hy kom oorspronklik van Volksrust in Mpumalanga.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir Die Student se Beste Cyril... kompetisie. Vir meer inligting oor die kompetisie, klik hier.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier.

Beste Cyril

Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.